Polisieminister besoek gebied van massaskietery

Fikile Mbalula, minister van polisie (25 April 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, gaan Donderdag die gebied in die Wes-Kaap besoek waar 13 mense Maandagaand geskiet is.

Mbalula gaan om 12:00 die Elsiesrivier-polisiestasie besoek, waarna hy ook die toneel van die skietery gaan besoek.

“Die minister sal tydens sy besoek met polisiebeamptes en gemeenskapslede vergader na aanleiding van die tragiese skietery,” het Esethu Hasane, Mbalula se woordvoerder, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die skietery het Maandag omstreeks 20:45 in ʼn huis in Tiaraweg, Leonsdale, plaasgevind.

“Drie mans van onderskeidelik 50, 37 en 17 jaar oud is doodgeskiet en tien ander tussen 15 en 53 jaar is gewond. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, toe gesê.

Drie vroue en sewe mans is onder dié wat tydens die voorval gewond is.

Die Elsiesrivier-polisie ondersoek die voorval.

Rwexana het die noue band tussen die polisie en gemeenskapslede in die Wes-Kaap beklemtoon en gesê dis uiters belangrik vir die veiligheid van die gemeenskap.

Die polisie het mense met inligting oor die voorval versoek om sers. Kleinbooi by 082 302 9938 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pieter ·

Hoop van harte dat hy ook die moorde op die boere se plase gaan besoek soos hy nou aangaan sal maar sien.

cor ·

Kom ons kyk wat gaan die minister van grootpraat nou weer kwyt raak. Dade en nie net beloftes nie dit is wat die bree gemeenskap verlang. Hy gaan net weer kyk watter Tv stasie en joernaliste is teenwoordig en dan maak hy weer beloftes en dreigemente wat nie uitgevoer word nie.

Willie ·

Nee wat ou groot lawaai het sport opgeneuk, nou is die reeds lamgelede polisie se beurt…

Gogga ·

Moet regtig se ek staan apaties hierteenoor, want hulle staan apaties teenoor die boere wat in groter getalle aangeval, gemartel en vermoor word. Sort julle maar julle dinge uit . want ons word gelos om ons eie veiligheid te verseker ..

Johanna Botha ·

Ag nee wat daar was nou al regtig net teveel mense met teveel kanse ….hoeveel kanse moet mens gee .. kry iemand kundig vir n slag ASB !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.