Polisiemanne vas wat glo dwelms na SA smokkel

Foto: Verskaf.

Twee polisiebeamptes, Duo Sibusiso Silas Shabangu (41) en Macdonald Skhumbuzo Masilela (32), het Woensdag in die landdroshof in Tonga, Mpumalanga, verskyn nadat hulle na bewering sedert 2016 betrokke was by dwelmhandel en die vervoer van dwelms vanaf Swaziland na Suid-Afrika.

Die twee is Woensdag in die vroeë oggendure deur lede van die Mpumalanga Valke en die nasionale ingrypingseenheid van Pretoria vasgetrek.

Kapt. Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Shabangu en Masilela is in Jeeps Reef op aanklagte van dwelmhandel, korrupsie en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

“Dié inhegtenisnemings spruit uit ʼn ondersoek wat al in 2016 begin het,” het Sekgotodi gesê.

Volgens die Valke was die twee beamptes glo by verskeie dwelmhandel-transaksies betrokke sedert Augustus 2016 totdat hulle in hegtenis geneem is.

ʼn Ongelisensieerde jaggeweer en ammunisie is in Masilela se besit gevind. In Shabangu se huis is twee dossiere aangetref.

“Tydens die ondersoek is dit vasgestel dat die dossiere oopgemaak en ondersoek is by die Schoemansdal-polisiestasie. Die oorspronklike dossiere is in die stasie se argiewe aangetref, hoewel duplikate in sers. Shabangu se besit gevind is,” het Sekgotodi gesê.

Dié saak is na die Valke in Mpumalanga se eenheid vir ernstige misdaad verwys.

Die verdagtes is Woensdag op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Masilela se saak is tot 7 Maart uitgestel in die Tonga-landdroshof, terwyl Shabangu se saak na die Nelspruit-hof oorgeplaas is. Hy sal op 15 Maart weer verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos1 ·

MM die polisie het nie ‘n nasionale ingrypings eenheid nie, maar wel ‘n Nasionale Intervensie Eenheid of in engels National Intervention Unit. Dit is hoe hulle bekend staan. Gebruik maar gerus hulle regte naam asb. Hulle verdien ook om vermeld te word vir hulle goeie, gevaarlike, ondankbare werk.

christa ·

geen wonder jy kan die op manne vertrou of staatmaak nie. Verlang na die ou polisiemag waar jy nog met trots daardie uniform kon dra en jou lewe met hulle kon vertrou

Sarel Strydom ·

Hoekom het hulle norgtog en dan nog so lae bedrag gekry. Iemand nie hulle wrrk gedoen nie.

Tanz ·

Dit is waarom dit nooit beter sal gaan in ons land nie. Om te dink hoeveel vuurwapens het hy nie al aan skelms voorsien nie en hoeveel dwels het hy nie al versprei nie. Maar, dis lekker in Suid – Afrika. Die land van melk en heuning.

zoom zoom ·

Wat sê onse minister van polisie nou oor sy manne in blou. Nou gaan hulle op lang verlof met voordele en pay elke maand.

Ray ·

UItendelik gebeur daar iets oor die grensposte. Miskien tyd dat daar mer meer valk oe op die grensposte gekyk word

Daan ·

Dit is n skande dat polisie beamptes mekaar moet arresteer oor hulle kriminele in polisie uniform is ,elke dag bewys Presedent Trump dat hy reg is oor Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.