Polisieminister op toneel van N3-betoging

ʼn Gewelddadige betoging by die Mooirivier-tolplaza op die N3 (2 April 2018). Foto: Twitter

Die gewelddadige betoging, wat daartoe gelei het dat die N3 Maandagoggend tydens een van die besigste naweke van die jaar gedeeltelik gesluit is, is in bedwang gebring.

Duisende motoriste wat terugkeer huis toe ná die langnaweek se reise is vertraag nadat ʼn betoging vanoggend by die Mooirivier-tolplaza opgevlam het. Die protesoptrede is glo deur vragmotorbestuurders uitgevoer weens ontevredenheid oor lone.

ʼn Gewelddadige betoging by die Mooirivier-tolplaza op die N3 (2 April 2018). Foto: Twitter

Na wat verneem word, het inwoners van ʼn nabygeleë nedersetting die vragmotors tydens die betoging begin plunder en brand. Die vragmotorbestuurders se betoging het omstreeks 05:00 begin en gaandeweg meer gewelddadig geraak.

Die N3 in noordelike en suidelike rigting, die R103 en die R62 is deur betogers afgesper en was ure lank heeltemal ontoeganklik vir padgebruikers.

Bheki Cele, minister van polisie, was in KwaZulu-Natal vir die Paasnaweek en het hom na die toneel gehaas nadat hy bewus geword het van die situasie.

ʼn Gewelddadige betoging by die Mooirivier-tolplaza op die N3 (2 April 2018). Foto: Twitter

Nonkululeko Phokane, Cele se woordvoerder, het gesê die KwaZulu-Natalse polisiebestuur het Cele na die toneel vergesel. “ʼn Gesamentlike operasiekomitee is op die been gebring en die minister is tans in daardie vergadering,” het Phokane gesê. “Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is in die gebied ontplooi en kon daarin slaag om die paaie weer oop te maak vir verkeer.”

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die N3 is net ná 11:00 weer oopgestel, maar kon nie bevestig of enigiemand in hegtenis geneem is nie.

Mxolisi Kaunda, die provinsiale LUR vir vervoer, het gesê dit is belangrik om te verseker dat die betogende vragmotorbestuurders met die relevante belanghebbendes oor hul besware vergader om te verhoed dat die ontwrigting die ekonomie skade berokken.

Die Mooirivier-N3-tolplaza is een van die besigste tolhekke in die land met die N3 wat Durban en Johannesburg verbind. Volgens die N3-tolkonsessie het daar vandag tussen 11:00 en 12:00 altesaam 1 255 voertuie in ʼn noordelike rigting deur die tolplaza en 650 voertuie in ʼn suidelike rigting beweeg.

By die Tugela-tolplaza is 1 890 voertuie binne ʼn uur in ʼn noordelike rigting deur die tolhek en 470 voertuie in ʼn suidelike rigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Avra ·

En wie moet hierdie kostes dra? Gelukkig ook die betogers en plundelaars wat produkte se pryse sal verseker styg.

Ook ontevrede ·

Ek is ook ontevrede oor baie dinge in die land, maar ek plunder en brand niks af nie. Hierdie is blote terrorisme…niks anders. Waarom is daar nie beter opgetree deur die polisie om dit stop te sit?

GES ·

Die betoging ivm dienslewering word maar net gebruik om kriminele aktiwiteit te regverdig. Dit is niks anders as roof, plunder en brandstigting. Hierdie dade is barbaars en getuig van ʼn baie swak opvoeding en lae beskawingspeil. Dit is jammer maar dit is wat dit is.

Francois Retief ·

Lord in this country You know the real issues, we as so called White people need to come and kneel before You. We have forsaken our calling, and You are holding us responsible for this.
Never ever have You said we must be in charge, because if we really serve You Lord, You are always in charge.
We as so called people need You more than any other so called colour people in this country, because WE have lost our way!
We are negative, we are judgemental, we are full of excuses, some of our brothers and sisters have run away to other countries, because we refuse to come before You Lord and confess we have lost our way.
Lord Jesus, You promise in Your Word, that You will forgive us, and heal our LAND when we come before YOU, turn from our wicked ways and follow YOU!
Open the heart of every brother and sister who read this, understand this and start to REALLY follow You Lord, no matter the past! This is the day the Lord has made! We are celebrating Your rising from death, we now need to show this in God’s country by rising truly from the shed and death of apartheid, for there is NO excuse ever that YOU will accept for the ill treatment of Your children.

PJC ·

Die publiek se reg om hierdie pad te gebruik behoort ten alle koste deur die polisie beskerm te word. Die minister onderhandel nou met die misdadigers wat volgens my al hul regte verloor het die oomblik toe hulle die publiek se regte geskend het.

Francois Retief ·

So called white people are responsible for this.

Of course we are? If we really serve Lord Jesus, and everyone in this country can see and experience His love through us, who will turn to acts like this?
In His Kingdom there is no place for anarchy?
Are we not here to establish His Kingdom?

koos ·

Dan woder sekere mense hoekom ons land as “un civilised” geklasifiseer word.

Gerrit ·

Weereens is die publiek gefaal deur die useless polisie hoekom is hulle toegelaat om die pad te blokeer en hoekom is die kriminele toegelaat om die vragmotors te roof , wat het die polisie dan daar gemaak en wat wil die minister nou daar maak die skade is gedoen , mense se vryheid is ontneem wat tol betaal het om daar te ry.Ek daag nou enige persoon wat vir my wil vertel sa het polisie om vir ons te sê waar hulle is en wat hulle doen om hulle salaris te regverdig

AWvdM ·

Maroela kan julle probeer bevestig….

Henry Moore > ‎DURBAN CRIME N ALL
THE ALLEGED TRUTH BEHIND THE MOOI RIVER “PROTESTS”:
Okay, here’s the thing. According to another source ( anonymity on the cards), it is alleged that a truck carrying liquor broke down and a group of people decided to loot that truck. It is further alleged that other truckers came to the liquor trucker’s aid and that’s when all hell broke loose and the crowd that gathered became violent and allegedly started burning trucks.
The “protest”, it is alleged, is just a smokescreen to cover up the criminality behind if all.
Just now · DURBAN CRIME N ALL

Manie Strydom ·

Die onbevoegdheid van die top range tot die geen range van die klomp wat hulself polisie noem het weer geskitter langs die N3 vandag.Die voordvoerder is nie eers seker wat daar gebeur het nie …PATETIES VERBY???????

Ansa ·

Die police het seker saam geroof aan spar se eiendom , nou wil die minister weet waar is sy deel.

Netso ·

Baie dankie! Ek gaan nie jou naam herhaal nie want ek’s te wit en my kinders te klein vir my om in die tronk vir 2 jaar te sit! U skrywe mooi en moet nou vir my ñ droë broek loep aantrêk!

Pieter ·

Dit het hulle ses uur geneem om die pad oop te maak, gee my net n troepedraer met tien OU soldate dan maak ek dit binne n halfuur oop.

tom ·

Kom ons wees maar eerlik met mekaar SA is in die afgrond so die blankes se dae in hierdie land is getel

Blue Butterfly ·

Tom ek stem saam. Wat my VERSTOM is dat ons blankes rustig sit met die houding van “nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer” – kom ons kyk rugby en krieket en laat die braaivleis vure hoog staan – dit gaan nog ons ondergang beteken en die skrif is teen die muur. Word wakker mense!!!

piper ·

stuur dit na lindiwe sisulu asook van die vrou wat langs die pad doodgeskiet is rm aamval op britse tv span

Piet ·

Tom ek weet nie of ek dit wat jy se net gelate gaan aanvaar nie, mens is tog geneig om te veg vir oorlewing. Ek dink dit is van kardinale belang dat die ware gebeure die wereld in vertel moet word, want dit sal ons kan help al is dit net om vlugteling status te kry. Ek het nog nooit van MM gehoor waarom hulle so baie kommentaar delete nie. Vryheid van spraak is een van die belangrikste punte om af te takel voor en menseslagting of iets dergliks kan plaasvind.

Gert ·

Ek stem daar is nog n paar van ons oor wat nie net gaan oorgee en weghardloop nie

Sarel swartbrand ·

Die kriminele raak al hoe meer arrogant , net n kwessie van tyd dan begin hulle die sogenaamde polisie se stasies afbrand sal nogal wil sien hoe hardloop die oorgewig klomp weg.

AJ ·

No legitimate protest!

JUST COMMON CRIMINALITY!

It’s plain looting, harassment, sabotage and terrorism!

The ‘protest’ is much more inhumane (illegitimate) than the ‘perceived injustice’!

In any free society similar acts will be contained by the National Army in order to protect citizens against anarchy and savagery!

The right to protest as enshrined in the SA Constitution doesn’t provide for anarchy and savagery as is evident in this case!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.