Polisiemanne wat rower glo doodskiet gee hulself oor

'n Skermskoot uit die video wat deur die Sunday Times bekom is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur die Sunday Times bekom is.

Die vier polisiebeamptes wat glo op kringtelevisie-beeldmateriaal ʼn vermeende rower in Krugersdorp koelbloedig doodgeskiet het, het Maandagoggend hulself by die Krugersdorp-polisiestasie oorgegee.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media gesê kort nadat Opod die ondersoek oorgeneem het, het die beamptes hulle gekontak en daar is ingestem dat hulle na die polisiestasie sou kom waar hulle amptelik in hegtenis geneem is. “Dit is soms beter in sulke gevalle om die beskuldigdes by die polisiestasie in hegtenis te neem eerder as by hul huise om sodoende media-aandag te vermy,” het Langa gesê.

Al vier beamptes is aangekla van moord, maar bykomende aanklagte kan hulle moontlik in die gesig staar namate die ondersoek vorder, het Langa gesê. Die polisiebeamptes sal Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Die kringtelevisie-beeldmateriaal wat deur Sunday Times bekom is en sedertdien wyd op sosiale media versprei is, toon hoe ʼn 32-jarige verdagte, Khulekani Mpanza, geskiet word en op die grond val toe hy van ʼn rooftoneel probeer vlug.

Mpanza brand op die polisiebeamptes los terwyl hy vlug. Die polisie skiet terug en Mpanza word gewond en val op die grond neer. Terwyl hy op die sypaadjie lê tussen ʼn heining en ʼn afleweringsvoertuig, stap ʼn polisiebeampte nader en skop die bloeiende Mpanza waar hy lê. Dan stap die konstabel wat hom glo die eerste keer geskiet het nader. Hy praat vlugtig met sy kollega, voordat hy sy vuurwapen op Mpanza rig en hom oënskynlik koelbloedig doodskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

petra van vuuren ·

ek verstaan dat die polisie sal terugskiet, ma om iemand koelbloedig dood te maak, terwyl hy nie in staat is om te beweeg nie, is uiters uiters ongevraagd.

Genie ·

Dink jy nie lede van die polisie raak oor gatvol nie, hulle word ook dood geskiet. Lees die artikel aandagtig. Daar was ook op hulle geskiet. Kom ons se een van hulle was dood geskiet sou jy ook so gevoel het. Daai polisieman moet n medalje kry, hy sal nie weer kan roof en moor nie.

tamboti ·

Viva Afrika, dis of skelm, of polisieman.
Hoop die geregsdienaar word beloon: goeie skut! En die ou wat die video materiaal so mildelik uitlek word volgende keer self beroof.
Sunday Times kies natuurlik die “arme” misdadiger se kant. Laat ek nie my wense vir hul weergee nie!

Annie ·

Hulle vermoor mense koelbloedig en nou wat die polisie dit doen is dit verkeerd, as hy die polisieman/ne koelbloedig vermoor het wonder wat sou mense dan gese het. Hy het gegaan om iemand te vermoor en hy sou nie stop tot hy dit gedoen het nie. Ek dink die polisie het reg opgetree.

Louis v Nieuwenhuizen ·

Die rower het op hulle geskiet en was gewapend…..nou is Saps die vark in die verhaal….absurd!!!!!

arie plaasboer ·

“If you live by the sword, you shall die by the sword”
Die “vermeende” rower was gewillig om die polisiemanne dood te skiet en sou dit seker ook gedoen het as sy wapen nie onbereikbaar uit sy hande geval het nie.

Ken ·

Nee wat, geen simpatie hier nie. Mense word daagliks afgemaai in die land deur gewapende misdadigers….. En meeste van hulle kom weg. Die wat wel gevang word sit ‘n maand of wat in die tronk, kom uit, en gaan voort met hul misdade. Hoe minder van hulle daar buite hoe beter. Well done polisie. As ek ‘n polisieman was en voorheen op geskiet was sal ek dieselfde doen. Misdadigers het geen simpatie nie, hoekom moet die polisie he…….

Lynette ·

Ek stem!!! Toe hy eerste op polisie geskiet het, het hy nie omgegee as hy n polisieman tref en doodskiet nie. Dis nie hulle skuld as hy n vrot skut is nie. Mooi so, doe zo voort!

Anoniem ·

Reik liewer medaljes uit aan die beamptes en gee hulle verhogings. Die rowers sal volgende keer twee keer dink voor misdaad beplan word.

willie ·

Ek voel niks vir n misdadiger,wat met enige wapen op mense skiet,Jammer hy so vinnig dood ,hy moet goed gelei het.Daardie polisie man is my hero

Jaco ·

Die beamptes was opgeskiet n paar sekondes voor die tyd. Hulle het ook familie wat hulle weer wil sien, neem hulle glad nie kwalik nie. Hoop hulle word nie vervolg nie, dis die mense wat ons beskerm.

GES ·

Dank die Vader dat ek nog nie in so ‘n situasie was nie. Ek sou dalk ook seker reg in eie hande geneem het. Die opmerking is eenkeer gemaak dat ‘n polisiebeampte baie keer net sekondes het om ‘n besluit te maak terwyl ‘n hof maande, selfs jare tyd het om ‘n besluit te maak. Twee foute maak nie een reg nie maar as jou lewe bedreig word verander dinge nogal drasties.

Johan ·

Het die skelm voor hy op polisie geskiet het waarskuwings skoot geskiet????? Polisie het kólegas gered dapper held!!

Skim ·

Die polisie word elke dag oor die kole gehaal omdat hulle nie n verskil kan maak aan die hoë misdaad syfers nie. Dan sien ons ook elke dag die artikels oor die korrupte polisie lede wat hul mag misbruik om ekstra geld in hul sakke te steek. Hier het ons nou beamptes wat nog bereid is om hul werk te doen en nou word hulle vir moord aangekla. Ek wonder met hoeveel sake daai “vermoorde” booswig se vuurwapen verbind sal word as dit vir balistiese toetse gestuur word. Dalk n moord of twee ook………

tan ·

Die rower het geen respek vir die wet geen respek vir lewe Maar die wet respekteer hom sy wet tot lewe sy wet tot roof en steel Die gereg en jan publiek is /
word ” cannon fodder” rowers moet fal

Johan 2 ·

As dit my video was het ek dit dadelik uitgevee..hoop die polisie manne word ondersteun deur hul bevelvoerders, ons kort sulke dapper ous. Baie polisie beamptes vermy sulke oproepe en wag vir alles om oor te gaan, die ous doen iets.

vermeende ·

Alles in die land kry mos nuwe name en die polisie sien dit nou seker as volg.
self verdedaging sien hulle as poging tot moord.
poging tot moord sien hulle as roof met ‘n vuurwapen.
moord sien hulle nou seker as misdaad voorkoming want hy sal dit nie weer doen nie maak nie saak wat hy gedoen het nie.
Die SAPD is n skande vir ons land.

spreker ·

Indien jy nog nooit so tipe misdaad beleef het of vir lewe en dood moes skiet sal ek verstaan hoekom jy so negatief teenoor die sap is.Sal graag jou liedjie wil hoor as die kaarte aan jou kant gedraai het.Kom aan wees realisties

tamboti ·

Liewe vermeende, ek hou nie van jou (by-)naam nie.
Maar jy is reg; alles in SA kry nuwe name en betekenisse. Maar die standaarde en normes het ook verander, toestande het verander en gewone onskuldige mense is nou aan die onderkant van die “voedselketting”.
So as daar nog SAP is wat optree teen die opper-predatore, ondersteun hulle of ‘shurrup’, gaan kyk Mad-Max en wees bly oor wat nog nie gevat is nie.

Jansen ·

mooi so. hul mag ons beroof, vroues verkrag, en ons vermoor en ons mag niks doen nie .

Pauline ·

Dit wat met die rower gebeur het praat ek nie goed maar ek wonder altyd of die lede van SAP genoeg berading kry nadat hul in n roof/skietery betrokke was voordat hul weer uitgestuur word om verdere diens aan gemeenskap te doen ek voel jammer vir die rower en baie jammer vir die beamptes se gesinne

sarie van heerden ·

Op die video kan gesien word hoe die rower sy vuurwapen weggooi. Agt keer het hy reeds op die polisie geskiet en nou wil die gereg die polisie van moord beskuldig omdat hul hulself verdedig het! Kyk in hierdieselfde beriggewing hoeveel onskuldige mense is nie van gister af vermoor nie. Nee, ek se as hy jou bedreig skiet om dood te skiet want lewend gaan hy more terugkom en jou vermoor.

LJ ·

Gee daai manne n Bell’s nie n sel…….. Bevorder hulle en verdubbel hulle salaris

Duppie ·

Ja nee ,geen simpatie nie. Gaan kyk bietjie die rower se record en jy sal sien hy het n lang record en 10 teen 1 is hy op borg vir n gewelds misdaad EN indien nie is hy gekeer om baie te pleeg, bye bye skelm

Elize ·

Sal net graag wil weet of die rower n wettige lisensie vir daai vuurwapen gehad
het en waar kry hy dit? EK WONDER MAAR NET!

H... ·

Wat de hel gaan aan in hierdie land??
Een oomblik mag/moet die polisie skiet en hulle self verdedig, die volgende word hulle voor die hof gebring vir MOORD!!! as hulle hulself en die publiek beskerm/verdedig!!
Nee kyk, hulle more en aand praatjies maak NOOIT MEER SIN NIE!!!

Lana ·

Ek staan ook agter die polisie… Dink net hoeveel mense se lewens is dalk gered of hoeveel verkragtings is dalk nou gespaar. As die res van die rowers/moordenaars/verkragters sien dat dit gaan gebeur sal die crimerate dalk net afneem???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.