Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê twee van die verdagtes is werknemers van SBV in Witbank terwyl een van die ander verdagtes ‘n polisiereservis in die area is.
Hy sê die Valke en SBV het die arrestasies gemaak en op R6 000, twee blouligte en ‘n koeëlvastebaadjie beslag gelê wat in die reservis se besit gevind is. “Die verdagtes het die span na ‘n huis in Carolina, Mpumalanga gevat waar R990 000 in ‘n metaalhouer in ‘n wasmasjien gevind is en op beslag gelê is.”
Die SBV se Witbank-kontantsentrum is op 27 April van nagenoeg R87 miljoen beroof nadat ‘n gewapende bende die veiligheidswagte oorval en bedwelm het. Die vier veiligheidswagte is op ‘n pad in Kromdraai afgelaai.
“Hulle is steeds in die hospitaal, drie van hulle in ‘n kritieke toestand terwyl die vierde een stadig besig is om te herstel.”
Ramaloko sê die vier verdagtes sal Donderdag in die eMalahleni-landdroshof verskyn. Hy sê hulle verwag om binnekort nog arrestasies te maak.
Mense lewens beteken vir hierdie potensiele moordenaars minder as niks. Ek hoop elkeen van hulle sal uiteindelik opgespoor word.
Mag die wagte ook spoedig herstel.
Bring di doodstraf terug