Polisieman wat veediewe help, kry tronkstraf

skaap

Foto: Dan Hamill/Pexels.com

ʼn Polisiekonstabel wat veediewe gehelp het om met gesteelde vee weg te kom, is tot tronkstraf gevonnis.

Konst. MC Moiketsi is verlede week in die Heilbron-landdroshof in die Vrystaat tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan veediefstal en regsverydeling skuldig bevind is.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê Moiketsi en ʼn kollega het op 12 November 2016 patrollie gedoen toe hulle ʼn verdagte motor gewaar en dit van die pad af getrek het.

Die polisiebeamptes het opgemerk daar word skape vervoer, maar die verdagtes kon nie die nodige dokumente toon nie.

Moiketsi het die verdagtes gehelp om van die toneel te vlug deur hulle na verskeie liggings te neem. Hy het later ʼn vals verklaring onder eed afgelê waarin hy beweer het ʼn verlate voertuig is in die straat gevind en het sodoende die verdagtes se identiteit verbloem.

“Deeglike ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die voormalige polisiebeampte vir die diefstal van die skape ter waarde van R20 000 asook vir regsverydeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sieg ·

Nee wat somer na n maar weer terug by SAPS en bevordering want ons regering glo dat hulle wat vir die SAPS werk moet weet hoe lyk n tronksel van binne af.

Christa ·

Omdat hy vir polisie werk moet hy dubbel die vonnis kry wat ander veediewe kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.