Polisiemanne in hof oor beweerde gewapende rooftogte

Foto: SAPD, Facebook

Twee polisielede van die Ravensmead-polisiestasie in die Wes-Kaap het in die Goodwood-distrikshof verskyn op aanklagte van twee gewapende rooftogte.

Dié polisielede, Craig Viljoen (34) en Phikolomzi Mbawu (36), word daarvan beskuldig dat hulle in Julie 2015 ʼn tabakwinkel in Bothasig beroof het, en in April verlede jaar sowat R43 000 en selfone tydens ʼn rooftog by ʼn Chinese restaurant op die Kaapse Vlakte gesteel het.

Albei mans is tydens ʼn vroeëre verhoor borgtog geweier.

Die SAPD-lede verskyn weer op 10 Julie in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stom geslaan ·

“How low can you go?”
Ek kan net dink wat die ware geregsdienaar van julle dink.

Jean ·

Lekker man . die Polisie raak nou die publiek se grootste vyand .. seker gedink if you can’t fight them, join them . Die hoeveelste berig van skelm polisiemanne die afgelope week is dit al?

CAROL ·

Stem saam. Dis hoekom ons land so is die grootste skelm is in die polisie mag, en oe la la …… almal weet niks gaan daarvan afkom nie!!!!

Nettie ·

@Sandy, maar as ek dit reg het, was Stander nie meer ‘n dienende lid nie, of was hy? En DIT is nou die mense wat my, jou en Jan Rap op straat moet beskerm, Dit is omdat die polisie kolleges prostitusie-neste geword het in stede daarvan om wet en orde en respek in ‘n spul rekrute se koppe in te foeter, soos hulle met ons in die 80’s en 90’s gedoen het. Jy was of reg of weg as jy by Pretoria Polisie Opleidingskollege na 6 maande uitgestap het.

Alida ·

Dit is omdat die SAPD net werk wil skep vir enigeen wat aansoek doen. Waar is die dae wat behoorlike keuring plaasgevind het. Niks sal ooit weer wees soos in die ou dae nie. Die mense op die hoogste vlak in die land steel die meeste. Wat verwag jy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.