Polisierekrute koud, honger in Noord-Kaap

(Foto bloot ter illustrasie: SA Polisie)

Meer as 2 000 polisierekrute word glo aan haglike en onmenslike toestande by ʼn opleidingsfasiliteit in Kimberley in die Noord-Kaap onderwerp.

Luidens klagtes wat by die burgerregtegroep Action Society en die polisievakbond Popcru aangemeld is, moes rekrute drie dae lank sonder kos klaarkom en moet hulle dun matrasse deel of op die vloer en op tafels slaap. Daar is glo ook nie warm water by die fasiliteit wat volgens Popcru soos ʼn “varkhok” lyk nie.

Daar is verder glo van vroue-instrukteurs verwag om slaapplek met mansinstrukteurs te deel.

“Die beskikbare verblyf is uiters beperk en lyk soos ’n varkhok. Daar is geen warm water nie, te min komberse, ’n tekort aan kos en stukkende toilette. Vroue-instrukteurs moet boonop verblyf met mansinstrukteurs deel,” sê Richard Mamabolo, woordvoerder van Popcru. Volgens Mamabolo het hulle ook klagtes ontvang dat instrukteurs in stoele of hul motors sit en slaap terwyl die rekrute aan hul eie lot oorgelaat is.

Die nuusblad Sowetan berig dat van die rekrute boonop glo voedselvergiftiging opgedoen het en geen mediese behandeling ontvang het nie. Hulle is ook glo deur ʼn junior beampte met ʼn vuurwapen gedreig.

Action Society het intussen ʼn brief aan lt.genl. Lineo Ntshiea, hoof van menslike hulpbronne by die polisie, en Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, geskryf waarin dringende optrede versoek word. Hulle het egter nog geen terugvoer ontvang nie.

“Hierdie rekrute sal Suid-Afrikaanse burgers moet dien en beskerm, en tog word hulle self aan onmenslike behandeling en disrespek onderwerp,” het Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, gesê.

Volgens Cameron se inligting het geen amptelike opleiding al plaasgevind nie. Ouers wat die situasie by Actoin Society aangemeld het, is glo bang om self klagtes by die polisie in die te dien uit vrees dat hul kinders geviktimiseer sal word.

“Die behandeling van hierdie polisierekrute reflekteer uiters negatief op die topleierskap binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en sal beslis nie ’n positiewe uitkoms hê wat die versterking van die polisie se reputasie betref nie.

“Bheki Cele, polisieminister, se verbintenis om die plaag van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika te beveg, blyk weereens lippediens te wees aangesien die polisie nie eers voldoende voorsiening vir die opleiding van hul eie rekrute kan maak nie.”

Mamabolo sê die vakbond het ’n beroep op Cele en Masemola gedoen om die fasiliteit onmiddellik te besoek.

Daar is ook versoek dat rekrute dadelik na geskikte fasiliteite geskuif en van komberse en skoon verblyf voorsien word. Popcru vra ook ʼn ondersoek na die polisie se werwingsproses en eis dat hulle aanspreeklik gehou word vir die haglike omstandighede waaraan rekrute blootgestel is.

Mamabolo sê die vakbond het hom lank vir die werwing van nuwe polisielede beywer om veiligheid in die land te bevorder.

Hulle sou egter nooit kon raai dat die bykans 3 000 rekrute wat by die militêre basis in die Noord-Kaap geplaas is aan sulke omstandighede blootgestel sou word nie. Hy meen instrukteurs het juis ʼn verantwoordelikheid om te verseker dat die opleidingsprogramme gehalte polisiebeamptes oplewer.

Popcru werk glo reeds sedert 1 April om die probleme wat by dié basis ondervind is op te los.

“Ons het met die SAPD geskakel en die versoeke van die rekrute sowel as instrukteurs benadruk. Dit het egter op dowe ore geval. Ons as vakbond glo dat geen opleiding onder dié omstandighede kan plaasvind nie. Onder hierdie omstandighede loop rekrute én instrukteurs die risiko om siek te word of selfs te sterf indien iets drasties nie deur die polisie gedoen word nie. Hulle het egter tot dusver gewys dat hulle ongewillig is en nie in staat is om in te gryp in die voorsiening vir die mees basiese menslike behoeftes nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Phillip ·

As die weermag nie na hulle perde kan kyk nie en weggevat is wat nog van die arme stoedente en dis mense waar gaan SA heen

twaalfboor ·

Ag siestog. Laat ek liewer nie kwytraak wat ons deurgemaak het onder opleiding nie. Daar was nie iets soos mense regte nie. Suck it up….. net slapgat.

Cobus ·

Tog is daar besluit in 92 om die land oor te gee, laat mens wonder wie is “useless”. Keuses het gevolge.

Laeik ·

Tot vandag toe wag ek not only the hoor wat die alternatief was?

JL ·

Geen wonder daar is so baie korrupsie onder SAPD lede nie. Payback vir hulle opleidingstandaarde en omstandighede. Wat sê “golden boy” polisiehoof hiervan? Weereens swak beplanning en geen professionele opleiding nie.

Bertie ·

Ek is seker hierdie toestande is spesiaal so geskep sodat die rekrute spesialis praktykopleiding kan kry. Dit berei hulle voor vir die werklikheid. Dis mos nou die polisiediens waarop ons trots kan wees!

Johanna ·

Nee wat…… dis onaanvaarbaar. Nie alle students kom uit haglike omstandighede uit nie.

Marius ·

Die aangeleentheid moet by die Dept van Gesondheid se Beroepsveiligheid en Gesondheid afd aangemeld word wat ‘n Inspekteur moet uitstuur om te ondersoek. Indien dit waar is sal die opleidings fasiliteit onniddelik toegemaak word totdat al die probeme aangespreek en reggestel is.

Frank ·

Wie se die departement is hoegenaamd beter as die res en sal iets aan hulle eie makkers en departemente doen?

RB ·

Eish! En Cele sê hy sal opsy staan as iemand beter kan doen as hy . . . Straatkatte het ‘n beter lewe as diè rekrute.

“Hom verbind aan . . . was lippediens” – natuurlik!! Al waaraan hy homself al suksesvol verbind het was korrupsie en die vooruitgang van kriminele.

Swerwer ·

Haglike Omstandighede is daargestel deur die ANC, so waarom die klagtes. Hopelik sal daar nou bietjie begrip kom vir die mense wat gemartel en vermoor word met inbrake/roof, moord en veral plaasaanvalle.

SjN ·

Gelukkig is dit hul eie mense wat hul so behandel, trotse Sap kaders.

Strandloper ·

Mens noem dit basiese opleiding. Hul het geen rugraat of vasbyt nie en kla soos ou vrouens met nat broeke! Ag shame tog arme bloeitjies hoort in n pram. Gin wonder die polisie is so lamsakig nie.

Manie ·

Niks skokkend hieraan nie, inteendeel, ek sou verbaas gewees het indien dit goed en reg was.

Stephanus ·

Hierdie klink vir my n bietjie dik vir n daalder. Daar mag miskien n klompie halwe waarhede wees maar die volle waarheid – ek weet darem nie. Is die vroulike instrukteurs gedwing om slaapplek met manlikes te deel of het hulle dit vrywillig gedoen? As die plek soos n varkhok lyk, wat het hulle gedoen om dit te verbeter of net beter te laat lyk? Drie dae sonder kos is miskien n goeie poging om die postuur van sommige van ons SAPD lede reg te ruk????.

Catherina ·

What’s new? Alles, maar alles is in n gemors in hierdie land. Maak mens so moedeloos

JM ·

En volgende keer stem “our people” maar weer vir die Y-En-Sie. Kry vir julle!

Johann ·

So lank hulle darm n MADHATTER HOED kry soos hulle groot baas?

Anel ·

Dissipline ontbreek maar orals. Dis hartseer om te sien hoe al die elite eenhede tot niet gaan. Jong lede kom op die stasies of waar ook al en jy as senior lid mag hom niks sê nie. En as hy ontevrede is, gaan kla hy. So, wonder ook maar oor hierdie storie.

Johanna ·

Daar is sekere dinge in die lewe wat n MOET is.
As jy n SAP student is, moet jy in behoorlike akkomodasie gehuisves word. Punt.
Die TOPdogs moet verantwoordelik gehou word hiervoor..
Dit is n skryende skande..

007 ·

Gaan kyk net waar en in watse omstandighede bly die mense tuis. Hulle is dit gewoond. Dit is opleiding. Hulle moet juis bepaal wie kan dit uithou en wie nie. Dit is nie n vyfsterhotel hotel nie. Hulle word siegies en fisies getoets.

Boertjie ·

Stukkende toilette, so hulle breek sommer so vanself? Vuil barakke, met basiese opleiding moes ons maar self ons barakke skoonmaak? En wee jou as die barakke nie skoon was nie. Varkhok omstandighede kan mos deur die rekrute skoongemaak word, soos ons moes skoonmaak tydens basies? Vra maar net..

Jack ·

Die vraag is: Hoekom maak jy nie die varkhok skoon nie en wie se skuld is dit dat die trone stukkend is. Asb mense kla wil julle altyd maar die regmaak kultuur ontwyk julle net. En julle moet na ons die publiek omsien met daardie gebrek aan planne maak.

Miskruier ·

Die Dep of Land affairs het al jare terug dieselfde gedoen, kwansuis werkskepping. Hul is ” peanuts” betaal en moes met R600 pm klaarkom.

TO ·

En wie se skuld is dit dat dit soos ‘n varkhok kyk, net die mense wat daar bly. Het jy geen trots of selfrespek nie. Hulle kan dalk bietjie minder eet as jy kyk na al die obese polisie, weermag en verkeersmense

Janine ·

As die plek so vuil is, maak agter julself skoon! Sleg goed.

Wondermaarnet ·

Kan die junior wat ‘n vuurwapen rondswaai ooit skiet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.