Twee polisielede van die Ravensmead-polisiestasie in die Wes-Kaap het in die Goodwood-distrikshof verskyn op aanklagte van twee gewapende rooftogte.
Dié polisielede, Craig Viljoen (34) en Phikolomzi Mbawu (36), word daarvan beskuldig dat hulle in Julie 2015 ʼn tabakwinkel in Bothasig beroof het, en in April verlede jaar sowat R43 000 en selfone tydens ʼn rooftog by ʼn Chinese restaurant op die Kaapse Vlakte gesteel het.
Albei mans is tydens ʼn vroeëre verhoor borgtog geweier.
Die SAPD-lede verskyn weer op 10 Julie in die hof.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
“How low can you go?”
Ek kan net dink wat die ware geregsdienaar van julle dink.
Lekker man . die Polisie raak nou die publiek se grootste vyand .. seker gedink if you can’t fight them, join them . Die hoeveelste berig van skelm polisiemanne die afgelope week is dit al?
Andre Stander het dit jare terug al gedoen!!
Dit is omdat die SAPD net werk wil skep vir enigeen wat aansoek doen. Waar is die dae wat behoorlike keuring plaasgevind het. Niks sal ooit weer wees soos in die ou dae nie. Die mense op die hoogste vlak in die land steel die meeste. Wat verwag jy?