‘Polisiemoordenaars’ in hof

Kapt. Kenneth Poortman Foto: Kenneth Poortman, Facebook

Kapt. Kenneth Poortman Foto: Kenneth Poortman, Facebook

Drie van die vier mans wat van die moord op die Pretoriase polisieman, Kenneth Poortman, verdink word, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Sipho Alfred Tlou, Thabo Mampa en Themba Mbowane staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie saam met die Zimbabwiër Steven Meda.

Die vier het na bewering die 47-jarige Poortman in die middestad van Pretoria gekaap, hom in die bolyf gesteek en langs Theo Martinweg in Mabopane afgelaai. Hulle het glo sy vuurwapen gesteel en met sy motor na Winterveld gery, waar Tlou, Mampa en Mbowane in hegtenis geneem is. Poortman se vuurwapen en motor is glo in hul besit gevind.

Meda se borgtogaansoek is teruggetrek omdat hy onwettig in die land is. Volgens Leonie Els, wat regshulp aan die drie Suid-Afrikaners verleen, het Meda vir vlugtelingstatus aansoek gedoen, maar “dit is deur die departement afgekeur”.

Die uitstel van die ander drie se borgtogaansoek sal hulle in staat stel om hul regshulpverteenwoordiging te finaliseer.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Kenneth Poortman-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.