Polisiemanne by Koffiefontein-stasie doodgeskiet

Argieffoto: Phillip Bruwer

Twee polisiebeamptes, albei 32-jarige konstabels, is deur die loop van Woensdagaand by die Koffiefontein-polisiestasie in die Vrystaat doodgeskiet.

“Toe polisiebeamptes wat op patrollie was omstreeks 04:00 vanoggend teruggekeer het na die stasie, het hulle hul kollegas se liggame in die aanklagkantoor aangetref,” het brig. Motansi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Een konstabel is in die kop geskiet, en die ander een in die kop en rug.

Makhele het gesê gerugte wat die ronde doen dat die polisiestasie beroof is, is onwaar.

“Een van die slagoffers se dienspistole is wel vermoedelik gesteel.”

Hy het gesê die motief en hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was, is in dié stadium onbekend en word ondersoek.

“Die polisie ondersoek twee sake van moord asook ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

ʼn Volskaalse ondersoek is van stapel gestuur wat onder meer die Valke insluit.

Die konstabels is as Obert Boitumelo Mekoa en Mzonani David Manjo geïdentifiseer.

Genl.maj. Moeketsi Sempe, die waarnemende provinsiale kommissaris van die Vrystaat, het sy innige meegevoel met die families van die oorledenes betuig. Hy het onderneem dat die polisie onverpoos gaan werk om die misdadigers aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Carl ·

2de stasie, in 2dae, hierdie begin vir my lyk na “hits” dalk konsatbels wat nie corrupt is nie

Errol ·

Die polisiemoorde is skokkend. SAPD lede het nie n kans met die nuwe vuurwapenwet, spesifiek met art. 49 om hulself te verdedig nie. Ek was self n lid vir 28 jaar. Selfs al het hulle wapens gereed gehad moet hul soveel goed in ag neem voor hulle self mag skiet dat kriminele altyd genoeg tyd het om die eerste skote te skiet wat in baie gevalle noodlottig is. n halwe sekond van twyfel kan noodlottig wees vir lede. Soveel druk word op lede gesit om die criteria te oorweeg wanneer hul mag skiet dat hulle eintlik bang is om wel tot die daad oor te gaan. Nie net uit vrees dat hulle dalk iets nie in ag geneem het nie maar ook omdat lede soos kriminele ondervrae word tydens n hofsaak wanneer hulle die hof moet oortuig dat die skoot of skote wel geregverdig word. Verder sal ek graag wou weet waarom daar nie beveiliging buite die stasie was nie. Ek glo dat al wat sulke moorde teen polisielede en die publiek in n groot mate sal voorkom is om die ou vuurwapenwet weer in te stel sowel as die doodstraf trug te bring. Dit sal baie doeltreffend wees as afskrikmiddel vir kriminele in bv die geval van koelbloedige plaasmoorde en moorde op polisielede. Kriminele weet baie dat indien hulle gevang sou word, hulle n gerieflike lewe met 3 etes per dag en heelwat ander voordele sal geniet in tronke en dink daarom nie twee keer om te skiet nie.

Jeannette ·

O ja, Maroela Media – waar in SA is Kofiefontein? Ek weet van ‘n KOFFIEFONTEIN in SA, maar nie van ‘n Kofiefontein nie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Jeannette,
Dankie vir jou valkoog! Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Jen ·

Aangesien die doods straf nie weer sal inkom nie se ek dat hulle moet n nier van elke gevangene verwyder en dit gee vir iemand wat dit nodig het. Gebruik een van hulle cornea.s Been murg ens. Hulle kan n lewe red . Per slot van sake Dit is net hulle harte wat vrot is so laat hulle iets beteken. Meskien sal hulle meer skrikkerig wees om te roof en te moor.

marous ·

Die polisie is oorweldig . Misdaad is koning en die regering het nie ‘n saak daarmee nie.

Frikkie Eisenberg ·

Hi, almal
Ek is van GPF Sektor 3 in Bloemfontein, wil net die volgende met julle deel, ons werk nou saam met die SAPD in Bloemfontein, en die polisie lede vanaf ons sektor bevelvoerder tot en met die PK is van die beste lede wat daar is, hulle help ons altyd onmiddelik , self na ure ook met hulle eie voertuie.
Almal van hulle is absoluut briljant en ek moet vir hulle dankie se vir wat hulle doen, manne julle is van die beste
Frikkie Eisenberg

Kay ·

Wonder??? Ek weet nie van enige nie korrup polisiemanne nie ..lees net oral van hulle vat afkoopgeld ….doen nie hulle werk nie . Lieg en steel .. hier in ons omgewing ..soek hulle gedurig afkoopgeld …trek mens onnodig af as jy laat ry …(by gese nie omdat jy wil nie maar oor siek moeder). . Stop iemand jy sien hulle staan met daardie persoon langs die pad .. as jy weer sien is hulle agter jou en hulle deur siek jou kar …krap oral ..dreig jou …laat jou half uur in die koue staan buite jou kar …ek het net nie veel oor vir hulle nie dit het al 3x met ons gebeur omdat ons so veel tyd met n sterwende moeder wil deurbring …sy is oorlede maar ons het met vrees na haar toe gegaan want ons weet hulle target blankes ..soek omkoopgeld

Johan Briedenhann ·

Baie dankie vir die nuus wat laat of nooit gelees kan word. Met verwyding na rassistiese aanmerkings op sosiale media, was daar berig in een koerant van mense wat na die Knysna brande in hegtenis geneem is maar daar is verder niks terugvoering daaroor nie.

Jakob ·

@johan, jy wil nou net vanoggend ‘n eiertjie kom lê. Sommige vêr-regse lesers is onder die wanindruk dat die media doelbewus die informasie weerhou. As die staat nie die oortreding opvolg nie, is dit dan nou die media, wat OBJEKTIEF moet wees, se verantwoordelikheid om te vra vir ‘n vervolging. Gaan kla by die staat, jy klink soos iemand wat hou van kla.

Eugene ·

Moord bly moord maar gerugte dat die polisiestasie beroof was is onwaar. Die dienspistool wat gesteel of roof was word wel ondersoek. Klink na teenstrydighede in drie sinne of die woordvoerder is oningelig of onbevoeg.

al ·

Hierdie is ñ klassieke geval van hoe uitdagend, arrogant, gevaarliker en agressief misdadigers geword het.
Hul het geen respek en agting vir wet en orde.
Ons nuwe Minister van Polisie lyk na ñ man wat aktief optree – watse oplossing is in plek?
Sterkte aan die geliefdes van hierdie twee manne.

Anichia van vuuren ·

Sjoe as polisie stasies nou geteiken word!!!! WAAR IS ONS VEILIG!!!! RIP konstabels… sterkte aan vriende en familie

Johan ·

Hoe moet SAPS land beskerm as hulle hul self kan beskerm nie.

tom ·

Onthou die regering het die wette verander om die misdadiger te beskerm nou boemerang dit in hulle gesigte bylaag 13 wet is verander

Reinet de Waal ·

Nagskof bemanning in Klientediens is basies weerloos. Feite. Dit raak soos die Willetuin oral in SA. Die konstabels is kinders van ouers wat nou hartverskeurend agter gelaat is. Hoog tyd dat Hoofkantoor sorg dat ALLE kliëntediens areas beveilig word met byvoorbeeld koeëlvaste glas. Daar stap wel ongure en versteurde siele in en selfs polisiemanne is nie onsterflik nie. Die res van die skofte word uitgeroep of ry patrollie en die wat binne werk se lewens is op die spel. Selfs bedags voel administriewe personnel bedreig en hul daaglikse stresvlakke rakende veiligheid is beslis hoër as ander kantoorwerkers. Die jare toe polisiestasies gebou was, was daar nie soveel gemeenskap-bedreigings teen die polisie nie. Op stasies raak beveiliging laks. Bestaande veiligheidsdeure werk nie meer nie want sleutels raak weg. Werknemers het die reg om in veilige omgewing werksaam te wees en die werkgewer is daarvoor verantwoordelik.

MH ·

As ek by ons lokale munisipale kantore instap, word ek by die hek deursoek met ‘n skandeerder voordat ek toegelaat word om in te gaan. As ek by die lokale polisiekantoor instap word ek geïgnoreer en niemand kyk eers op van dit waarmee hulle besig is nie.

snoefie ·

alle simpatie aan die lede se geliefdes, familie en vriende. dan….. behoort onfikse en WEERLOSE lede enigsins in die mag?

Andries ·

Polisie op die plateland het net vyf lede daarop. As een met verlof is en een boek
afsiek dan is daar slegs een in die gds om die werk te doen. Ons benodig polisiemanne hier op die plateland om Ons werk te Kan doen. Onderwys kry R2000 gevaartoelaag en die polisie maar net R400 nou wat nou is Ons polisie Dan nils.

Antoinette ·

My innige meegevoel aan die famile, my hart is by julle. Aan Koffiefontein se polisie ek dink aan julle in die moelike tyd. Ons polisie is nie meer veilig nie. Dit is so hartseer as ons polsiemanne/danes in die oggend/aand aandiens gaan weet ons nie of hulle weer veilug terug huis toe kom nie. Jesus hou ons families veilig. Mense wat nie families in die polisie het nie weet nie hoe dit voel nie. Gaan eerder op julle knieë en bid vir hulle as om hulle af te kraak.

Nico ·

As oudlid dink ek dat niemand meer bang is vir SAPS nie aangesien daar nie meer gesag AFGEDWING kan word op die krimineel nie. Hulle het mos menseregte en jy moet hulle met handskoene behandel. Tweedens word daar weinig gedoen om SAPS te beskerm op die platteland. Party stasies het veiligheidsheinings met veiligheidshekke op wat in die aande gesluit word. Jy lui n klokkie van bv na 9 tot 6 in die oggend. RIV .

Kino ·

Dink u nie om kameras te installeer sal effektief wees nie. Dit sou baie help.

Milly ·

Daar is NOOIT geld vir sulke goed nie. Hul vervang eerder n badkamer se slot vir R900 as wat ons dit vir R200 kon doen. Hulle hou eerder elke jaar miljoene rande se polisiedae as om SAPS geboue te beveilig. Sê maar net….

Mp ·

Waar kry onderwysers R2000 gevaartoelae?? Dalk 20 jaar terug!!

Annestashia Everts ·

Ek het opgegroei in Koffiefontein. Ons het nooit sulke misdaad beleef nie. Mag God deel met die moordenaars en laat hulle agter trallies sit. Niemand het die reg om mense se lewens te neem nie, want lewe en dood is nie in ons hande nie. Lord u are in Control. Condolences to the families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.