Polisiemanne rand glo vrou by stasie aan

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Facebook)

Die DA in Gauteng het Woensdag ʼn beroep op Faith Mazibuko, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, gedoen om ondersoek in te stel nadat twee polisiemanne ʼn vrou hardhandig by ʼn polisiestasie behandel het.

Dít nadat ʼn video van die voorval vandeesweek op sosiale media versprei word.

Daar kan in die video gesien word hoe twee polisiebeamptes ʼn vrou oor die vloer van die polisiestasie sleep. Die een polisiebeampte beveel waarskynlik die vrou om op te staan en wanneer sy haar teensit, klap hy haar twee keer deur die gesig.

Michael Shackleton, DA-LP vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, sê die voorval het na bewering Maandag by die Evaton-polisiestasie plaasgevind.

“Hierdie onetiese optrede deur die polisie kan nie geduld word nie. Dit is ʼn misdaad om iemand aan te rand en die feit dat dit deur ʼn polisiebeampte gedoen word, is kommerwekkend en bevraagteken die veiligheid van vroue in ons polisiestasies,” meen die LP.

Volgens Shackleton is die voorval veral ontstellend in die lig van die aantal moorde en voorvalle van gesinsgeweld teen vroue.

Maroela Media het ʼn polisiewoordvoerder genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ian ·

As die gereg se staan op moet dit gedoen word. Ons respekteer nie ons Polisie diens se lede nie en as iemand hardhandig behandel word dan is dit nou kwansuis aanranding. Ongelukkig moet ons ons bes doen om nie in sulke situasies te beland nie, want en glo die Polisie is ook al raadop met almal wat geen respek het nie. Ek glo die lede het hul werk gedoen en ek se nie die klap deur die gesig is reg nie maar waar trek mens die streep. maak jy die persoon op die grond vas is dit ook ‘n probleem. So hoe dan gemaak? Bly uit die moeilikheid uit en klaar!!!!!!!

wet ·

Om uit die moeilikheid te bly is glad nie so maklik nie. Dis nou nie juis ´n gewapende bende lid of rower wat hulle so behandel nie. Selfde met die onlangse storie met die jong onderwyseres.

johan ·

Dit is hoe hulle is te lui om hulle werk te doen maar vinnig om by misdaad betrokke te raak.

PJC ·

Daar is niks maar absoluut niks wat hierdie soort gedrag deur polisielede regverdig nie. Sulke polisiemanne is lafaards wat agter hul uniforms skuil. Dit is een van die hoofredes hoekom die publiek geen respek meer het vir die polisie nie. Ek kan net dink watter frustasie dit by die ordentlike lede van die mag moet veroorsaak want nou word hulle oor dieselfde kam geskeer.

Kobus ·

Gee asb. feite en inligting van albei kante . Was sy ‘n klaer of aangehoudende. Wie is verantwoordelik vir opname en verspreiding van video?
Polisie is veronderstel om Publiek te beskerm en nie aan te rand nie al word jy getreiter .

Naas ·

Skokkend. Ons leef nie meer in die tagtigs toe terroriste aangehou is en ons inligting oor bomme en wapens uit hulle moes kry nie.

Kas ·

Maklik,draai haar op haar maag sit met jou knie tussen haar blaaie,Boeing haar en tel haar dan op.Ek het as reservis baie arrestasies so uitgevoer en dit werk.

Lolla ·

Al wat die mense nou moet begin doen is om elke lid wat daarby betrokke was persoonlik te dagvaar asook die betrokke instansie. Hou hulle pensioen terug tot die volle bedrag vereffen is. En ook nie jare om dit te betaal nie, want met ‘n hofbevel het jy net 5 jaar tyd om dit terug te betaal. Indien jy nie by die reeling hou nie word ‘n lasbrief uitgereik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.