Polisieman wat tiener glo skiet, uit op borg

Die seun se besering. (Foto: Verskaf)

Die polisiebeampte wat na bewering verlede week op ʼn tienerseun buite ʼn kafee geskiet het, is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die verdagte het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord waartydens hy borgtog toegestaan is op die streng voorwaardes dat hy nie die slagoffer of getuies in die saak mag kontak nie.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het dié inligting aan Maroela Media bevestig.

Lorraine Botha, die seun se ma, het gister die polisiebeampte se eerste hofverskyning bygewoon. “Ek is baie kwaad. Jy weet sy pa is ook [destyds] doodgeskiet. Noudat my seun ook geskiet is, is dit baie traumaties.”

Maroela Media het vroeër berig Botha se 17-jarige seun was Vrydag omstreeks 18:15 van ʼn vriend se huis af op pad huis toe, toe hy ʼn groep vriende buite die kafee op die hoek van Burgerstraat en Britsweg in Pretoria-Noord raakgeloop het.

“Hy het by die vriende gaan sit en omtrent so ʼn halfuur gesels toe ʼn man in ʼn wit Polo verbyry. Toe skree die man iets vir die kinders, maar in ʼn ander taal. My seun het nie verstaan wat hy geskree het nie,” vertel Botha.

Sy verduidelik dat die man toe by polisiewoonstelle oorkant die straat ingery het waarna hy vyf minute later weer sy verskyning gemaak en in ʼn woordewisseling met die tieners betrokke geraak het.

“My seun het eenkant gesit. Een van die kinders het toe aan [die polisiebeampte] se motor geslaan. [My seun] het opgestaan om sy vriend van die motor weg te kry, toe die polisieman ’n vuurwapen op hom rig.”

Volgens Botha het ʼn ondersoekbeampte tydens die hofverrigtinge dié weergawe van gebeure deurgegee na aanleiding van die getuies in die saak se verklarings.

Die polisiebeampte het die seun gedurende die woordewisseling in sy skouer geskiet. Die seun moes in die loop van die naweek ’n operasie ondergaan om die koeël te verwyder.

“Onder die omstandighede gaan dit goed met hom. Hy het net baie pyn. Hy is op die oomblik by familie. Ons bly in die omgewing en hy stap dikwels verby daardie kafee. Ek wil nie hê hy moet verby die polisiewoonstelle loop waar die polisiebeampte bly nie. Ek wil hom net ʼn bietjie van alles af wegkry,” het Botha verduidelik.

“Ek het gedink die borgtog gaan bietjie hoër wees, maar ek weet dat dit nie die vonnis is nie.”

Volgens Dlamini is die saak tot 13 Junie uitgestel. Botha sal dán ook in die hof wees, het sy bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Jy mag nie eers ‘n skelm van agter skiet nie. Wonder hoe bevoeg is hy en dit in die openbaar. Sluit hom toe.

Pieter v H ·

Hoe kan ‘n polisieman ‘n vuurwapen gebruik op ‘n minderjarige wat wegloop van die polisieman af (selfs ná ‘n argument). Die polisieman se veiligheid was geensinds bedreig nie!
Duidelik kan die polisieman nie konflik hanteer nie, en hoort hy dus nie in ‘n uniform nie, nog minder behoort hy ‘n wapen te dra. Indien dit ‘n lid van die publiek was wat die skoot afgevuur het, is die lid van die publiek summier toegesluit en aangekla van moord (sonder die opsie van borg)…dis verregaande.
Wie is die prokureur vir die verdediging?!

KG ·

Klink eerder asof die polisieman self die konflik veroorsaak het….

Andre Stander ·

Ek verstaan so, ja. Maar eers na die kriminele saak afgehandel is.

Hierdie is nogals iets wat ek voel die Afriforum prokureurs by betrokke kan raak…….

Harry ·

Jy kan summier ‘n siviele saak teen die polisie maak en hoef glad nie te wag vir die kriminele saak nie. ‘n Siviele eis sal jou niks kos nie, want die regsfirma wat dit behartig kan 25% van die uitbetaling ontvang en sal jou al te graag wil help!

Trigger Happy ·

Hier word n onskuldige kind geskiet. Wonder wat sou gebeur het as die polisieman wit was en die kind nie wit was nie! Maar nou gaan ons sien of die “regstelsel” ook vir gewone mense enigsins iets beteken.

koos ·

Kom ons wees realisties – ons weet mos almal wat die uiteinde gaan wees. MM, hou ons op hoogte asb.

Albert ·

Is die polisieman weer terug op diens? Was dit n swart kind en wit polisieman was hy in die tronk sonder borgtog.

? leser ·

plaas manne skiet ‘n dief maar sit in die tronk vir lank voor hul hofverskynings, en nou moet hulle nog langer sit, SIEK, SIEK, SIEK ……………………………..

Jaco ·

Dit is sò verbasend??
Geen blanke sou ooit borgtog gekry het, indien hy of sy, sommer in die publiek ‘n vuurwapen uitruk en iemand skiet wat geen intensie gehad het om diè persoon aanteval en sý lewe in gevaar te stel nie….
Jamme, maar dit maak gee sin nie!!… Die skrif is aan die muur…..

Pieter du plessis ·

Die polisie is ons vyand nr 1,wolwe in skaapklere wat nie vertrou kan word nie.

Polisie beampte ·

Hi almal, ek is n polisie beampte vir oor die 16 jaar. Ek stem glad nie saam met wat die polisie beampte gedoen het nie en veroordeel dit ten volle. Sy pleit sal seker wees dat hy uitgelok is, maar dit sal nie staan as verdediging nie. Dit sal moontlik in ag geneem word met die vonnis. Wat ek probeer se is dat nie almal van ons sleg, korrup of watookal negatief is nie. Ek probeer werklik hard om n verskil in my gemeenskap te maak en sit elke dag my lewe op die spel en los my gesin in vrees om dit wat ek kan doen te doen om ander te beskerm…Ek glo in elke werksplek is daar vrottes, dis nie almal nie, maar per individueel.

madels ·

Ek waardeer die eerlike polisie manne en vroue maar ongelukkig lyk dit of die meerderheid uiters korrup is en nie vertrou kan word nie. Polisie beampte, dankie vir jou harde werk. Ek bid dat die Here ALTYD jou sal beskerm en bewaar. Mag jy n verskil maak by jou werksplek en voorbeeld stel vir diegene wat nie hul pligte eerlik uitvoer nie. Baie dankie vir wat jy elke dag opoffer vir ons land. Waardeer..

sweis ·

Polisie beampte ek sien of beleef dit nie al wat ek sien is die wetteloosheid van ernstig toeneem gee vir ons stats hoeveel mense het jy in 2019 gearesteer en suksesvol vervolg dan sal ek sê ek ken een polisie man wat sy werk doen.

AndrewL ·

Polisie beampte, ons sien dit raak, en waardeer die diens wat waardige beamptes maak. Soos jy sê het alle gemeenskappe vrot appels, dis net die vrottes wat so beskerm word wat pla. Dankie vir jou diens, asook ander wat nog steeds hulle beste lewer.

David ·

Die polisieman het op die vlug geslaan en die reg probeer verydel, deur by ‘n ander polisiestasie sy kkag te gaan indien, en hy kry borgtog?

Michelle ·

Gewoonlik moes jy jou wapen inboek vandag mag jy met hom oral rondloop jy mag met hom skiet soos en wanneer jy wil hul is mos verhewe bo die wet die blou broek bende party het nie vuurwapen lisensie nie het hy een weet hy nie hoë om hom te gebruik nie nog te sê hoe ons hom uit mekaar te haal. Bêre hom en skeer daardie uniform van sy lyf af.

Niel ·

Net sy kant van die storie. Hou op om te oordeel voor jul al die feite het

Anel ·

Hy het die kind met voor bedsgte rade geskiet. Die feit dat hy die vuurwapen gaan haal het en terug gegaan het en doe seun geskiet het, is bewys genoeg. As dit anders om was het die land gebrand. Boewe in die polisie en gebore polisiemanne word geweier om aan te sluit

Karin ·

Die FEITE is dat hy n KIND van agter af geskiet het. Jy mag nie eens iemand wat jou martel van agteraf skiet nie. Dit my vriend, is die feite!

anton ·

AAG asb. tog Niel…..waar wil jy tog nou uitval!!!
Ruik tog asb. die rose.

Francois ·

Nie al die feite is op die tafel nie en die ondersoek duur voort, maar…R 2000,00 borgtog vir ‘poging tot moord’…??? Eisssh dis heerlik in Banana-country!

Kerl ·

@Niel en Blase, die FEIT is maak nie saak wat nie, die minderjarige KIND is van AGTER in die RUG geskiet. Maak nie saak wat voor dit gebeur het nie, die wet is duidelik dat jy nooit iemand van agter af mag skiet nie. Dis die FEITE.

Blase ·

Die omstandighede rondom die skietery is nognie bepaal nie. Hipotetiese situasie kan wees : Klomp belhamels op die hoek, moontlik dronk/op dwelms. Skree op swart polisieman / of dreig hom nadat hy gevra het hulle moet ophou raas / drink. Hy kom terug om hulle te verjaag, hulle val hom aan. Hy skiet uit self verdediging. Kind word getref nadat een van sy kollegas die man aanrand. Sien, dis nie so moeilik om n situasie uit meer as een kant af te bekyk nie. Aangesien geen daadwerklike feite in enige verklaring hier gepubliseer is nie, is alles nog net spekulasie,.

BLASE jy het ook nie feite nie -- net oordeel ·

Ag BLASE. mens VERDEDIG JOU NIE SELF DEUR IEMADN IN DIE RUG TE SKIET NIE … HOEKOM het die polisieman VALSE KLAGTES Gaan probeer afle as hy regtig gedink het dit was selfverdediging (teen ongewapende 17 jarige seuns)? lmga …

Renier ·

Ek merk dat daar net opset niks gesê word oor die inhoud van die woordewisseling nie. Ek glo niks wat ek in die pers meer lees nie.

Kerl ·

Selfs in daai situasie, het die beampte nogsteeds hom van agter af geskiet, wat duidelik n nee nee is. 8 kan jou aanval, as jy 1 in die rug skiet, is jy in warmwater. In die rug skiet beteken wetsgewys hy wou weg kom, en jy het geskiet om verder te gaan. Punt is maak nie saak wat nie, hy het n kind, in die rug geskiet maw van agter af, situasie maak nie saak nie. Nie volgens die wet nie.

Ekskuus Renier ·

so volgens jou kan jy ‘n kind in die rug skiet as hy vir jou iets se waarvan jy nie hou nie? ONGEAG WAT DIT IS … dit is ‘n polisie offisier .hy moet vir POGING TOT MOORD vir 25 jaar gaan sit … end of story ..

Henk ·

Kom ek gooi ‘n klip in die bos. Ek keur nie die polisieman se optrede goed nie, maar almal vergeet gerieflikheidshalwe dat daar aan die polisieman se motor geslaan was deur hierdie “groepie” vriende. Mens , as iemand aan my motor slaan , gaan daar oorlog wees ,. Punt. Kyk dalk net ‘n bietjie wyer , mens stuur nie ‘n kind na familie toe behalwe as daar probleme is nie.

willem Botha ·

Ek glo as ek n polisie man was en iemand slaan my motor arresteer ek hom en kla hom aan sonder om my vuurwapen eers uit sy skede te haal.Ek sal my vuurwapen slegs gebruik as my lewe in onmidelike gevaar was ,ons lewe mos nie meer in die wilde weste nie.

J ·

@Henk, talle kinders word na familie toe gestuur, meestal finansiele probleme of beter geleenthede. Nie altyd probleem kinders nie.

Waarheid ·

Ek bly op daai hoek. Dis n mekka vir heroine verkope en gebruik. Ook, die kind was al in rehab en sy moeder het haar werk by SAPS moes bedank om na hom om te sien. Die kind was hoog die aand met vergrote pupille. Korrupte SAPS beskerm sekere verkopers/gebruikers en die is dan balhorig en astrant weens beskerming.

Ursula ·

Waarheid, ek bly ook om die draai, Dis altyd n jool daar by die kafee met die tieners wat daar uit hang en rook.
Maar kom ons wag maar tot die waarheid uitkom, saak het twee kante , myne , joune en die waarheid. Nog tans hy is in die rug geskiet wat se die polisie man se lewe was nie in gevaar van die tiener wat geskiet was.

Arno ·

Ek neem aan die beampte is swart, as hy blank was was daar geen borg nie

n vrou van n polisieman en n dogter van n polisieman ·

sjoe – dis sleg wat hier gebeur het dis glad nie reg nie en almal weet wat gan gebeur.
maar kom ons wees regverdig hier teenoor die polisiemanne en vroue daarbyte NIE AL die polisiemanne en vroue daar byte is sleg soos die wat op die nuus beland nie… dit maak my bitter kwaad as ek sien hoe mense veralgemeen.. want jy kry bitter GOEIE POLISIE MENSE daarbyte. nie soos die een nie wat try n polisieman wees en dink hy weet alles nie.

Pieter du plessis ·

Mev vertel ons wat doen jou man en pa in die polisie,hoeveel kriminele het hulle in 2019 suksesvol gearesteer en vervolg ,hoeveel dwelm verkopers het hulle gearresteer ,ek sal graag wil sê ek ken n goeie polisieman wat sy werk doen.

Andre ·

Die KFC manne moes maande sit sonder borg, hierdie een kry sommer blitsvinnig borg na hy ‘n blanke skiet. Beide sake was in dieselfde Hof. Verbasend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.