Polisieminister versoek weer vuurwapenamnestie

Argieffoto: SAPD

Bheki Cele, minister van polisie, gaan die kabinet versoek om ʼn vuurwapenamnestietydperk te oorweeg.

Cele het Donderdagaand tydens die begrotingsrede in die parlement gesê die versoek is weens die toename in onwettige vuurwapens wat grootliks bydra tot misdaadvlakke.

Die amnestietydperk sal ten doel hê om die aantal onwettige vuurwapens te verminder; vuurwapeneienaars die geleentheid te gee om ongewenste vuurwapens in te handig; misdaad en geweld te voorkom en veiligheid te bevorder; die fundamentele oorsake van misdaad te takel om gemeenskappe doeltreffend te beskerm; en om te verseker dat alle Suid-Afrikaners veilig is, aldus Cele.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om van hierdie geleentheid gebruik te maak, aangesien ons geen genade sal toon wanneer ons met die onwettige besit van vuurwapens te doen het nie.”

Daar is egter geen verdere besonderhede bekend gemaak oor wanneer die amnestietydperk moontlik sal wees nie.

Cele het reeds in Julie verlede jaar ʼn ses maande lange amnestietydperk versoek. Die parlement sou dit bespreek en oorweeg. Daar is egter daarna in Augustus aangekondig dat die polisie die versoek teruggetrek het weens hangende litigasie.

Cele het destyds voorgestel dat die amnestietydperk van 1 September 2018 tot 28 Februarie 2019 plaasvind. Dit was die soveelste keer dat ʼn vuurwapenamnestietydperk versoek is, maar op niks uitgeloop het nie.

Die konstitusionele hof het in Junie verlede uitspraak gelewer in die hofgeding rakende vuurwapenlisensies. Die konstitusionele hof se uitspraak het tot gevolg dat vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, hul vuurwapens by die polisie moet gaan inhandig.

Fred Camphor. Foto: Skermskoot/ Groot Ontbyt/Grootplaas

Die organisasie SA Jagters het in Mei vanjaar ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om hulle toe te laat om te help met die implementering van ’n enkele vuurwapenadministrasiestelsel om die probleme met lisensies wat verval het op te los én onwettige wapens uit die omloop te verwyder.

Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, het aan Maroela Media gesê die nuwe wet op die beheer van vuurwapens is in 2006 geïmplementeer, met die vereiste dat alle vuurwapens in private besit oor ʼn tydperk van vier jaar herlisensieer moet word. Die polisie het destyds – en vandag steeds – nie die vermoë gehad om die getal aansoeke te verwerk nie.

Teen Junie 2009 moes alle sogenaamde ou lisensies opgeskort gewees het, maar dit sou nagenoeg 1 miljoen wettige vuurwapeneienaars, wat nog nie hulle lisensies hernieu het nie, oornag in misdadigers verander het.

SA Jagters het reeds verskeie hofaansoeke teen die minister van polisie gebring om hom te dwing om oplossings vir die probleme te vind. “Die situasie met die stadige verwerking van lisensieaansoeke, foute wat gemaak word en ʼn algemene onvermoë om die wet behoorlik te administreer en te implementeer, duur ongebreideld voort,” skryf Camphor.

In een van die hofsake het die Vuurwapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika (GOSA) onder meer ʼn bevel gekry dat die polisie nie ʼn wapen mag inneem net omdat die lisensie daarvoor verval het nie.

Volgens Camphor het die polisie boonop in 2015 al toegegee dat hy nie in staat is om die voorgestelde wysigings aan die wet te hanteer nie. Dié situasie geld vandag steeds.

Miljoene rand is ook onder meer aan IT-stelsels bestee sodat wapenhandelaars elektroniese toegang tot die vuurwapenregister se databasis kon kry. Dertien jaar ná die implementering van die wet, het handelaars egter steeds nie toegang daartoe nie, al is dit ʼn vereiste van die wetgewing.

Camphor skryf dat die wysigingswet op vuurwapens al in 2016 aan die parlement voorgelê moes word. ʼn Konsepweergawe daarvan het verlede jaar uitgelek en die inhoud daarvan is as “drakonies” beskryf. Dit maak onder meer voorsiening daarvoor dat selfverdediging nie aangevoer kan word as ʼn rede om ʼn vuurwapen te besit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Spookasem ·

Wraggies waar! Ek is nou ni snaaks ni, maar hoeveel keer is daar nou al vuurwapens wat verlore geraak het terwyl dt in di polisie se besit was? Hoeveel polisie lede is ni gevang mt daai wapens ni? Waar kry di “meerderheid” dan hul wapens vandaan? Want jy kan ni een koop sonder n lisensie ni… Ek sou reken dat di wat wel vuurwapens ht, dit dalk as “vermis” moet aanmeld. Wat help dt jy handig jou vuurwapen in net sodat “kaptein” dit aan sy maats kan gee! Help my as ek verkeerd is… :-(

Realisties ·

Ja en so dreig die EFF om ‘n rasse oorlog te begin lees berig op briefly.co.za

En nou will hulle ons ontwapen?????

Johann M van Heerden ·

Hoekom help hulle nie wetsgehoorsame burgers wat nie betyds lisensies hernu het nie. Gee hulle wettige lisensies, want baie weier om hulle wapens in te handig uit vrees dat dit in verkeerde hande kan beland. Hoekom altyd verkeerdom begin. Ons moet uit ‘n persoonlike veiligheid oogpunt gewapen bly. Maar die regering wil ons ontwapen dink ek. Waarvoor is hulle bang? Onwettiges soos bendes gaan tognie hul wapens inhandig nie en dit is waar die probleem le.

Michelle ·

Gewoonlik met so ‘n amnestie word die polisie stasie eerste geroof dit is oor en oor bewys in die media die wapens verwyn beland in die kriminele se hande nee wat die ding gaan nie werk nie laat die eienaars maar hul eie vuurwapens hou daar is in elk geval geen vertroue in die polisie nie.

Grysburger ·

Regering moet admin en toestaan van wapenlisensies WEGNEEM van die mees korrupte staatsdepartement, nl die SAPD (volgens onlangse opname).

Die Inkomstediens (SARS) het bewese stelsels. As persoon bevoegdheid bewys het nadat sy/haar rekord nagegaan is behoort aansoeker bykomende wapens te koop met die handelaar wat bv SARS daarvan verwittig.

Ons land behoort “shall issue” lisensiëring te hê, maw slegs kriminele rekord behoort in ag geneem te word alvorens bevoegdheid toegestaan word.

Die polisielede wat tans agter lessenare sit kan dan beter aangewend word en hulle salarisse verdien deur misdaad te beveg en nie wetsgehoorsame vuurwapeneienaars te intimideer nie.

Enna Burger ·

Einde laasjaar moes ek my rewolwer hernu ek vra die polisie manne+ wat ekmoet skryf by ? Waarvoor gebruik ek my wapen almal sê? Vir selfverdedeging. Ek vra ek mag dit nie by my plek gebruik nie julle sluit my 1ste toe. Nee sê hulle jy skryf selfverdedeging. Dit rym nie

Wonder net ·

Ai tog, alweer die holruggeryde storie.
Onwettige wapens gaan nie ingehandig word nie. Ons weet dit mos.
Die plan is net daarop gemik om ons wettige ouens te ontwapen.
As alles so veilig is, waarom word sekuriteit by ministers se huise opgeknap met ons belastinggeld?
Waarom het hulle sekuriteit rondom hulle op die paaie en orals. Klomp bloulig karre wat hulle vergesel. Vir wat?
Ek dink hulle moedig die misdaad aan net om rede te kry om ons te ontwapen.
Gee statistiek oor hoeveel misdaad deur wettige eienaars gepleeg word.
Ek is nou ————-vol
Kan nie hulle werk doen nie en klink dan soos ‘n plaat wat vashaak.

marais ·

Jip stem saam “ne”.
En wat het geword van al daai “arms-cashes” wat die ANC nie wou opgee gedurende hulle onderhandelinge vir ons “beautiful democracy” nie? Ooops my geheue is te lank!!
Dis nooit ‘n mooi ding om die weermag in woonbuurtes te sien en dan nog van die algemene publiek te verwag om hulself asb. tog te ontwapen nie.

Cherokee ·

Die berig bevat nie totale inligting nie en neig as gevolg daarvan, misleidend te wees. Die ‘ou’ lisensies wat in groen gedruk is en ‘green licences’ in die spreektaal genoem word, is steeds geldig danksy GOSA wat daarvoor geveg het. Daar kan selfs ammunisie gekoop word met ‘n groen lisensie in die hand. Die hof het beslis dat geen vuurwapen wat gelisensïeer met ‘n groen lisensie vanuit die vorige bedeling teruggeneem mag word nie. My vuurwapens is dubbel gelisensïeer, groen en wit, wat die proses deel maak van die sirkus waaronder hierdie land bedryf word.

Rina Gremels ·

Realisties, gekyk vir daardie berig – kry dit nie. Het jy dalk asb . ‘n link?

Realisties ·

Ek sien ek word geblok as ek dit probeer deel. Gaan google net “briefly EFF threatening civil war’

Patch ·

Waarom amnestie? Begin in die plakkerskampe om onwettige vuurwapens te soek en n groot persentasie sal daar gevind word. Beweeg dan na die Kaapse Vlakte en daar sal jy net soveel kry. Al wat oorbly is dan n handjie vol….

Hanna Hoekom ·

Die “probleem” vuurwapens is nie daardie wapens in wetsgehoorsame burgers se hande nie. Begin by die townships, bendegeteisterde areas, onwettige immigrante, dwelmhandelaars ens. Daar is die probleem! Nou moet wetsgehoorsame burgers ontwapendeur n korrupte SAPS ontwapen word… Het Siener van Rensburg dit dan nie voorspel nie?

Cherokee ·

Wat Hanna, het Siener van Rensburg daaroor gesê? Ek stry nie met jou nie maar dink voorspellings word somtyds aan hom toegedig wat hy nie werklik gemaak het nie. Soos bv ek dink dit was die politieke party Front Nasionaal wat die storie versprei het van ‘ nag met die lang messe’ en dit ook aan Siener gewyt het.

Sarel ·

Glo hy regtig dat misdadigers hulle vuurwapens sal inhandig?
Vuurwapens wat inhandig word gaan op straat beland soos die wat reeds in gebruik is. Bewys dat die Regering nie ernstig is om sy burgers te beskerm nie.

Riaan ·

As die rampokker look alike dink ek gaan my onwettige wapen wat ek wettig in Mosambiek gekoop het, ingee is hy selfs dommer as wat ek gedink het.

wilma ·

dink die minister rerig die kriminele sal hul wapens inhandig. word wakker minister

Jandre ·

Moet dit nou n poging tot “krag van suggestie” voorstel? Bietjie swag psy-ops poging :)

George in Bloem. ·

“They will only take my guns from my cold dead hands. In a gunless society only criminals will have guns”. Klink vir my al hoe meer deesdae of dit die groter plan is? Dit sal mos “affirmative shopping” en grondbesetting en al daai kriminele en kommunistiese nonsense soveel makliker maak of hoe?

George in Bloem. ·

As ou Bheki se brein uit dinamiet bestaan het en dit skielik moes ontplof sou dit nie eers sy hoed van sy kop af kon skiet nie. Verseker een van die mees onbevoegdes in hierdie pos ooit.

A Mac ·

Dink Bheki Cele dat die met onwettige wapens nou regtig gaan afstand doen van hul wapens? Ons wat ons wapens op ‘n wettige manier wil bekom, behou en die lisensie op datum hou word om elke hoek en draai gekeer om dit om die regte manier te doen.

Jan ·

Met die eerste vuurwapen amnestie het ek my vuurwapen ingehandig want ek wou n goeie lands burger wees. Ek was n dwaas. Ek wonder of my vuurwapen al gebruik is vir moord en roof nie.
Hou jou vuurwapen vir so lank as jy kan en die dwaase, dink mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.