Polisieminister het geen slapelose nagte oor misdaad

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die adjunkminister van polisie het Dinsdag gesê sy het nie slapelose nagte oor die hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika nie, want sy weet die polisie hanteer dit.

“Ek slaap baie lekker in antwoord op die vraag of ons slapelose nagte het,” het adjunkminister Maggie Sotyu aan verslaggewers in Pretoria gesê ná die Vrouenetwerk en Manne vir Verandering-program van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekend gestel is.

“Ek het nie slapelose nagte nie, want ek weet ek het manne en vroue in blou wat opgelei is om dit te hanteer. Die program waaroor ek gepraat het, dat ons probeer om die polisie meer professioneel te maak, sluit alles in. Ons het selfs ons kurrikulum verander by die opleidingskolleges om elemente soos menseregte in te sluit. Ons slaap wel, ons lê nie in die nagte wakker nie.”

Sotyu het gesê wat Suid-Afrikaanse gemeenskappe se gebrek aan vertroue in die polisie betref, hanteer die owerhede die saak. Sy het gesê twee taakspanne sal die besware aanroer ná aanbevelings van ʼn Kommisie van Ondersoek onder leiding van afgetrede regter Ian Farlam.

“Daar sal ʼn tweede taakspan wees wat transformasie hanteer. Dit is waar baie van die werk sal gebeur om die polisie meer professioneel te maak. Sodra ons individuele polisiebeamptes hanteer het, hulle gedrag en hoe hulle moet optree ensovoorts, dink ek sal die atmosfeer tussen hulle en die gemeenskappe baie beter wees.”

Sy het gesê “van nou af, binne die volgende drie jaar, sal ons ʼn verskil sien in die verhouding tussen ons en die lede van die gemeenskap”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

jaco ·

As ek die ANC se minister van polisie was, sou ek ook nie omgegee het oor die hoë misdaad nie. Ek sou bloot gedink het “nou doen die criminals die werk wat ons moes doen en kry hulle met misdaad die wit mense terug vir apartheid”.

Drieks ·

Sé nou dit word waar en ons almal kan so lekker slaap soos sy.

Paul ·

Sy slaap “wel ” en lekker want sy weet sy word deur ‘n magdom wagte opgepas ooral waar sy gaan en al die sekuriteits maatreels wat deur die belastingbetaler gefinansier word. Verder lees sy nie koerante nie en hou sy haar nie op datum met nuusgebeure nie. Jy is siek man

Poeni ·

dis van al die lekker slaap dat die misdaad en plaas moorde so hoog is.

Done ·

Tipies ANC redenasie… Se een ding maar die feite (misdaad stats) wys heeltemal anders.

Karma ·

@Done – en dan moet jy weet dat die misdaad-statistiek aangepas is om by te dra tot “the good story South Africa have to tell” en buiten dít, is dit nog verduiwels verouderd ook! Ja, missus Maggie Sot (yu), as adjunk-minister van Polisie sal ek ook rustig slaap … want sy bly in ‘n huis van etlike miljoene rande, het 24/7 sekuriteit en persoonlike beskerming (wat deur die belastingbetaler gefinansier word). Sy bly nie in ‘n krotbuurt, in ‘n twee-vertrek “shack” wat deur ‘n hoenderhaan omgepoep kan word nie; sy kry nie snags bibberend koud nie of smelt bedags van die hitte in haar twee-vertrek hout-en-sink “shack” nie; sy hoef nie van R1500.00 per maand (bejaardes se SASSA toelaag) te leef nie. Ja missus Maggie Sot (yu) – dit gaan goed, baie goed in SA!

Lance ·

Dit se alles ….nog n dom uitlating van n onkundige …slaap seker net so lekker om te dink 26 000 kinders in Limpopo se skole is gebrand deur hulle ouers self …waar is jou manne en vrou in blou en waar is jy minister ????….hoe bou mens n land met mense wat so n uitkyk het …..

Lance ·

Dit se alles ….nog n dom uitlating van n onkundige …slaap seker net so lekker om te dink 26 000 kinders in Limpopo se skole is gebrand deur hulle ouers self …waar is jou manne en vrou in blou en waar is jy minister ????….hoe bou mens n land met mense wat so n uitkyk het ……

Floors ·

Is ons regering op drugs of iets? Of wat is fout met die mense? Wil hul nie he SA moet werk nie…deesdae se polisie is dan die grootste sonnebokke en hoeveel het krimenele rekords?

Kosie ·

Sy het nog nie familie verloor met rooftogte of plaasaanvalle nie, dit is hoekom sy so rustig kan slaap en nie bekommerd is nie. Wens ons kon so rustig slaap.

Ouman ·

Liewe wereld wat rook die vrou. Kriminele roei ons gewone mense uit in alle opsigte terwyl baie misdadigers skuil agter hulle blou uniforms. Ons spandeer miljoene jaarliks vir privaat sekuriteitsdienste en lewe steeds in vrees. Die vrou is duidelik verward en totaal uit voeling met wat aangaan. Ek dink domastrant is om dit sagkens te stel. Sy vertrou die polisie en dit maak my eers bekommerd want miljoene ander inwoners wantrou SAPS. Dalk kom sy van ‘n ander planeet af.

ou tannie ·

Miskien moet die vrou ook haar naam op die lysie plaas van mense wat mars wil bevolk.

Wat-ek-lees ·

Dalk moet elke polisiestasie net ‘n steekproef doen in sy gebied oor die mening van die publiek aangaande die polisie deur ‘n paar vrae te beantwoord.

Xa ·

Ongelukkig weet die nuwe regering en polisie gladnie wat n steekproef is nie en sal dit nie kan verstaan nie, selfs al teken ons prentjies.

Jana ·

Geen wonder sy slasp lekker nie want more lees sy nog van n plaasmoord want dan is daar net nog n boer weg en wie se grond vir agtergeblewenisse gegee jan word.

Andre K ·

Ag nee mense……die vrou volg net haar leier se voorbeeld………as hulle hulle monde oopmaak sit hulle hul voete daarin.

natasha ·

As sy so vol selfvertoue is dan stel ek voor sy slaap met oop deure, geen alarms, diefwering en polisie beskerming nie. Dan praat ons weer.

christine ·

Ai Min die polisie is soos aartappels al die goeies in nog onder die grond. Al die wat jy van praat le op slaapterapie in die inrigtings rond. Maar jyt nie slaaplose nagte nie jy slaap in jou loop. Anders tye is jy op die lunch.

Chrissie ·

My liewe minister van polisie. Ek glo wel jy slaap baie lekker elke nag, want jul voel ‘n veer vir die veiligheid van die publiek. Miskien moet jy liewers in die nag wakker le en dink aan ‘n beter keurings proses oor hoe om al die kriminele uit die polisie mag uit te hou en hoe om meer eerlike en betroubare manne en vroue in te kry. Ek kan nie wag om te sien hoe professioneel ons polisie mag nou gaan wees met hul 8 maande opleiding nie. Sterkte vir jou, maar ek glo nie dat daar dieselfde vertroue van die publiek se kant af gaan wees in die polisie nie, die skade wat jou manne en vroue in hul blou gerig het het al klaar te ver gegaan.

m ·

Natuurlik sal hierdie mense lekker slaap, hulle het veiligheidswagte wat hulle oppas. Ons gewone mense op straat moet maar ons eie “battles fight” met die hoe misdaad. Soos hulle se daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie!!!!

Futi ·

Natuurlik slaap sy lekker want sy het nie n benul wat aangaan nie. Ignorance is bliss!

Irah ·

Mmmmm… OK. So daar is hoe vlakke misdaad maar die polisie doen hulle werk. Dit beteken sekerlik dat die misdaadsyfer dan laag moet wees – of verstaan die res van ons net nie hoe dit werk nie?

Die logika en redenasie gaan my verstand te bowe.

neelsie ·

Anargie .geweld, korrupsie en …en ….is deel van ons lewe vandag.
Dit is onder beheer van bose magte wat op die agtergrond mense negatief beinvloed.
Die hele land word deur hulle “beheer”.
Ons het ons opdrag verontagsaam .
Ons leiers dink alles is “O K” .
Dit is ook besig om hulle vinnig in te haal!

Sêmaarnet ·

Ag siestog die ding het geen idee wat in die regte lewe aangaan nie. Sy lewe duidelik in ‘n ander wêreld as ons. Meeste van die polisie is vrek sleg, vreet en slaap by die werk, reageer nie op oproepe van nood nie of daar is nie’ n voertuig beskikbaar nie. Of is ek onnosel?

DAAN ·

Ja, hulle werk lekker, eet lekker, bly lekker en ry lekker met hulle spoggerige motors en slaap lekker terwyl hulle huise op gepas word, viva

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.