Polisieman wat vriendin vermoor swaar gestraf

(Argieffoto)

’n Voormalige polisieman is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof tot 17 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin.

Xichavo Makamu, voormalige konstabel van die Vispol-eenheid by die Welbekend-polisiestasie, het sy vriendin, Napsadi Thobejane, op 29 Junie 2019 in hul gehuurde kamer in Thembisa in Gauteng doodgesteek. Thobejane het altesaam 39 steekwonde opgedoen.

“Sy is ná die voorval na die Thembisa-hospitaal gehaas waar sy aan haar wonde beswyk het,” sê Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod).

Makamu is later die dag op die misdaadtoneel in hegtenis geneem.

“Die mes waarmee Thobejane gesteek is, is op die toneel gevind. Dit lyk asof die voorval onder die bed plaasgevind het,” het Cola gesê.

Opod het die swaar vonnis verwelkom.

“Ons hoop hierdie vonnis sal ʼn boodskap uitstuur aan alle beamptes wat hulle aan gesinsgeweld skuldig maak. Opod sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat geregtigheid geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boerkind ·

Swaar gestraf = 17 jaar??? Die prys vir ‘n lewe is net 17 jaar??

Maggies ·

17 Jaar is hopeloos té min. Wat gaan aan met ons regsstelsel?

Nico ·

Noem julle dit swaar gestraf, die Bybel sê, jy mag nie moord pleeg nie, en wanneer jy dit doen moet jou lewe geneem word. Die Suid Afrikaanse reg stelsel is pateties.

Bosvelder ·

Hani se moordenaar sit al amper 30 jaar sonder parool. Hierdie ou kry 17 jaar. Ons regstelsel bepaal dus dat sekere lewens meer werd is as ander. What a joke!

Elize ·

Hoe de swernoot kry hy dit reg om haar onder die bed te steek? Dit moes ‘n baie hoë bed gewees het

Peter Pan ·

Wat is direkte tronkstraf? Is daar verskillende strawwe? Vra maar net….

Yvonne ·

Belaglike straf en hoe vind keuring vir polisie beamptes plaas..sjo dit is vreesaanjaend

Veronika ·

Dis te min…. as jy iemand 39 x met ‘n mes steek het jy gemeen om haar dood te veroorsaak, so jy verdien ook nie lewe nie, lewenslank + sou te min wees vir hom!! Oor 12 jaar kom hy waarskynlik uit gaan aan met sy lewe terwyl hy haar van hare ontneem het!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.