“Polisiemanne” beroof Houtbaai-juwelierswinkel

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn groep gewapende rowers, waarvan sommige in polisieuniforms geklee was, wat ʼn juwelierswinkel in Houtbaai beroof het.

“Vyf verdagtes, waarvan drie polisieuniforms gedra het, het die juwelierswinkel Vrydagmiddag beroof,” het lt.kol. André Traut Saterdag gesê.

Die “polisiebeamptes” het glo gemaak asof hulle ʼn saak ondersoek.

ʼn Skoot is tydens die rooftog afgevuur, maar niemand is gewond nie. Die groep het daarna met gesteelde juwele van die toneel gevlug. Dit is nog nie bekend wat alles gesteel is, of wat die waarde daarvan is nie.

Die polisie ondersoek die rooftog. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Ek se nie dit is die Polisie nie maar hulle weet hoe om n rooftog uit te voer en geen merk na te laat .Een uit 10 word hulle nog uitgestuur om die saak te onder soek,hulle kan nie hulle eie spoore uit ken nie.hoeveel van die roof togte is al opgelos vra net

Babs ·

Lees nou gereeld van rowers in polisie uniforms en vuurwapens wat gesteel word. Wonder of huille ook saam met polisiehoof medaljes gekry het. Hoe gebeur dit dat uniforms so maklik beskikbaar is. Seker maar die ANC se skuld. Hulle ken mos nie van wet en orde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.