Polisiemanne vas oor rooftog

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiebeamptes en twee beweerde medepligtiges is in Krugersdorp in hegtenis geneem op aanklag van sakeroof.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes, 26 en 41 jaar oud, en hul medebeskuldigdes sal Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Volens Dlamini is die vier verdagtes Sondag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn klerewinkel in die sakesentrum wou beroof het. Die eienaars van die winkel is met kabelbinders vasgebind en met vuurwapens gedreig.

Dlamini het gesê die polisiebeamptes, albei speurders, se dienspistole is op beslag gelê. Volgens Dlamini is een van die ander verdagtes ʼn werknemer van die winkel en verwant aan een van die polisiebeamptes.

Dlamini het gesê interne stappe sal ook teen die polisiebeamptes gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Watse interne stappe sal daar teen die boewe geneem word . Ek dink dat Maroela Media die saak moet opvolg en ons op hoogte hou wat met die twee gemors gaan gebeur. Dit is die rede waarom polisie geminag word en vermoor word want die ander boewe sien hulle nie meer as geregsdienaars nie maar as n mede boef wat maar uitgehaal kan word.

Petro ·

Eks bly daar word bietjie voet neergesit met die POLISIE wat dink omdat hul daai blou uniforms dra hul is heeltemal untouchable en above the law ons het polisiemanne hier by ons wat in winkels ingaan en goed vat verniet of vir afslag vra omdat hul mos nou KAN want hul is mos POLISIE my man het hulle sommer nonsense vertel in die winkel ek dink winkel eienaars moet kameras insit in hul winkels en die skelm goed vang.

Piet Pompies ·

Laat mens nogal wonder hoe word Polisie beamptes gekeur vir indiensneming en hoeveel van die beamptes se werkstyd word opgeneem om hierdie gierigheid te beplan en uit te voer. In ons omgewing word die Polisie voertuig gebruik om soggens en saans polisie beamptes se familie by die werk op en af te laai met my en jou se belasting geld.

John Fowler ·

Die gebruik van staatsdiens voertuie gedurende werksure en na ure is ‘n ou ding wanneer dit kom by militêre voertuie, word gebruik om inkopies te doen en allerhande privaat dinge, soos vervoer van mense na townships en skole ens, jy hoef net te kyk hoeveel militêre mense in die shopping malls gedurende die dag rondloop, belasting betalers se geld word gebruik, baie erg, daar is geen beheer meer nie

zahn ·

En daar wil die lagbare president gister in sy snyerspak pajamas wragtie weer sê die wet op wapenbeheer moet na gekyk word. Weereens word wettige eienaars na gekyk, en nie sy boeties nie. Ek het nooit geweet simpelgeit kan so hoog opstapel sonder om nie om te val nie. Belaglike vent.

Knersus D ·

@ Zahn
Presies! Daar is meer boere vermoor as wetstoepassers. En almal (volgens my) was deur ongelisensieerde “eienaars” van vuurwapens gepleeg. Belaglike vent!

Winston ·

So lyk n land in volle spoed op pad na anargie. Geen respek vir polisie mag nie want hulle vorm n deel van die mag. Dis waarom daar weereens gekyk moet word na ontwapening van minderhede. Te veel misdadigers geskiet die afgelope tyd. Grondonteiening. Zuma wil in beheer wees van alles tot by die howe. Ek hoop Maroela volg op met hierdie berig asb. Ek wil graag weet watter range toegeken word aan hierdie kaders.

Willie Brits ·

En Zuma wil ons wettige, ge-lisensieerde vuurwapens wegvat?

Michiel ·

Nou raak die kommisaris van polisie en Zuma en wie weet wie nog ontsteld as so baie polisiemanne vermoor word. Ek voel jammer vir die wat ordentlik is, hul werk reg doen en ongelukkig vermoor word, maar as mens nou weer na Carte Blanche Sondagaand gekyk het oor die Polisie van Edenvale – hoe hul mense aftrek snags, aanrand en vir NIKS toesluit, dan verbaas dit my nie as die publiek die sleg spul uithaal nie.

Christine Vd Merwe ·

Ja en dan moet ons nou die polisie vertrou, hoe doen n mens dit. Hulle misbruik die blou klere en vuurwapens wat aan hul toevertrou is. Waar gaan als eindig.

Alida ·

Edenvale debakel- waar het jy gesien die Prov Komm ag dit inmenging van die gereg as die vrou die situasie afneem en vra vir wat arresteer hul haar man en hul aanranding bevraagteken maar net afneem is nie inmenging nie. Pateties en dit vir n Genl. As dit sy siening is kan julle nou weet hoekom dit ondertoe nog erger gaan. Moord is moord maak nie saak in watter bevolkingsgroep dit gebeur nie.

Martin Lizamore ·

Hoe kan julle wonder oor wat gebeur, daar word gewerk vir bevordering. Oor ‘n jaar stem julle vir hulle, dan is hulle in die parlement. Verstaan tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.