‘Polisiemoorde buite beheer; genl. Phiyega aanspreeklik’

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, aanspreeklik gehou moet word vir die toename in moorde op polisiebeamptes in Suid-Afrika.

Daar is sedert Januarie 2015 minstens 52 polisiebeamptes in die land vermoor. Vier van dié moorde is in die afgelope week gepleeg. In 2014 is 47 polisiebeamptes in dieselfde tydperk, tussen Januarie en Augustus, vermoor.

“Dis onaanvaarbaar dat genl. Phiyega en pres. Jacob Zuma elke keer net sê dat hulle die moorde veroordeel. Dis tyd dat hulle aanspreeklikheid vir die tragedies en misdaad in die land aanvaar. Te veel bloed word in Suid-Afrika gestort,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron meen dat die toename in polisiemoorde die erns van die misdaadkrisis in Suid-Afrika verder bevestig en sê dat die land met ’n ernstige probleem sit. “Statistiek het bevestig dat daar elke dag 47 moorde in Suid-Afrika gepleeg word. Daar is ʼn dringende behoefte aan onder meer opleiding en strategieë om dié probleem suksesvol te takel.”

Cameron het gesê AfriForum sal deur middel van veiligheidstrukture saam met die SAPD werk om misdaad te bekamp. AfriForum het ook ʼn brief aan genl. Phiyega geskryf waarin sy versoek word om dringend met ’n aksieplan en polisiëringstrategie na vore te kom.

“Dit is sleg dat goeie polisiebeamptes aan geweld uitgelewer word weens die swak leierskap in die land.” AfriForum het sy medelye uitgespreek met almal wat al deur die doellose geweld in die land geraak is.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Riah Phiyega op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Dis tyd dat gewone Suid Afrikaners aandring daarop dat die Konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer word met die “Reg om NIE te lewe NIE”….en die individu se keuse word uitgewys deur sy dade teenoor die gemeenskap. As ‘n persoon kies om 1. Dwelmmiddels te smokkel, 2. ‘n kind te verkrag, 3. ‘n gewapende aksie te beplan en uit te voer. en 4. iemand anders se lewe te neem, behoort dit vir die konstitusionele hof ‘n duidelike teken te wees dat so ‘n individu die “reg om NIE te lewe NIE” wil op-eis, en moet ons so ‘n individu se keuses respekteer en op eg demokratiese wyse van NOG keuses voorsien, nl. Galg, Elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton of dodelike inspuiting. Is dit nie waaroor ‘n ware demokrasie gaan nie? Keuses.

Winston ·

Stem saam Johann. Die psige van die land se grootste deel van die bevolking is verkrummel en barbaars. Dit is waarom ons hierdie demokrasie nie verstaan nie. Geen misdadiger behoort regte te hê, behalwe die reg op n regverdige verhoor. Indien hy skuldig bevind word is hy van alle regte gestroop. Ja moordenaars en verkragters moet die reg hê om te kies hoe hy wil gaan. Tou stoel inspuiting vuurpeloton al reeds te veel keuses

Francois ·

Wat my verstand te bowe gaan is die feit dat sulke skuldige bevinde mense die “reg” het om te stem in die tronk. Waar in jou LEWE hoor jy van so iets in ander demokratiese lande? Hy het ALLE regte verloor…anders moet hy die doodstraf aanvaar. Punt!

George ·

Johan, al wat ek kan sê op jou kommentaar is amen. Daar is geen ander opsie.

AH ·

Ek net nie verstaan daar word gereel deur die regering gese daar kan nie onderskeid gemaak word tussen boere wat vermoor word en gewone mense wat vermoor word nie nou kan ek nie verstaan hoekom maak die polisie moeder dan onderskeid van moord op polisie lede

poplap ·

Bogenoemde metodes om die misdadigers uit die samelewing te verwyder – permanent – is die enigste manier om die land te verlos van te veel swak DNA wat rondloop op straat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.