Polisieman wou glo kollega laat vermoor oor ondersoeke

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 36-jarige polisiekonstabel sal na verwagting Dinsdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om ʼn moord te pleeg ná ʼn vlaag misdade in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, Pule Maboke, en vier medepligtiges word ondersoek vir hul moontlike betrokkenheid by 20 sake van inbrake en diefstal, asook vier sake van roof. Die misdade is die afgelope tyd in Klerksdorp, Potchefstroom, Ikageng en Viljoenskroon gepleeg.

“Die konstabel is vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het dat hy saam met die medepligtiges, wat reeds in aanhouding is, beplan het om die aangewese ondersoekbeampte te vermoor,” het Mokgwabone gesê.

Maboke is Vrydag by sy huis in die Ikageng-township in hegtenis geneem. Hy het dieselfde dag die eerste keer in die hof verskyn waarna die saak tot Dinsdag uitgestel is vir ʼn formele borgtogaansoek en verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Griki ·

Hierdie is ‘n saak waarin borgtog definitief nie toegestaan behoort te word nie.

Sê maar net ·

En dit is nou mense wat ons moet beskerm, geen wonder SA is soos hy is nie

Hennie ·

Is dit nog enigsins snaaks vir ons dat sake nie opgelos word nie, of dat daar geen aksie van die polisie se kant is nie? Meeste van hulle is betrokke en beskerm hulle self en kollegas. Geen wonder dat ons land in rommelstatus is nie. Terwyl hierdie mense enigsings sê het sal ons ook nie maklik daaruit kom nie. Dit is ‘n skreiende skande maar as ons inag neem dat al die polisie Kommisarisse tydens Mbeki se tyd korrup was kan mens seker niks beter verwag nie.

Tiger ·

Ek stem saam dat hy NIE borg mag kry nie.Hy is ‘n geregsdienaar wat sy posisie misbruik het om dit wat hy moet bekamp ,te pleeg.So hy verdien beslis geen borgtog nie.Wat gaan hy nie als verder aanvang as hy uit kom op borg nie??Ek hoop die regter sien dit ook so tydens sy borg aansoek en weier hom dit.

Piet Snot ·

Anton Prinsloo het vertel die ou uitdrukking “3x is skeepsreg…” het ‘n stertjie waarvan min mense weet: “…en een maal voor de knecht”.
Die “knecht” verwys na jou plaaslike polisieman (knecht van de gerecht).
Wat beteken die Oom Poeliesman kry nie 3 kanse nie; sommer met die eerste oortreding moet hy toegesluit word. Weens sy vertrouensposisie en die hoër standaard waaraan ons voorvaders die polisie gehou het.
So Tiger, jy’s nie die enigste wat meen hy moet harder behandel word nie.

Nevi ·

Ek het familie in die polisie en hoor baie dinge wat eintlik net vir hulle intern bedoel is. Ook lees ek graag maroela en besef hoe baie lesers keer op keer GAL BRAAK as dit by die polisie kom en dit met GROOT ONKUNDE. Feite war nooit die media behaal is…gereeld word predikante ondersoek vir diefstal en seksieele dade…onderwysers vir kindermishandeling…dokters vir betasting…bank amptentenare vir diefstal…prokureurs vir bedrog…en MY polisie familie was nog nie een vir ninks ondersoek nie…maar werk elke dag hul dinges af om reeds vir al die galbrakkers tot diens te wees selfs met HUL EIE LEWENS…..

ig ·

Nevi,ek het self vriende en familie in die Polisie Diens en hulle stem saam met die galbrakers en media,Jy weet mos van wie ons praat waneer kommentaar gelewer word.Ongelukkig is die Mag deesdae deurspek met korrupte lede en jy kan mense ek inkluis,nie kwalik neem dat polisie lede nie te vertrou is nie.

Irene ·

Kan nie vetrou nie hulle hou party oorkant my huis dan is daar oolisie viertuig wat saam hou hie werk hulle

Piet Piper ·

Jaar of drie gelede het ‘n man in Houtbaai gesien hoe inbrekers besig is om by sy huis in te breek en hy het toe die polisie gebel. Geen reaksie.
‘n Uur later later, nadat hulle van sy eiendom geplunder het, en hy magteloos was om iets te doen omdat hy bang was hulle is gewapen, bel hy toe weer die polisie,
MAAR, …..hierdie keer vertel hy hulle dat sy honde besig is twee swart inbrekers binne sy perseel te verskeur…. ( wat nie die geval was nie, maar slegs om hul reaksie te toets) …………………en binne minute is daar verskeie polisie voertuie oorlaai met polisie beamptes….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.