Polisieminister wil McBride skors

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het die hooggeregshof in Pretoria Vrydag genader om ʼn dringende interdik te kry teen die minister van polisie.

Steven Budlender, McBride se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê die aansoek hou verband met ʼn brief wat Woensdagoggend aan sy kliënt gestuur is waarin hy versoek word om teen die einde van Vrydag redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors moet word nie.

Budlender het bevestig dat McBride nog nie geskors is nie en dat daar ooreengekom is dat dit nie sal gebeur voor uitspraak gelewer is nie. Budlender het die hof versoek om Nathi Nhleko, minister van polisie, se besluit om McBride te skors, onwettig en ongeldig te verklaar.

“Hierdie is nie ʼn indiensnemingsaak nie. Dit is ʼn saak oor die fundamentele onafhanklikheid van Opod. Indien my kliënt geskors word, sal dit ernstige skade aan Opod tot gevolg hê. Die enigste manier hoe die hoof van ʼn onafhanklike liggaam wettiglik geskors kan word, is deur ʼn parlementêre uitspraak. Die bepalings moet voldoende beskerming aan die hoof van Opod bied.”

Uitspraak is tot Woensdag voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Snot ·

Indien sy kliënt nié geskors word nie, sal dit ernstige skade aan Opod tot gevolg hê.

Gerhard Bezuidenhout ·

Fire hom summier want hy het fisies met moord weggekom.

nig ·

McBride raak lekker dik in die kiewe – seker die lekker sous van die soustrein.

Jan ·

Hoe de hel ‘n persoon met sy “credentials” so ‘n aanstelling kry is my gat se deksel ! Maar nou-ja, hierdie is die “Nuwe Suid-Afrika”, alles is moontlik !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.