Polisiemanne dood ná aanval in woonstelblok

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Twee polisiemanne is Dinsdagaand dood nadat hulle by ʼn woonstelblok in Soweto, Johannesburg, aangeval is.

Die polisiebeamptes, albei van die Jabulani‑polisiestasie in die gebied, is glo in die omgewing van die Jabulani‑woonstelblok dood kort nadat hulle deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangeval is.

Richard Mamabolo, woordvoerder van die vakbond Popcru, sê een van die beamptes is dood op die toneel aangetref.

“Die tweede beampte het kort daarna aan sy beserings beswyk toe hy behandeling by ʼn plaaslike hospitaal ontvang het.”

Dit is nog nie duidelik waarom die aanval op die polisiebeamptes gedoen is nie.

Die polisie ondersoek egter die saak verder.

Popcru het intussen sy droefheid oor die voorval uitgespreek.

“Dit kom voor asof die moord op polisiebeamptes aan die toeneem is en dit beïnvloed die veggees van die res van die land se wetstoepassers,” sê Mamabolo.

Die vakbond het reeds in September sy kommer oor die hoë getal polisiemoorde uitgespreek, nadat 38 polisielede in net agt maande om die lewe gebring is.

“Daar is ʼn dringende behoefte daaraan om beskermende en voorkomende strategieë op te stel sodat alle wetstoepassingsowerhede van misdadigers beskerm word,” sê Popcru nou.

Dit is ook nie die eerste keer dat ʼn wetstoepassingsbeampte by die einste woonstelblok dood aangetref is nie. Soweto Urban het vroeër vanjaar berig dat ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte twee maal in die rug geskiet is nadat hy by die woonstelblok gekaap is.

Buiten die motor het die verdagtes ook die beampte se volledige uniform gebuit.

Popcru het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat met die jongste voorval verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

AW ·

Wanneer jy die SAPS / SAPD Join vir n “JOB” is daar die “un written T’s & C’s”…..

Daar is n Kans dat jy dood gemaak sal word , of beseer sal word, o geag of jy Nalatig is of was of Nié.

RB ·

Dis waar en dit was altyd die geval maar . . . .
Die grootste persentasie lede was eerbare, betroubare mense met integriteit wat gesag gehad het en respek verdien het. Hulle voorkoms en paraatheid alleen het al respek verdien. Hulle toewyding tot die diens het respek laat toeneem.
Selde het enige kriminele agent gewaag om een van die lede van diè mag kwaad te berokken. Hulle het goed geweet wat gebeur wanneer hulle vasgetrek word. Kans was immers bàie groot dat hulle jou sommer gou gaan kry.

Net hier stop ek my storie want elkeen wat kan redeneer sal die storie self voltooi.

Chris dupreez ·

Dit is wat gebeur as jy die landsgrense oopgooi sodat enige kriminele hier kan kom moor en roof en dwelms smous.

Di ·

Natuurlik sal hy grensposte wil oop he! Hy kom self van Zimbabwe af, alhoewel hy dit ontken!

Sobymykoolkop ·

Het die onaantasbare malema dan nie self gesê hulle sal die sapd lede tot in hulle eie huise ombring nie?

Casper ·

Dit is nog net maar die begin.Ons rooi overall maatjie moes al lankal aangekla gewees het vir aanhitsing tot geweld na sy uitspraak by Brackenfell.Oom met die hoed het nie en kan nie misdaad onder beheer bring nie.Ek plaas die dood van polisielede op die skouers van sleg Cele en Ramaphosa.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa en Cele moet beide aangekla word. Cele het geen idee wat hy doen nie en Ramaphosa doen niks daaraan nie. Malema hits aan met sy onbeperkte arrogansie en die man op die grond betaal die prys daarvoor. Verder is dit alom bekend dat opleiding standaard van polisielede faal en daar swak disipline is. Resep vir n ramp.

Keelvol ·

Baie onvanpaste kommentaar. Jy behoort jou kop in skaamte te sak.

Baardman ·

Haal jou oogklappe af vir dit wat in die land aangaan. Nie alle polisie lede is korrup nie. Hulle is net soos jy en ek, ook teikens.

Pietertjie ·

Kriminele het geen vrees of respek meer vir Hoed se mense nie. Hulle word basies as “ander bende se lede ” gesien.

Hennie ·

Dalk bendeberywighede? Weet nie aldag aan wie se kant is wie nie.

Deon ·

Popcru, hier is vir julle bietjie inligting, gaan vra vir Malema wat hy gese het oor die polisie wat hulle ssl jag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.