Polisiemanne wat rower doodskiet hoor hul lot

‘n Skermskoot uit die video wat deur die Sunday Times verkry is.

Twee voormalige Wes-Randse polisiebeamptes gaan Vrydag na verwagting gevonnis word nadat hulle byna twee jaar gelede ʼn vermeende rower in Krugersdorp op teregstellingswyse doodgeskiet het.

“Sers. Puleng Sebetwa (38) en konst. Titus Mabela (30) sal in die Suid-Gautengse hooggeregshof gevonnis word nadat hulle vroeër skuldig bevind is aan moord en aanranding,” het Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), gesê.

Sebetwa en Mabela is verlede jaar skuldig bevind dat hulle aan die einde van Oktober 2015 vir Khulekani Mpanza (32) in Harveystraat doodgeskiet het.

“Die beamptes het vals verklarings afgelê dat toe hulle Mpanza doodgeskiet het, hy op hulle geskiet het. Kringtelevisie-beeldmateriaal wat later verkry is, het egter aangedui dat die oorledene doodgeskiet is terwyl hy op die grond gelê en nie ʼn gevaar vir die polisie ingehou het nie.”

Maroela Media het vroeër berig die beamptes het hulself aan die begin van November 2015 by die Krugersdorp-polisiestasie oorgegee, nadat beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wat deur die Sunday Times verkry is, wyd op sosiale media gedeel is.

Die beeldmateriaal wys hoe Mpanza op die polisiebeamptes losbrand terwyl hy vlug van ʼn rooftoneel. Die polisie skiet terug en Mpanza word gewond en val op die grond neer.

Terwyl hy op die sypaadjie lê tussen ʼn heining en ʼn afleweringsvoertuig, stap ʼn polisiebeampte nader en skop die bloeiende Mpanza. Dan stap die konstabel wat hom glo die eerste keer geskiet het, nader. Hy praat vlugtig met sy kollega, voordat hy sy vuurwapen op Mpanza rig en hom van ʼn kort afstand af doodskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

christa ·

ek voel jammer vir die polisiemanne. Hulle is ook seker al so gatvol vir die boewe. Hoop maar hulle straf is nie te erg nie.

Drikus ·

Wie van ons kan die twee manne veroordeel? In die hitte van die oomblik, nadat daar op hulle geskiet is, sou die impulsiewe respons sekerlik gewees het om terug te skiet.

Monty ·

Die dief Kon n versteekte wapen onder hom gehad het die poliesie het reg opgetree onder omstandighede

jan_alleman ·

ek dink die polisie manne was onder erge trauma nadat daar op hulle geskiet is , hulle lewe onder verskriklike stress en hulle het net geknak , ek dink dit was n menslike fout om soveel druk te reageer soos hulle het , dit is die krimineel wat die situasie veroorsaak het en dus moet die blaam by hom le

snoefie ·

iemand met insig. stores, trauma, vrees, skok se voet. dit was koelbloedige moord! en arrogante magsmisbruik. maar wees nie bevrees hulle gaan net op die pols geklap word.

Thinus ·

Sien nie die probleem nie…hy het op hulle geskiet so hy was bereid om te moor en het heel moontlik dit in die verlede gedoen.

amelia ·

Ek is bly ek is nie die enigste een wat voel dit is nie reg nie. So word die Polisiemanne wat hul deel doen ontwapen.

Geen simpatie met misdadigers ·

Hierdie twee polisiemanne het ons teen nog n misdadiger beskerm. Dit is net jammer ons word van ons lewens beroof deur liberales wat veg vir misdadigers se regte terwyl onskuldiges vergete is. Laat liberalisme val!

marianne ·

Kom aan!!! Maggies Oscar het 5 jaar gekry vir moord op ‘n onskuldige vrou. Die SAP skiet ‘n oortreeder… gee hulle medals of honour, nie vonnisse nie.
As hulle moet gestraf word, letter of reprimand op hul leêrs en suspension with full pay.

marous ·

Hulle moes eerder gewag het dat die ambulans na twee dae opgedaag het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.