Polisiemanne vas oor ‘diefstal’ van bewysstukke

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes van die Mahamba-polisiestasie naby Piet Retief in Mpumalanga sal binnekort weer in die hof verskyn nadat hulle glo betrap is dat hulle bewysstukke uit die polisie se stoorkamer gesteel het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Reginald Coka (48) en sers. Sipho Mathenjwa (40) is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Die twee het glo sakke dagga wat as bewysstukke by die polisiekantoor gestoor was, in ʼn amptelike polisievoertuig gelaai.

“Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het onmiddellik op die wenk gereageer. Die betrokke voertuig is by Piet Retief opgemerk en is voorgekeer en deursoek,” het Hlathi gesê. “Vyf sakke dagga wat uit die polisie se stoorkamer kom, is op die agtersitplek van die voertuig gevind. Daar is op die dagga beslag gelê en die twee polisiebeamptes is van dwelmbesit, dwelmhandel en korrupsie aangekla.”

Volgens Hlathi het Coka en Mathenjwa Vrydag vlugtig in die Piet Retief-landdroshof verskyn. Hulle is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en sal op 6 September weer in die hof wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joann ·

Die mense vir wie ons vroeer jare die meeste respek gehad het is nou die grootste skurke.

CHRISTA ·

Ja, is dit nie hartseer nie!! Ek is as kind geleer: As jy enigsins hulp nodig het, gaan na die Polisie toe. Hulle sal jou ALTYD HELP!!! Vandag kan jy nie eers die polisie vertrou nie!!!

Grap ·

Stem saam skurke met blou uniforms ek vertrou hulle gladste.

KarooKlong ·

Tiger, dit hang af hoeveel van “hulle se soort of helpers” werk op die betrokke stasie.
Skokkend om hierdie tipe berigte te lees nê.

Anti regering ·

Die probleem is die goeie polisie is in die minderheid en die meerderheid skurke in blou help ook nie vir ‘n gesonde positiewe moraal nie

Popeye ·

Ja – nee, mens kan seker nie daai job in daai deel van die wereld doen sonder om IETS te rook nie! Ek voel net jammer vir eerbare lede. Hulle naam word deur die modder gesleep deur sulke sotte!

Nita ·

Ai die ou dae was lekker. So lekker Cowboys en Crooks gespeel. Jy het geweet wie is wie. Hoe nou gemaak as die Cowboys die Crooks word?

Johan ·

Baie van di mense wat ‘n spesiale amp beklee veral in ‘n uniform dink dat hulle is glad nie kwesbaar vir sulke tipe van dinge wat gedoen word eendag aan di pen gaan ry nie. Wel die duiwel werk altyd sy mense teë tot op ‘n dag dan is dit altyd te laat. Laat jul boet vir jul dade en besef was dit ooit die moeite werd wat gedoen was. Jammer om te lees van jul saak. Geen simpatie.

Cherokee ·

Ons moet ook onthou dat hierdie muntstuk ‘n ander kant het… die kant wat hulle voorgekeer en gearresteer het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.