ʼn Juwelierswinkel is Dinsdag in Groenpunt, Kaapstad, beroof deur rowers wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het.
Lt.kol. André Traut, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê vyf mans was in polisieuniforms geklee toe hulle omstreeks 11:00 die winkel in Ebenezerweg betree het.
Die mans het juwele, selfone en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel voordat hulle in ʼn wit Nissan Tiida gevlug het.
Geen beserings is aangemeld nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA