Polisieondersoek ná 2 ‘onherkenbaar verbrand’ in botsing

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat twee mense Saterdagaand in ʼn botsing buite Lephalale (Ellisras) dood is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê ʼn silwergrys Volkswagen Polo en ʼn blou Ford Focus het glo reg van voor gebots voordat albei motors aan die brand geslaan het.

Ngoepe sê albei bestuurders, die enigste insittendes in die motors, het “onherkenbaar verbrand”.

“Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra die mans uitgeken is en hulle families in kennis gestel is,” sê hy.

Ngoepe sê daar is nog geen leidrade oor die oorsaak van die botsing nie. Hy het bevestig dat ʼn polisieondersoek na die voorval aan die gang is.

Enigeen met meer inligting oor die oorledenes word versoek om kapt. Mabila by 082 414 3215 te bel.

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vonkprop ·

Hoe doen hulle ‘n ondersoek vir strafbare manslag as al twee mense oorlede is? Wie gaan hulle vervolg en aankla? Daar was niemand anders as net die twee bestuurders nie.

Stef ·

Dis prosedure dit gaan dan oorgeplaas word in geregtelike doodsondersoek en dan na die landdros waar hy/sy die saak afsluit want niemand Kan vervolg word nie want albei bestuurders is dood

Brandwag ·

Wanneer voertuie in ongelukke betrokke is, is dit omtrent somder uitsondering die Volkswagens wat aan die brand slaan. Ek wonder hoekom is dit nog nooit ondersoek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.