Die Valke het Woensdag twee polisiebeamptes van die Pienaarsrivier-polisie vir korrupsie en diefstal vasgetrek.
Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die sersant en konstabel (39 en 40 jaar oud) het Dinsdagmiddag glo die klaer se motor op die N1 naby Pienaarsrivier voorgekeer en dit deursoek.
“Hulle het op ʼn groot onbevestigde bedrag kontant afgekom.”
Die beamptes het toe glo gedreig om die klaer van geldwassery aan te kla en R20 000 omkoopgeld geëis om hom vry te laat.
“Kort daarna het die klaer agtergekom sowat R210 000 is vermis en het na die polisiestasie gegaan om ʼn saak aanhangig te maak.”
Die verdagtes het Donderdag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie en diefstal.
Die polisie se ondersoek duur voort.
Tien teen een is hul ewe korrupt, wie ry met soveel kontant rond as dit nie vuil geld is nie?