Polisieminister wil plaasmoorde bekamp

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Woensdag met leierskap van die landbou-unie TLU SA vergader om landelike veiligheid en die moord op boere te bespreek.

Vuyo Mhaga, die minister se woordvoerder, het gesê Mbalula en polisiebeamptes van die sigbare polisie-eenheid het met TLU SA-afgevaardigdes, onder wie Louis Meintjes, president, Bennie van Zyl, algemene bestuurder, en Chris van Zyl, adjunk- algemene bestuurder, vergader.

Volgens Mhaga vorm dié vergadering deel van deurlopende vergaderings wat die minister met verskeie belanghebbendes oor dié kwessies voer.

“Ek het ʼn vrugbare gesprek met die leierskap van die TLU SA gevoer en ons het ooreengestem dat plaasmoorde ʼn prioriteit is en moet wees,” het Mbalula gesê.

“Ons herhaal, aldus die Vryheidsmanifes, dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin lewe. Die polisie moet ʼn bevorderende omgewing vir boere skep om voedsel vir al ons mense te produseer en te verseker.”

Mbalula het beklemtoon dat daar beter samewerking en koördinering tussen boere en die polisie, veral op stasievlak, moet wees oor waar misdaad plaasvind.

“Ons kort nie geweld in Suid-Afrika nie, ons kort sigbare polisie op plase en ons is bereid om saam met die polisie te werk,” het Meintjes gesê.

Mbalula het aan die afgevaardigdes gesê dat ʼn nasionale imbizo voor die einde van die jaar gehou gaan word om die polisie se landelike veiligheidstrategie te verbeter.

“Plaasmoorde is ʼn werklikheid en die polisie sal alles doen om die moorde te bekamp,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annatjie ·

Gee ons die reg om ons self te verdedig. As iemand om jou huis rondsluip is hy beslis nie daar vir die koekies en koffie nie

Drickus Botha ·

Dankie TLU SA, julle het lankal terug `n werkbare landelike veiligheid plan opgestel.
Vir hierdie plan om effektief te wees moet die landelike bewoners almal saamwerk. Kontak jou naaste landbou unie.

Vermeende ·

Die landbou gemeenskap werk nou al vir 23 jaar saam sie polisie om misdaad te bekamp en steeds neem misdaad toe, die tyd het aangebreek vir n nuwe benadering.
Dit is nou tyd vir die polisie om die landbou gemeenskap bytestaan in landelike misdaad bekamping, anikseer net die bestuur van landelike misdaad bekamping en dryf hom soos ons die komandos gedryf het.

Chrisjan ·

Na die Swart Maandag landswye optogte en talle plaasaanvalle en moorde sonder om ‘n woord te rep kom sit die minister nou eers om die tafel met belanghebbendes.Dis wragtig jare “overdue”!En met sy reputasie verwag ek niks gaan gebeur nie.

Hester ·

Chirsjan, Mbabula is nie opgewasse om Minister van Polisie te wees nie. Kyk net hoe het hy ons sport opgeneuk. Ek stem saam jou.
Annatjie , n Polisie kaptein het een maal vir my gese dat as hy in my woonstel se slaapkamer is, dan wou hy dalk net n glas water gehad het, toe lig ek die Kaptein in dat die verdomde kraan nie in my kamer is nie, en hkm sal ek 3 uur die oggend water uitdeel.? Hy het net gesmile. Maar ek stem saam altwee van julle

Dirk ·

Gaan nie oor vermindering of uitroei van plaasmoorde maar verseker maar net ʼn plekkie by die voerkrip. Versekeringpolis

Veritas ·

Mooi woorde maar ons weet mos maar wat gaan gebeur. Die SAPS het nóg die mannekrag nóg die wil om boere te beskerm. Dit wil darem voorkom asof die Swart Maandag protesaksie, nie ongesiens verby gegaan het nie. Om hierdie boodskap behoorlik te laat deurdring moet daar meer tasbare optrede volg. Iets wat die bevolking sal laat besef, wat die boere vir die land beteken. Iets soos die weerhouding van landbouprodukte aan markte en kettingwinkelgroepe. ‘n Leë maag het ‘n manier om dinge in ‘n ander perspektief te sien.

Erick ·

Hoeveel keer oor die laaste twee dekades het ons nie al soortgelyke storietjies gehoor nie…

Katryn ·

Mooiso! Zim wil reeds al ons boere daarna hulle toe bring! Want hulle wil hulle land weer opbou! Ons groot verlies!!

Alida ·

Ai mense ek weet hulle praat baie maar kom ons gee hom en die nuwe Kommissaris ‘n kansie om te wys of hulle ernstig is of nie. As ons heeltyd negatief is sal niks regkom nie.

Chrisjan ·

Alida,hoeveel kanse moet hy nog gegee word?Hy bly net wind praat en mense val daarvoor maar steeds gaan plaasaanvalle voort asof dit jagseisoen is.Neewat sy ge-bla-bla-bla gaan niks konkreets oplewer nie.Dis net ‘n suigstokkie.

Callie van der Merwe ·

Sit asb die daad by die woord! Dit sal n goeie begin wees om vertroue te herstel. Te veel mense sterf op plase!!!

Cherokee ·

Indien hy reg aangehaal is, is die woorde wat lui dat ‘plaasmoorde ‘n prioriteit is en moet wees’ vreesaanjaend.
Gelukkig het hy volgens die laate paragraaf gesê dat dit bekamp moet word.

Hendrik ·

Die enigste oplossing is maar dat die boere moet aansluit by hulle veiligheidsstrukture, hulle self bewapen en hulle veiligheid op die plase opskerp. Ons sien ook boere in ons omgewing wat hardekwas is en nie wil aansluit by die veiligheidsstrukture.

My ou VOLKIE ·

SO AL DIE GROOTBEKKE EN NEGATIEWES soos Media 24 wat beweer het die optogte het nie gehelp nie, julle was net onnosel omdat julle nie weet waarvoor die optogte was nie. JA die eintlike idee was om die plaasmoorde te stop maar niemand was so naief om te dink dat die plaasmoorde gaan stop na EEN optog nie. Dit kweek wel bewusmaking en simpatie is betoon met diegene wat dood is in hierdie wrede plaasaanvalle. Wat dit WEL bereik het is AANDAG getrek het en bewusmaking gekweek het regoor die wereld … . of Mbalula by sy woord gaan bly, dit weet ons nie. ONTHOU tog net . Rome is nie in een dag gebou nie en apartheid het nie na een optog geval nie .. ons AFRIKANERS is so NEGATIEF en slap, hulle wil na die eerste opmars GEEN moorde meer sien nie en glo EEN protesoptog het nou die moorde gestop. HOE NAIEF is julle my volkie of is julle maar net te GEMAKLIK En LUI om weer aan ‘n optog deel te neem of dalk te BANG? WEES eerder bang op die plaas en in jou huis voor die TV, ons moet as ‘n VOLK en NASIE opstaan teen MOORD EN MISDAAD, hou op om die maklike uitkoms te soek en rustig by die Spur te gaan sit en smul aan ‘n burger terwyl julle KLA oor niks help nie!

Vryheid ·

Ongelukkig is die SAPD se reputasie maar swak in gestuur en op grondvlak .

Glo nie veel sal verander nie, die is n politiese probleem…..

alwyn burger ·

Kommandostelsel moer herleef! Almal op plase moet diensplig doen. Ook almal in die dorpe want hulle eet wat op die plase geproduseer word. Ons boere sal dit self organiseer

Johann Marx ·

Die kommandostelsel het goed gewerk….hoekom is dit gebreek? Hoeveel plaasmoorde was daar VOOR 1990??

Tiger ·

Alwyn,jy praat maklik.Weet jy wat gaan op ‘n plaas aan?Glo my,’n boer sit nie op sy stoep en kyk hoe groei sy mielies of wat ook al sodat hy vryetyd het om te gaan vir “opleiding” nie!’n Boerdery is ‘n voltydse BESIGHEID.
Ek en my man is pensioennarisse wat op my ouers se plaas woon en nie boer nie,maar gelukkig was my man in die Weermag so hy ken van.Maar op sy ouderdom gaan hy beslis nie meer gewillig wees om te”leopard crawl” nie!Ons is wel gewapen en paraat.

Chris Ws ·

Die Kommandostelsel het uitstekend gewerk.Dis hoekom die anc regering dit so vinnig ontbind het EN ‘n wet deurgedruk het wat enige paramilitere groepe verbied.So as jy gou tronk toe wil gaan,stig ‘n “kommando” styl beweging!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.