Polisieminister vergader met AgriSA oor landelike veiligheid

Fikile Mbalula, minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het met die leierskap van AgriSA, wat 28 000 boere en 1 000 boereverenigings verteenwoordig, vergader. Die doel van die vergadering was om die Nasionale Plaaslikeveiligheidstrategie te bespreek wat handelsboeregemeenskappe insluit.

Die vergadering het ook ten doel gehad om raakpunte te bespreek waar boere en plaaswerkers met die polisie kan saamwerk om plaasmoorde hok te slaan en mishandeling van werkers te voorkom. Die belangrikheid van landbou in voedselsekuriteit en die algehele bydrae tot die land se ekonomie, is ook bespreek.

Mbalula het ook gewys op die belangrikheid dat handelsboere gedokumenteerde uitlanders in diens moet neem, aangesien dit moeilik is om ongedokumenteerde immigrante op te spoor indien hulle ʼn misdaad gepleeg het.

“Landbou is noodsaaklik en baie belangrik vir ons land. Dit is ons plig as die polisie om ons mense te beskerm,” het Mbalula gesê. “Die meerderheid van boere is harde werkers wat voedselsekerheid in die land verseker. Daar is ʼn paar vrot appels wat dalk rassisties is, maar nie alle boere is rassisties nie. Goeie boere dra positief by tot die ekonomiese groei van ons land. Rassiste moet uitgeken word, geïsoleer word en die wet moet hulle hanteer.”

Daar is tydens die vergadering ooreengekom dat ʼn plan van aksie binne twee weke ontwikkel moet word en ʼn taakspan moet aangestel word om die betrokke aksieplan te implementeer. Die plan moet ʼn toename in polisie-sigbaarheid en toegang tot polisie vir boere en plaaswerkers insluit. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het homself ook daartoe verbind om die benadering te verskerp wat landelike veiligheid betref en boere moet deel vorm van daardie benadering.

“Ons het 1 181 polisiereserviste aangestel wat opleiding moet ondergaan en oor die landelike gebiede heen ontplooi moet word,” het lt.genl. Masiya bygevoeg. “Reserviste is ʼn groot mag in ons strategie. Deel van die implementering is ʼn samewerkende ooreenkoms met AgriSA.”

Mbalula het dit benadruk dat tyd nie gemors moet word nie. “Ons het ʼn plan van aksie nodig. Volgende keer wat ons vergader moet ons duidelike teikens hê. Ons het nie tyd om te vergader en net te gesels nie, ons het ʼn plan nodig wat deur optrede gevolg moet word. Ons moet nou meer as woorde doen,” het hy aan die vergadering gesê.

ʼn Memorandum van verstandhouding sal onderteken word oor die aksieplan as ʼn uiteensetting hoe die vennootskap sal werk.

Omri van Zyl, uitvoerende hoof van AgriSA, het die belang van die memorandum en die vennootskap met die polisie beklemtoon. “Ons is bemoedig deur die minister se toewyding om landelike misdaad te beveg. Ons werk as boere is om kos te verskaf en ʼn bydrae te lewer tot ekonomiese groei. Ons moet dus ʼn gunstige omgewing hê waar ons in die ekonomie kan belê. Ons het ʼn veiliger Suid-Afrika vir almal nodig,” het Van Zyl gesê.

Mbalula sal volgende met die vereniging vir swart boere, die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), vergader om nog verder die stryd teen misdaad op plase en in landelike gebiede aan te spreek. Die minister het gewys op die belangrikheid dat alle belanghebbendes moet saamwerk om die misdaad in landelike gebiede op te los.

“Ons moet met almal vergader wat ʼn oplossing het om die misdaad te beveg. Ek sal met al die belanghebbendes vergader en ons moet mekaar se hande vat om misdaad te bekamp op plase en in landelike gebiede,” het Mbalula bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Driek. ·

Sien daar sal met alle belanghebbendes vergader word. Gaan daar met TLU ook vergader word?

Wouter ·

Groot woorde Fekile maar dit dra ongelukkig nie water nie. Jy en almal voor jou het die beloftes al gemaak. En daar het dadels van gekom. Jou regering saam met die gespuis wat julle beheer sit agter die meeste plaas aanvalle want julle soek ons grond. As jy die R 10 mil terug betaal wat jy vir omkoopgeld gesteel het terug betaal sal ek jou weer glo.

Ada ·

En op dieselfde dag word daar nog ‘n boer vermoor. Fekile beteken niks. Hy praat net maar doen niks. Nee wat geen geloofwaardigheid in hom nie.

vierkleur ·

en intussen gaan die plaasmoorde voort. Gisteraand weer n plaasaanval in Ellisras gewees,
waar n persoon dood is en een erstig gewond is.

Hy op praat en bring die komando terug

Gatvol ·

En so saam met al die lee beloftes, groet ons nog ‘n boer en sy vrou laasnag in Ellisras. So gatvol vir hierdie regering met hul beloftes wat nie 1c waarde dra nie. Fekile sien is glo!!

Martie ·

Gaan die 1181 polisiereserviste iets beteken of gaan hulle net lakeie in die hande van die ANC wees?…

Werner ·

Agri SA het nog nooit iets beteken vir lande like veiligheid nie en die minister ook nie so hierdie is maar net om wol oor ons oe te trek

Riaan ·

Dit is benoemenswaardig, maar ook net weer groot woorde. Ons sal maar moet sien of dit werklik uitgevoer gaan word. En regtig, 1100 reserviste vir 28 000 boere?

Johann Marx ·

Maar daar WAS dan ‘n plan in plek wat 100% gewerk het……voor 1990. Dit was “Kommando” genoem. Gereelde kampe is gehou, gereelde skietoefeninge is gehou, elke weerbare boer was uitgereik met ‘n R1 en vol magasyne wat gereeld inspeksie moes deurstaan, Boere en hulle seuns was paraat, opgelei en daar was georganiseerde kommunikasie. Hoekom is daardie “plan” vernietig?

Johannes ·

Wat keer ons om ons eie privaat kommandos weer op die been te bring?

Johannes ·

Moenie worry nie manne, plaasaanvalle was geprioritiseer as misdaad so jaar of wat terug. Ek is seker die ANC regering en hulle polisie mag gaan binnekort iets doen….

Schalk van der Merwe ·

En wat, Fikile , het landelike veiligheid met rassisme te doen. Die reserviste is dan sekerlik geoormerk om die rassistiese boere uit te snuffel. Hoekom is reserviste nie aangestel toe die transito rooftgte Gauteng lam gele het nie? Nee , ordentlike Polisie werk deur opgeleide speurders het die deurslag gegee. Totdat hulle te suksesvol was – nou is daardie speurders in die privaatsektor. Wat gaan reserviste regkry wat profesionele polisiemanne nie kan doen nie.
1000 boere verenigings vir 28 000 boere – so elke 28 boere het hulle eie vereniging??? Dis tyd om saam te staan teen ‘n gemeenskaplike vyand. Niemand anders gaan dit namens ons doen nie

Tiger ·

Net weer woorde in die wind van ‘n windsak af.Ons plaaslike polisie stasie het minder as ‘n kwart van die voertuie en mannekrag wat nodig is om ons gebied effektief te patrolleer.Dit kom nou al van 5 jaar terug toe die GPF hier op die been gebring is!Alle versoeke van die sektor leiers in die SAP hier het tot nou toe net mooi NIKS opgelewer nie.Die Generaal van die’ gebied daag nie eers op wanneer ‘n vergadering ‘n maand of wat vooruit met hom gereel word nie en het tot gevolg dat ‘n saal vol mense warm onder die kraag na ‘n uur van wag huiswaarts keer.Nee wat,die minister is net bek.

Chris Ws ·

Sien is glo.Praat is maklik.Wag al 5 jaar dat iets daadwerkliks in ons GPF sektor moet plaasvind.Oor 5 jaar sal ons nog steeds wag.

Chris Ws ·

“Doen iets” ek het gesorg dat ek ten minste ‘n midband radio het en doen tans oggend en aand radio roepe in ons sektor.Wat doen jy?

Boet Fasie ·

Ek hoop regtig nie die 1181 polisie reserviste word ook bewapen met onwettige vuurwapens en Ak 47 gewere nie soos die lyfwagte nie

Popcorn ·

Hoekom nou eers? Die parlementariers sit en lag vir’ n minuut se stilte wat aangevra word vir ‘n vermoorde paartjie, die regering en ander ministers tot nou toe maak dit af as ‘gewone misdaad’. Hoekom nou die U draai? Ek is baie bly as hy tot sy sinne gekom het, maar dit strook nogsteeds nie daarmee dat hulle NIE die BLF stuit wat plase wil afneem en protesgangers wat One Settler One Bullet op baniere rondswaai nie?? Stilte is ook mos ‘n antwoord? Dit beteken dat hulle dit goedkeur. Nou praat Mbalula anders .. kan ons hom glo? Ek sal bly wees as ons kan. Ek is egter baie skepties, want hulle praat uit twee monde uit.

Tiger ·

Ons GPF Sektor se Generaal daag nie eers op vir ‘n vergadering met ons boere nie.En dis ‘n vergadering wat meer as ‘n maand voor die tyd gereel is juis om tekortkominge by ons plaaslike SAP tak onder sy aandag te bring.Dit het tot gevolg gehad dat ‘n saal vol boere warm onder die kraag huistoe is en dat ons GPF Sektor leiers met rooi gesigte gesit het.
Laat ons maar SIEN wat DOEN die minister van polisie vorentoe.Ek hou nie my asem op nie!

Adam ·

Fikile maak wel baie geraas, maar hy is van die min politici wat iets gedoen kry. Kom ons gee hom ‘n billike kans. Ten minste die eerste een wat die regte geluide maak in die verband.

Vermeende ·

Kyk na die punte wat bespreek is, as jy dit op n skaal sou sit dan weeg die probleme wat die staat het met boere by verre meer.
Hier gaan dadels van kom.

Jacques ·

Die regering sal nou kom met mooi dinge , dit is amper weer verkiesing tyd . Dit is amper weer tyd vir gratis T-hemde en kospakkies . LOL

Martie vd Westhuizen ·

So twee weke gelede het grondeisers op “hul” plaas opgedaag vir optog. N Kolonel v Koster Polisie het hul toestemming gegee. Ons is vooraf gedreig dat as ons nie v plaas af is nie sal hul mt geweld die sleutels afneem en huia beset. Hierdie kolonel vra altyd boere se samewerking vir samewerking. N.a.v. Gebeure by Coligny hoe kan die kolonel toestemming gee? Is daar iemand wat die saak verder kan neem. Ons veiligheid en lewens is niks werd nie!!!

Alida ·

Fikile skrik BAIE laat wakker. Hoeveel boere is al vermoor terwyl hy sy volle aandag gegee het aan die KFC en doodskis bollie. Seeing is believing. Vertrou hom gladnie.

MOEG ·

Ek dink al ons probleme en moorde sal end kry as hulle stop met daardie woordjies rassiste en rassisties want dit is wat die kwaade gevoelens so aan hits want as jy nuus kyk. koerante lees dan word daardie word hoeveel keer genoem deur hulle mense en ons moet net altyd stil bly want hulle wil mos die laaste sê en die moeilikheid aanhits.

Tom ·

Praat gaan nie meer die probleem oplos nie. Ek stel voor gegewe dat plase is afgesonder. reaksietyd is krities daarom n oplossing dat Afriforum deur sy Werknet op internet in samewerking met die boere gemeenskap n databasis/keurings proses begin op jong werklose matrieks ens. wat tans sukkel om werk te kry te begin werf en te keur vir opleiding as veiligheidswagte op plase. n werkskeppingsfonds kan begin word. As elke plaas 4 tot 5 afhangende van omstandighede permanente wagte het wat opgelei is in radio prosedure noodhulp, wapenhantering ens. sal ons oor n jaar of twee n afname sien . Hoekom hierdie aanvallers is lafhartig en hulle sal gou weet as plase goed beveilig is en as die reaksietyd vinniger is en hulle weet hulle gaan nie wegkom nie. Dit gaan egter baie goeie organisasie Bestuur verg om so n veiligheidsnetwerk te vestig. Hommeltuie en Georgrafiese inligtingstelsel vir elke plaas beperk toegang tot plaas minder toegang roetes ens.

Niel ·

Tom, ek hou van jou konsep. Veral as mens sien hoe baie mense nou al in die wit plakkerskampe is ens. Daar’s sekerlik bekwame manne wat egter op moedverloor vlaktes is. Met so ‘n werkskeppings fonds wat vir hierdie ouens ‘n salaris kan help betaal ens kan dit net dinge makliker maak. As vuurwapens ‘n probleem is – daar’s sekerlik verskillende tipe wapens wat nie lisensies nodig het nie, maar net so doeltreffend mag werk. soos pyl en boog dalk? Weet hierdie laaste opmerking is dalk nou nie gepas nie, maar hoop egter julle sien dit as ‘n possitiewe gedagte.

Chrisjan ·

Die minister was groot mond (sal maar die mak maar verkeerde woord hier gebruik) oor hoe hy sal verseker dat Grace Mugabi in die land sal bly.Sy polisie mag was kwansuis op ‘n hoe gereedheid om dit te verseker en wat gebeur toe?Nou moet ons die’ windbol ‘n kans gee?Dis ‘n grap!

Afrikaanse Knaap ·

Dit sal vir my baie help as die SA regering rassisme sal definieer. Want volgends die Oxford woordeboek is Fikile ‘n kollosale rasis.
Hy het die kwota stelsel geimplimeteer in sport. Hy praat net ras en rassiste, self onder die boere. Sy beleid diskrimineer en weerhou geleenthede van ‘n ras, en verhef een ras bo ‘n ander.
Bitter min sprake van barbaarse volksmoord moordenaars wat boere haat in die artikel.
Niks kom van sy woorde nie. Hy kan maar ‘n “red alert” verklaar, dit keer niks en niemand.

Louis ·

Sal baie graag die 1000 boereverenigings en 28000 boere wil ontmoet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.