Polisieminister gesels met ‘Total Shutdown’-organiseerders

Polisieminister Bheki Cele tydens die vergadering met die Total Shutdown-betogers (Foto: Tamaryn Africa/ANA)

Bheki Cele, die minister van polisie, het Woensdag met lede van die Total Shutdown-betoging in Bonteheuwel in Kaapstad gesels. Betogers het Dinsdag dele van die stad tot ʼn stilstand gedwing.

Die Total Shutdown-betoging fokus op die werkersklasbuurte van Kaapstad. Organiseerders voer aan daar was nie veel verandering sedert apartheid tot ʼn val gekom het nie en misdaad en geweld teister gemeenskappe.

Lede van die gemeenskap het Woensdag by die Bonteheuwel-sentrum bymekaargekom en plakkate rondgeswaai met die woorde “genoeg is genoeg”.

Verskeie ander regeringsbeamptes, insluitend Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit JP Smith en plaaslike raadslid Angus McKenzie.

Organiseerders van die betoging het egter beswaar aangeteken en gesê hulle sal nie toelaat dat hul saak en die vergadering deur ʼn politieke party oorgeneem word nie. Hulle het geëis dat Smith en McKenzie die vergadering moet verlaat. Die twee mans het aanvanklik geweier en gesê hulle is uitgenooi, maar het uiteindelik die saal verlaat.

Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit JP Smith (regs) en plaaslike raadslid Angus McKenzie (Foto: Tamaryn Africa/ANA)

Die organiseerders het gefokus op armoede, werkloosheid en ongelykheid en gesê die regering roer hierdie kwessies aan, maar het nie ʼn idee wat dit is om só te leef nie. Die groep het gesê hul kinders word deur bendes in soldate verander en daar is geen polisiestasie nie.

Abdul Karim Matthews, lid van die Wes-Kaapse Total Shutdown-groep, het gesê mense gaan vroeg werk toe en skool toe, omdat daar nie ʼn doeltreffende vervoerstelsel is nie. “En wanneer jy op pad is, dan word jy beroof en beseer. As ʼn ouma ʼn besluit moet maak hoe sy ʼn kind gaan voer, dan gaan sy natuurlik dwelms wegsteek. Dit beteken die regering en ondernemings het ons versuim.”

Volgens die groep het McKenzie na hulle verwys as “lowlifes” en “idiots”. Die groep het ook Smith daarvan beskuldig dat hy slegs die vergadering wou bywoon om te sien wie die opstokers is. “Ons is nie opstokers nie, ons is net baie kwaad,” het Matthews bygevoeg. “Ons sal ʼn gemeenskapsveiligheidsplan ontwikkel en vir die polisie sê hoe om hulle werk te doen.”

Cele het gesê die mense van die Wes-Kaap en Kaapstad besef dat om saam te werk tot ʼn beter lewe sal lei. “As ons hierop reageer, sal die lewe binnekort beter wees.” Hy het gesê hy sien nie net bendebedrywighede nie, maar ook armoede en hongersnood.

Volgens Cele sal ʼn imbizo binnekort gereël word sodat behoorlike beplanning gedoen kan word om hierdie kwessies aan te roer.

Betogers het Dinsdag paaie in Kensington, Philippi, Bonteheuwel, Ottery en Bellville versper as deel van die Total Shutdown-betoging. Agt persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld ná hulle met polisiebeamptes naby Bonteheuwel gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Mnr Cele stel mens regtig teleur. Tydens die wereldbeker was hier geen maat geen misdaad nie. Hoekom kan dit nie nou weer so wees nie.

Wim ·

As jy wil hê jou boodskap moet die regte mense in die regering bereik, dan reël jy ‘n opmars na hul persoonlike wonings toe. “Leiers” luister net as daar die moontlikheid bestaan dat hul “cages gerattle” kan word.

Misdaad & geweld ·

Sorteer die misdaad en geweld self uit dit is terloops in jul woonbuurt almal weet wie aan bendes behoort waar jy dwelms kan koop ens ens volhard as iets in my straat verkeerd is spreek ek dit aan ons los dit op waar n wil is is n weg

Wie sé ·

Family planning is KEY to a Better Future…. The more Children you have The Much More will be your Financial Obligations!!

Wie sé ·

“Every society gets the kind of criminal it deserves. What is equally true is that every community gets the kind of law enforcement it insist on.”
(Robert F. Kennedy)

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Mafia ·

Die polisie is nie opgewasse vir die taak nie want hulle is deel van orginized crime.cele val heeltemal uit die bus uit.hy is ook nie opgewasse nie. Ek het geen respek vir hom nie.lyk vir my heeltemal te veel na n mafia ou.

Karolis ·

Dieselfdes wat nou bohaai maak, het mos gestem vir die verswakte misdaad wat in omgang is. Dit het beter gegaan met almal toe wet en orde nog beheerd was.

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

PJC ·

Dit is verstommend dat die polisie in hierdie geval so hardhandig optree want daar was nie gewêld en brande en plundering soos op vele ander plekke nie.

Watch out ·

Aan karolis en marous die wiel draai more kom klip misdaad aan jou deur en dan wat? Omdat julle onkundig en verkraamp is lewer julle die komentaar. Wees gewaarsku misdaad diskrimineer nie vandag is dit die noodkrete van mense op die kaap se vlakte. En wie weet waar steek misdaad more sy kop uit. Wees versigtig voor jy mense oordeel wat vir vrede moet bakleI.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.