Polisieminister nooi wit jeug om aan te sluit

Polisieminister Fikile Mbalula tydens die uitpasseringsparade (Vrydag, 22 Desember 2017) Foto: ANA

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Vrydag tydens die uitpasseringsparade van meer as 3 000 polisiebeamptes gesê die Suid-Afrikaanse regering wil hê meer wit burgers moet by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aansluit.

“Die kwessie dat die wit jeug [nie by die polisiediens aansluit nie] is kommerwekkend, want ek dink ons kan beter doen wat getalle betref. Dit sal op ons radar wees, om meer beamptes aan te stel. Ek het die punt gemaak dat hulle na vore moet kom om in ʼn demokratiese Suid-Afrika te dien,” het Mbalula by die polisie-akademie, wes van Pretoria, gesê.

Die polisiediens het landswyd verskeie uitpasseringsparades by verskillende polisieopleidingsakademies vir die meer as 3 000 nuut opgeleide polisiebeamptes gehou. Die jong mans en vroue het hul basiese opleiding voltooi. Die uitpasseringsparades is gehou in Pretoria, by die Bhisho-akademie in die Oos-Kaap en Bishop Lavis in die Wes-Kaap.

Die beamptes wat Vrydag aan die parade deelgeneem het, is die tweede inname wat gradueer uit die hersiene Basiese Polisieopleidingsprogram wat in 2016 ingestel is.

Die hersiene program sluit ook ʼn induksiefase van een maand in, wat ten doel het om die beamptes vertroud te maak met die omgewing van ʼn polisiestasie en die algehele basiese aktiwiteite van die gemeenskapsdienssentra.

Die beamptes sluit ná hierdie fase vir agt maande aan by een van die polisieopleidingsakademies waar hulle as polisiebeamptes opgelei word. Die opleiding is ʼn kombinasie van teorie en praktyk.

Sodra hulle die opleiding afgehandel het, word hulle as konstabels ontplooi na verskeie polisiestasies landswyd en hulle voltooi dan ʼn proeftydperk van een jaar, wat as ʼn in-diens-opleidingsprogram beskou word.

Altesaam 3 499 nuut opgeleide polisiebeamptes, insluitend 935 vroulike beamptes, is betyds voor die feesseisoen ontplooi.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het Vrydag die nuwe beamptes gelukgewens en hulle aangemoedig om hul vaardighede en kennis aan te wend by die verskeie polisiestasies landswyd. “Lede, julle gaan voordurend moet bly leer en aanwend wat julle geleer is, om jul polisiëringsvaardighede te verbeter. As ʼn polisiebeampte moet jou fokus altyd die burgers van hierdie land wees, die mense wat jy moet dien en beskerm. Gebruik hierdie mag met ʼn sin van verantwoordelikheid, en wees altyd eties in dit wat jy doen. Behandel almal met respek. Respek en nederigheid sal jou op die regte pad hou, selfs wanneer misdadigers jou probeer omkoop. Leef en werk só dat jou kollegas en die gemeenskap jou sal respekteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hennie ·

Regtig? Word n konstabel en tree af as n konstabel! Ons het meer vertand as dit!

NetSo ·

Ook die eerste gedagte deur my kop…net goed genoeg om ALMAL se werk vir hulle te doen, maar nooit bevordering te kry nie. Hulle hele millitêre (polisie?)dinges.

Oom Piet ·

Wat is die bevorderings moontlikhede vir die wit polisieman as hy aansluit.

Bricks de Plooy ·

NIKS. Daar is gereeld hofsake teen hulle as gevolg van juis dit.

jan_alleman ·

n blanke wat deesdae by die polisie aansluit moet sy kop laat lees

Nossod ·

Sodat hulle al die werk kan doen sonder kans op bevordering? Prober weer.

m.d.r ·

‘n Demokratiese Suid Afrika seg die minister ? Ek het nog nooit van ‘n Demokrasie gehoor wat op minderheids onderdrukking berus nie—want dit is wat Regstellende Aksie is, meneer. Selfs in die Groot Demokrasie , die VSA, word MINDERHEDE bevoordeel onder die naam Regstellende Aksie…..nie die Meerderheid soos in SA nie.

Probeer maar weer meneer die Minister……!

Tersia ·

Minister Fikile julle het die wittes weggewerk? Ons voel nie meer welkom nie .

Nienie ·

Absoluut net so. Hoekom nou? Die SAPD het sy g#t gesien. Nou moet d wittes weer d stukke kom optel.

Johan. H. ·

hahhahahahahbahbbbaahhh. Dink ons wittes is idiote, Ons was goed genoeg om uitgeskop te word,,Julle het n lat gepluk omdat julle dink julle is slim,, Kry vir julle..

Leeutjie ·

Mense dis n pluspunt om uit te reik na wit kinders toe. Daar is duisende wat sonder werk gaan sit. Liewer n halwe eier as n lee dop en blankes kan n verskil maak. Hulle kan waardevol wees vir ons samelewing. Ek voel regtig gemaklik met dit. Ons jongmense kan die trots in die polisie terugbring!

Lappies ·

Julle is sooooo in die kol. Blankes moet werk sodat die res agteroor kan sit en bevorder word ! En kan staak ….. Jy sal die blaam dra vir als en geen erkenning kry vir iets nie. Ek was daar , ek weet. As jy onnosel en geen verstand het nie sluit gerus aan. Moenie dat ek jou n dwaas noem nie , jy sal dit self nog doen ! Ek terug gaan ! Nie eers vir vyf maal vir my salaris wat ek kry nou nie ( en nou is my salaris en omstandighede soveel beter) en nie eers vergelykbaar nie ! Word eers n reservis as jy onnosel genoeg is ……

hendrik ·

Fikile, gaan lees jou anc “charter” Julle het mos regstellende aksie ingestel.

Kat ·

Sorry ou hou maar verby.waarom die skielike uitnodiging? Is dit omdat die swart polisie beamptes nie die blankes bystaan nie? Moet wit vir wit help en swart vir swart of is dit net omdat julle so hopeloos is?

Johanna Botha ·

Ag nee wat die SAPD is n gemors vol skelms en geen bevordering …hou maar jou ”job”

Henk ·

Wees gewaarborg, jy sal GEEN bevorderings geleenthede he nie. Selfs al is jy die mees geskikte kandidaat met die beste kwalifikasies.

Lukie Carelsen ·

Wat ‘n sirkus!

Het julle gesien hoe hulle masjeer? Die een ou heel voor het soos ‘n clown sy lyf rondgeswaai. Nog nooit so iets gesien nie!

Dan wil hulle he ons wittes moet deel wees van die sirkus? Vergeet dit!

Rihanna ·

Gee bevordering aan ons ou wit polisie manne wat al 30 jr op die rang van sersant of adjudant offisier is!!!

Adam ·

Die kommentaar is verstommend, alhoewel verstaanbaar. Die Afrikaner het hom aan sy skoenveters opgetrek in die dae van die sg “Armblankes”. Vandag se Afrikaners is oenskynlik tevrede om werkloos te wees. Interessant!!!

Leeutjie ·

Absoluut Adam. Sit liewer sonder werk…cut your nose to spite your face!

Petertjie Piet ·

Daar het baie blankes aansoek gedoen, hulle “druip” hulle psigometriese toetse. Hoe verstaan jy dit agbare minister.

Chris ·

Nou hoe dan nou? Te min wit Polisie? Is dit dan nie die mikpunt gewees die afgelope jare nie? Doelwit bereik Min Mbalula! Klop jouself op die skouer! Jou bemagtigingsvlak bereik!

Chris Ws ·

Die polisie het van die blanke polisiemanne ontslae geraak en hul geloofwaardigheid is nadese erg geknou.Ek vertrou ‘n polisiebeampte lankal nie meer nie en dis heeltemal in teenstelling met hoe dit was voor 1994.Gelukkig het ons kinders werk.

Anoniem ·

My seun het by die weermag aangesluit en het gou uitgevind dat die witman nie welkom is nie.

Sandra ·

Wha-ha-ha. Ek weet van ‘n hele paar wit outjies wat nou in die middel van die jaar aansoek gedoen het en dit nie gemaak het nie. Dis ‘n klug.

Anoniem ·

Ja Sandra dit is uintlik nie n grap nie en sal nie lag daaroor nie. Hy het dit gmaak maar die behandeling was glad nie goed nie. En ons jong kinders sukkel om werksgeleenthede te kry maar om daaroor te wha-ha-ha is ongevoelig. Hoop maar ander sal jou beter behandel

John ·

As hulle weer wil ‘Marikana’ sal wit polisiemanne hulle seker heel goed te pas kom… Die doodstraf sal dan ook summier heringestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.