Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Reginald Coka (48) en sers. Sipho Mathenjwa (40) is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Die twee het glo sakke dagga wat as bewysstukke by die polisiekantoor gestoor was, in ʼn amptelike polisievoertuig gelaai.
“Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het onmiddellik op die wenk gereageer. Die betrokke voertuig is by Piet Retief opgemerk en is voorgekeer en deursoek,” het Hlathi gesê. “Vyf sakke dagga wat uit die polisie se stoorkamer kom, is op die agtersitplek van die voertuig gevind. Daar is op die dagga beslag gelê en die twee polisiebeamptes is van dwelmbesit, dwelmhandel en korrupsie aangekla.”
Volgens Hlathi het Coka en Mathenjwa Vrydag vlugtig in die Piet Retief-landdroshof verskyn. Hulle is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en sal op 6 September weer in die hof wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
ja hulle maak mos vir wolf skaap wagter
Die mense vir wie ons vroeer jare die meeste respek gehad het is nou die grootste skurke.
Hoop net hulle word langer as ‘n maand toegesluit!
Tiger, dit hang af hoeveel van “hulle se soort of helpers” werk op die betrokke stasie.
Skokkend om hierdie tipe berigte te lees nê.
Ja – nee, mens kan seker nie daai job in daai deel van die wereld doen sonder om IETS te rook nie! Ek voel net jammer vir eerbare lede. Hulle naam word deur die modder gesleep deur sulke sotte!