Polisieminister besoek beroofde toeriste

Foto: P. Bakker het die foto van die toerbus aan De Telegraaf verskaf.

Fikile Mbalula, die minister van polisie, gaan Dinsdagmiddag ʼn besoek aflê by die Nederlandse toeriste, meestal bejaardes, wat Sondagoggend op ʼn toerbus beroof is.

Mbalula het Dinsdag die voorval veroordeel en gesê dit is ʼn aanval op die toerismebedryf en die ekonomie.

“Die OR Tambo-lughawe is ons nasionale sleutelpunt. Ons het al baie werk verrig om dit veilig te maak en optimaal te bedryf om vinnig en doeltreffend op veiligheidsaspekte te reageer. Nóg meer is gedoen om kriminele aktiwiteite in en om die lughawe te beveg,” het Mbalula in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê toerisme is deel van die land se ekonomiese drywers, verskaf werk en moet beskerm word. “Deel hiervan is om te verseker dat ons toeriste nie net veilig hier voel nie, maar ook is. Ek versoek ʼn swaar straf vir diegene wat hiervoor verantwoordelik is.”

Mbalula het die polisiebestuur opdrag gegee om die saak te ondersoek. Hy is die versekering gegee dat speurders saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en ander instansies werk om die verdagtes op te spoor.

Maroela Media het vroeër berig die 36 toeriste is in Johannesburg oorval kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het vir ʼn 22 dae lange toer deur die land. Die toeriste was onderweg na ʼn lodge toe die busbestuurder glo gedwing is om stil te hou deur ʼn man wat vermoedelik ʼn gemerkte polisievoertuig gery en ʼn polisie-uniform aangehad het.

Daarna het vyf verdagtes in siviele kleredrag op die bus geklim en die toeriste van hul persoonlike items asook bagasie beroof. ʼn Toeris is tydens die voorval beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Leahim ·

Alida,ons het nie meer n springbok span wat kan rugby speel nie so hoekom bekommer oor die WB?

MM ·

Wil sien of hy die mense van die plaas wat vermoor is en in die hospital is sal besoek??

Ben ·

Hoop die Duitse regering neem kennis.
Hulle was mos gretig dat die ANC aan bewind kom.
Het hulle ge “sponser” en pellie pellie met hulle gewees.
Wat nou??????

Leahim ·

Nederlanders Ben die Duitsers is nie so Frau Merkel het n fout gemaak met die immigrante nou boet sy reeds daarvoor na die laaste verkiesing.

Neil ·

Is dit nou 36 toeriste? Is daar nie vroeer berig dat dit 38 is nie?

Lynette ·

Neil daar was 38 mense op bus. 36 was toeriste, 1 toerleier en 1 busbestuurder.

SjN ·

Hoekom ook nie so vinnig reageer op plaasaanvalle en moorde nie Frikkie.

Hennnie ·

Aangesien Mbalula nou weet wat gebeur is die maklikste om ‘n trap te stel. Lei hulle in ‘n lokval en siedaar, probleem opgelos. Hoe moeilik kan dit wees?

Buitestander ·

Mens moet net die kreninele veroordeel en alles is reg.
Niks sal verder gebeur nie.

Christine ·

Ek se nog begin by die agente wat die toer gereel het en die outjie agter die stuur. Want hoe het die skelms geweet waar en wat

Eish ·

Want jy het met beroepsmisdadigers te doen wat minstens twee dekades se opleiding agter die blad het en oor n uitstekende intelligensie netwerk beskik. Hul ken die vyand ook deur en deur want sy manerismes is bekend sedert 1652.

Leahim ·

Die polisie uniform kan ek nog verstaan maar die gemerkte kar is mos duidelik die polisie of n polisie beampte was betrokke in die roof.

Jordaan ·

Die polisie was eerste op die toneel van die misdaad, so hulle kry seker prestasie bonusse.

Wat ·

Nou is dit in die minister se aangehaalde woorde in die berig ‘n misdaad teen toerisme en die ekonomie…. maar as plaasboere vermink en vermoor word en een selfoon is gevat, dan is dit roof of huisbraak of poging tot moord of iets dergeliks, dan word dit pertinent “ge-downplay” tot gewone misdaad. Klomp onderdrukkers van die minderheid, dis wat hulle is.

Walter ·

Niks travel so vinnig als slegte nuws hierdie voorval sal seker n’ negatiwe gevolg hè voor die toerisme.
Die Hollandse pensioenarisse is die groot groep met geld om te spandeer maar sal dit sekerlik nou nie meer hier kom nie.
Weer n’ bron van inkomste oor die muur.

Ada ·

Hy wil so gesig koop!
Hy weet hy kan dit nie by ons koop nie!! Ons het lankal deur hom gesien. Ek wonder of ons ook onder die tafel gaan geld gee vir die bod soos on polisievriend hierbo – van ouds – gemaak het met die sokker van 2010?

Pieter ·

Dit is skokkend. As hulle weet wat vir hulle goed is, sal hulle nie hierheen kom nie.

A. Mac ·

Die toeriste van oorsee dink seker ons lieg as ons vertel van die misdaad en moord in Suid Afrika. Nou ervaar hulle dit ook. En minister Mbalula, snaaks dat jy jou agterent nie vinnig genoeg daar kon kry om te help, maar ek kan nie onthou dat jy by een plaasmoord toneel was om iets te sê of doen nie. Hoop die hele wêreld neem nou kennis van hoe veilig (?) dit hier te lande is.

Callie ·

Seker lelik en onbedagsaam. Mag dit meer gereeld gebeur sodat die wereld die waarheid kan siem. Simpatie met hulle. Ek was al 3 keer deur gewanpende kriminele beroof. Mag die SAP begin voel wat is druk

Karma ·

Callie – ja, ons moet seker besef dat die toerisme-bedryf ‘n inkomste aan baie mense verskaf en heelwat geld inbring. MAAR …. (en dit is ‘n groot maar) in SA in mense se lewens elke liewe dag op die spel en word ons blanke boere voort die voet uitgemoor deur sg. ‘mense’ wat mie hier hoort nie. Fikile trap elke slag wanneer ‘n wrede moord, aanval of voorval soos dié gebeur, ‘n paar stof-trappies in die lug in op en skreeu hoe onregverdig en onaanvaarbaar dit is asook dat ‘sy’ SAPD ‘vir daai mense kom’. Maar nooit sien jy hom by die toneel van ‘n wrede plaasmoord of die toneel waar ‘n onskuldige kind deur “gangsta’s” geskiet is nie. En na hy nou so geraas het, gaan slaap hy maar weer voort. MNR. MBALULA – RAAK WAKKER!!!! Dit is jou EIE, EIE, EIE mense wat dié tipe misdade pleeg – of hulle nou fisies daarby betrokke is, agter die skerms werk of vuurwapens waarop beslag gelê was, aan die skollies verkoop. RAAK TOG NET WAKKER, FRIKKIE!!!!

Eugene ·

Dan wil hulle n wêreldbeker toernooi aanbied. Ha ha dink seker die buitelanders is n klomp bobejane!

Anoniem ·

Politici se woorde in die 21ste eeu is betekenisloos, bewys uit kommunikasie tegnologie van vandag. So ook die media se woorde en selfs daardie helde uit die populistiese beroepe waarna almal opkyk se woorde, betekenisloos. Aksies vertel ons soveel meer van wat werklik aangaan…

Alida ·

Ek wens dit word wereldnuus sodat JZ kan SIEN wat hier aan die gang is. Hy het seker geggigel toe hy die nuus hoor. Verstaan nie mooi waaroor die bohaai gaan nie HALLO !!!!!

Jordaan ·

Geen probleem vir hom as wit mense die slagoffers is nie.

H... ·

ai ek probeer myself elde dag oorreed dat dinge beter sal word

MAAR EK IS NOU OORTUIG, ONS BLY IN ‘N SIEK VROT LAND!!!!
Gatvol…

Mielie ·

Hierdie land verdien nie om die wb aan te bied nie gegewe misdaad en korrupsie. Hierdie aanval gaan def n impak op toerisme he. Ons is in die as…….

Peet J ·

Sou Ramaphosa slaag met sy insette om die wêreldbeker hier aan te bied dan vergeet die inwonwers van die land van al die moorde , kriminele aanvalle , verkragtings , diefstal ens. Voor die oorgawe van 1994 het presies dieselfde gebeur met die wêreldbeker rugby waaroor ek nog steeds twyfel.

Paulus N Antonio ·

Dan wil, jou nog die polisie stasies na 22:00 pm elke aand, toesliut. Hoe gaan jy tog dit regkry as jy dan nie, nou misdaad kan beheer nie.

HPV ·

Nou wat noem die agbare minister die daaglikse aanvalle op ons landburgers, nie eers te praat van vyftig landsburgers wat per dag vermoor word nie. Net in die die uur wat hy hulle toegespreek het is twee mense vermoor, talle beroof en verkrag. Het hy dit ook aan hulle oorgedra? Nee seker nie.

Alida ·

Useless verby. En dat die DA nie beswaar maak teen die onbekwame minister nie gaan my verstand te bowe. Van sport na Sapd. What a joke.

Huis toe ·

Huis toe? Ja, vanaand se nuus berig dat hulle op pad huis toe is! Soos wat byv. riool nie suksesvol bestuur kan word nie hoe de duiwel kan ‘n land bestuur word deur kabouters?

janas ·

Die toeriste moet eis dat sa hulle onkostes en verblyf betaal. Dit was immers a polisieman wat a polisie voertuig gebruik het om hul te beroof. Miskien was die ander polisie wat van diens af was? Goeie vraag???

Jordaan ·

Dit, en baie erger, is Suid_Afrikaners se daaglikse realiteit, maar vir hulle is daar geen besoeke van ministers nie!

Raymond Rich ·

Ek weet niewat vir my die grootste skok is nie, die rowers wat toeslaan op onskuldige toeriste wat n inkomste vir baie van hulle familie en vriende is of om die on nodige en swak uitlatings van die opmerkings. Daar is nie een krimminele daad wat meer of minder belangrik as nie. Die skade wat gely word asgevolg van hierdie on aanvaarbare daad, is net so groot soos al die ander misdade. Meeste mense in Suid Africa het al n soort gelyke voorval beleef en weet hoe dit voel. Hoekom toon ons geen simpatie teen oor die slagoffers en ook die mense wat werk in die tourisme bedryf nie. Mag hierdie insident n voorbeeld raak vir n land se mense om te streef na beter. Mag dit die SAPS opskerp en meer waaksaam maak teenoor allws misdrywe.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat wou die minister vir die toerieste gese het? Kom maar weer ons sal julle beskerm? hahahahahaha. Niemand glo dit meer nie.

aloys ·

die Nederlandse toeriste het hierdie oggend veilig aangekom op Schiphol Amsterdam sonder hulle persoonlike besittinge.
Daar het min gekom van die 22 dae vakansie in Suid-Afrika vanwege die kanselasie. Almal wou mos vinnig huistoe. Laat dit een les wees vir die reisorganisasies van buite africa. Suid-Africa is nie vir sissies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.