Polisiereserviste binnekort ingespan teen plaasaanvalle

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beplan om vanjaar ʼn program van stapel te stuur waardeur polisiereserviste gewerf sal word om misdaad in plattelandse en afgeleë gebiede te bestry.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, sê dié program sal deel vorm van uitkoms 7 van die SAPD se omdraaiplan wat handel oor plattelandse ontwikkeling. “Dié uitkoms is om veediefstal en plaasaanvalle teen te werk deur die inwerkingstelling van ʼn landelike veiligheidstrategie wat fokus op landelike veiligheid, infrastruktuur en ʼn landelike veiligheidsraamwerk,” het Sitole gesê.

Sitole en senior bestuurslede van die SAPD het vroeër vandeesmaand met TLU SA vergader om kwessies rakende landelike veiligheid en die inwerkingstelling van ʼn veiligheidstrategie in plattelandse gebiede te bespreek.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê dié strategie behels ʼn geïntegreerde benadering van dag-vir-dag-polisiëring om ʼn veilige omgewing in plattelandse gebiede te skep. “Die strategie bestaan uit die Plaasveiligheidsplan wat vir plase ontwerp is om gesamentlike vinnige reaksie tussen belanghebbendes te verseker op voorvalle wat die landbougemeenskap raak,” sê Muridili.

“Die SAPD se vennootskap met TLU SA word ondersteun deur die Nasionale Ontwikkelingsplan se oproep om die vrees vir misdaad uit te wis deur doeltreffende, gekoördineerde reaksie tussen die polisie, sakelui, die gemeenskap en die burgerlike samelewing.”

Muridili het die SAPD se ondersteuning van die stryd teen misdaad in landelike gebiede en teenoor landbougemeenskappe bevestig en hul waardering uitgespreek teenoor TLU SA vir hul ondersteuning hiermee. “Die landelike veiligheidstrategie word in werking gestel om ʼn misdaadvrye omgewing te verseker wat bevorderlik is vir voedselsekuriteit, die vermindering van ernstige en gewelddadige misdaad, veediefstalvoorkoming, asook maatskaplike en ekonomiese stabiliteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Wag en kyk ·

Ek hou nie regtig my asem op nie. Wag en sien maar of dit ‘n ware verskil gaan maak, veral wat betref boere. As ons oor ‘n jaar sien die statistiek tov plaasmoorde het afgeneem sal ek eers bly raak. Maar ten minste begin hulle nou iets doen in die regte rigting.

Petro ·

Kom ons wees ‘n bietjie positief toe… En bid dat hierdie beweging die verandering bring wat so nodig is ?

Ls ·

mooi, wie gaan die lede wees, wat presies gaan hulle doen, seker heeltyd monitor of gaan hulle elke aand twee twee wagstaan by elke plaaswoning. Hierdie tipe plannetjies sal geen doel dien nie. Daar is net doodeenvoudig te veel faktore en invloede wat nie op so sagte minimum geweld manier opgelos sal kan word nie.

Coenraad Pretorius ·

Bring die ou Komando stelsel terug en plaas aanvalle sal verdwyn.
Die stories van reserviste klink baie verdag, veral as hulle nie opgeleide mense gaan gebruik nie.
Jy hoef net te kyk na videos waar mense Leer om te marsjeer en jy kan jou self in dink hoe hulle verder gaan optree

Pik ·

En wat doen hulle met hulle slapgat weermag wat heeldag in n kamp le en niks doen nie

Judge Dredd ·

…….en jy wil daai weermag na die plase toe stuur? – asseblief nie.

Neels ·

Pik ek wil net noem daai weermag mense werk hard deur niks te doen nie. Hulle leer hoe om weermag voertuie af te skryf , hoe om vuurwapens en amunissie te laat verlore raak asook om ongedisiplineerd te wees en die wat n sekere rang beklee kry n weermag voertuig vir eie gebruik, kyk maar hoe ry vroulief en gesin saam . Kyk maar hoe lyk hulle in uniform

Philippus Janse van Rensburg ·

Dit is verbasend en terselfdertyd verblydend dat die SAPD nou saam met TLU SA op ‘n plan kan ooreenkom. Gedrewe deur ‘n konserwatiewe maar praktiese organisasie en die middele wat die Staat bied, kan daar iets goeds hieruit voorkom.

Christien vd Westhuizen ·

Ek hoop nie dit gaan soos met die Kruger wildtuin dat die wat veiligheid moet verseker die kriminele en oortreders word ek sal dit n gebedsaak maak

Karien Bekker ·

As julle regtig iets wil doen. Bring Kommando’s terug onder leiding van die Weermag. Laat boere self betrokke raak soos in die verlede, patrollies ry met weermag voertuie en wapens ter verdeding.
Maar Nee, dit sal nie gebeur nie! Want dit het gewerk!
Wensdenkkery van my kant af!

Lerato ·

Pik
Absoluut stem ek met jou saam. Die argument wat die weermag altyd voorhou is dat hulle soldate en nie polisie is nie.

Dis soos ‘n kar wat in die garage staan en nooit gery word nie.

As ek die hele dag niks moet doen sal vir my moordende wees. En meeste van die soldate is jong mense.

Frans ·

As daar nie werk is vir SANDF lede wat nie hulle pligte wil doen nie. Raak ontslae van hulle. Ons het nie so groot weermag nodig nie. Ons benodig ń Jong en denamiese weermag

Pieter du plessis ·

Ek het geen hoop dat dit sal realiseer nie,bring die kommando stelsel terug en laat die boere self in beheer wees met die wet as riglyne .Die polisie wil reserviste aanstel sonder enige vergoeding en hulle beheer en voorsê, tot dusver kon hulle niks aan die plaasaanvalle doen nie.

Wielspore ·

Puik, beslis ‘n stap in die regte rigting. My ouers was albei in die Kommando jare terug, ek self het Diensplig gedoen. So die paraatheid is bekend aan ons en mens kan dieselfde taak as Reservis verrig. Hierdie blootstelling hou jou ingelig oor die werklike toetstande van die land en is voorbereid. Daar is heelwat afgetrede mense met kennis wat positiewe bydrae kan lewer.

humor ·

Pikkie hulle slaap ook dan nog en kry goeie oefening deur greeld toillet te stap.

jaco ·

Die ANC regering wil plase beter beskerm en hulle wil dieselfde plase onteien sonder vergoeding. Iets maak nie sin nie. Of gaan dit ‘n geval wees van “omdat ons die aanvallers weggehou het vanaf jou plaas, sal jy nou, uit dankbaarheid teenoor ons, summier jou plaas opgee sonder vergoeding”

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis OK….oom Wahl en sy manne sal hulle oppas dat hulle hulle werk doen?

Chris ·

Om wat te gaan maak ? Data te versamel vir die vornemende aanvallets, om vas te stel hoe lyk die veiligheids opset op die plase sodat aanvalle makliker beplan kan word. Ek glo nie hulle gaan sommer maklik in die boere geneenskao aanvaar word nie.

Jannie ·

Om oudergewoonte deel van die probleem te word? Ons weet dat die polisie self al by plaasaanvalle betrek was!!!

Liewe Genade ·

Ek gee op! EERS word hulle gekap en veroodeel oor geen landelike beveiliging DOEN HULLE IETS…skrou die spul NEEEEEEEEE dis wolwe!!!!???
Spul narre

Michelle ·

Die gaan beslis nie werk nie hetsy van die weermag of die polisie jy het nie net fikse personeel nodig nie jy het wakker personeel nodig. Die wat werklik die werk kan doen dis nie ‘n uitstappie nie dis realiteit. Sterkte.

Steyn ·

My Oom is ‘n goeie polisieman. As daar nog manne soos hy in die polisie is, is die ‘n stap in die regte rigting. Daar is steeds goeie mense om ons, dis net makliker om in die sleg vas te kyk. Tyd is al wat bewyse kan lewer.

Sies ·

Ander “gevaarlike” lande se weermag is duidelik sigbaar. In die midde ooste is daar elke 5blokke n blokkade en jy moet stop en se hoekom jy daar is. Dis ook sodat hulle n gebied vinnig kan afkamp en gou kwaaddoeners kan opspoor en afsny. Hoekom kan ons nie ook so stelsel he nie? Baie plaas streke het paaie wat 90% van die tyd net deur boere gebruik word. Laat die res dan stop en moet se wat hulle daar soek

Gielie Hill ·

Die feit dat dit op aanvraag en in samewerking met TLU en moontlik ook Afriforum gedoen word dra vir my baie gewig. Die buitelandse druk forseer hulle om iets te doen.

Johan ·

Hulle maak vir wolf skaapwagter en dink dit sal n verandering bring.

Sarel ·

Ek wil nie afbreek nie maar asb TLU, die gesprekke en beloftes Gaan al vir jare aan. Inwerklikheid was resirviste aansoek al gedoen maar was die voorwaardes nie moontlik om na te kom nie soos om vir drie weke jou plaas te los om opleiding te ondergaan wat net nie moontlik is nie. Hierdie tekort komminge is reeds aan die SAPD uit gewys . Hierdie is werklik nie n nuwe konsep nie.

Pierre ·

Ja, Ja n Plaasveiligheidsplan. Dit help veel die hele wereld weet hoe daai plan werk, dis mos hoe dit gaan. Alles wat veronderstel is om as n geheimeplan te wees of te werk word aan die krimineel uitverkoop… Sal maar eers sien hoe wonderlik die plan werk.

Sarel ·

Ai Piere, reservis beteken dat die persoon beskerming geniet tov die polisiewet, Toegang het tot staatsmiddele en ook arrestasiemagte en ondersoek magte bekom. Dus alles wat by die veiligheid inisiatief tekort skied. Jou neerhalende verwysing tov bestaande plaasveiligheid is ongevraagd. Indien dit so by julle gaan kan n bietjie selfondersoek wonders verrig.

Wielspore ·

Sarel, baie mooi gestel, dit lyk of die meerderheid mense wat die kommentaar lewer geen ervaring het van reserviste. Ek self was in die weermag vir 2 jaar en daarna 12 jaar kampe gedoen met onluste beheer en beskerming van die publiek. Soos deur jou genome, jy val onder die Polisie wet wat jou mag gee om te beskerm en verdedig. As al die klakouse wat hier kommentaar gelewer het aansluit as reserviste, beskerm jy jou eie gemeenskap en omgewing. Hou op met kla en wees deel van die oplossing.

Cor ·

Ek wil nie negatief wees nie maar gerugte wil dit he dat madam Sisulu die nuwe minister van polisie gaan word. So vergeet dan maar van die plan sy kon nie eers die SAW goed bestuur nie ook nie haar huidige posissie nie

Heksie ·

Met die nuwe “legislation” het die reserviste innames en opleiding baie verander.

Ek het self gesien by Oosrand Opleiding in Krugersdorp dat daar minder as 10 blankes deel van die groep was ….

maar ek hou nie my asem op nie …

Ryno ·

Laat die kommando lede aansoek doen vir die reservis poste…

John ·

… wie glo die boere gaan die reserviste wees? Hierdie is ‘n werkskeppingsaksie van die regering om sypaadjie-sitters ‘n joppie te gee en die boere erge hoofpyne. As die polisie self soveel midadigers in diens het, hoeveel van diesulkes gaan nie nou ‘n geweer in die hand gestop word nie. Moordenaars van plaasboere en grondgrypers kan nou plase gaan uitsoek en die inwoners help verdryf. Hierdie dwase aksie gaan eerder bloed laat vloei…

Werner ·

Sukkel al van 2008 af om n riservis te word vorder net elke keer tot by sigometriese toetse dan is daar weer ander verskonings het nou moed opgegee hou defnitief nie my asem op nie dit nadat ek reeds 3 jaar n riservis was en 14 jaar in komando

Piet Nel ·

Te minste gebeur daar iets, niemand het gepraat van die weermag nie net die kommentaar leweraars, kom ons kyk wat gebeur

Marina ·

Nou hoe verwag hulle nou dat mense die polisie moet vertrou as die aanvallers hulle as polisie voordoen?? Ek gee op!

Martiens ·

Net betyds vir Onteiening sonder vergoeding. Sodra die konsep wet word het net die SAPS mandaat om burgers te verwyder wat weier om ñ ‘wettige’ opdrag verontagsaam om hul grond af te staan! SADF mag nie arrestasies uitvoer nie…

Hanna Hoekom ·

Daar is n spreekwoord wat lui dat n vis van sy kop af ondertoe verrot. Dit is nou die SAPS daardie! Daar is soveel lede met kriminele rekords en neigings, dat ek hulle glad nie vertrou nie. Twee weke gelede is n boer deur n “polisie lid” in uniform voor sy plaashek doodgeskiet! Dis duidelik dat SAPD lede uniforms en vuurwapens aan kriminele verskaf. Ek is bevrees dat die nuwe reserviste maar bloot tot die aantal plaasaanvalle gaan bydra deur inligting aan vermeende aanvallers te verkoop. Wat sal hul keuringsvoorwaardes wees? Ek ruik n rot. Kommandostelsel of niks!

Jerry ·

Hierdie is positiewe verwikkelinge waar die ANC staat die “good state” gaan wees vir tenminste die volgende 5, hopelik 10 jaar. Enige inisiatief wat kan help om n veilige werk en leef omgewing te skep vir boere moet verwelkom word tesame met die groeipyne wat so n stelsel sal he en wat oor tyd uitgesorteer sal word. Van seker die belangrikste faktore vir so iets om te werk is wedersydse respek, gesindheid en kameraadskap, opleiding, operasionele plan, beskikbaarheid, voorkomende sigbare polisiering, reaksietyd, toerusting en ondersteuning. Die staat is tans nog n “failed state” en het nie n keuse nie anders as om hulself n bietjie reg te ruk volgens investering voorwaardes voordat buitelandse investering kan begin gebeur. Meeste mense sal tereg hulle bedenkinge he oor hoe effektief so stelsel sal wees met die standaard van die in bevel van die mense materiaal wat ontplooi sal word. Dit is egter ook so dat n positiewe ingesteldheid teenoor die stelsel en die bevelvoerders en mense op die grond en wat hulle welkom laat voel, virseker die mees effektiefste bydrae kan wees en wat opsigself wondere kan verrig!

Lerato ·

Oom Jakob het lank terug die kommando’s nes die skerpioene nek om gedraai. Cyril sal nie die kommando’s kan terugbring nie.

Wat mense nie besef nie (ek was lank reservis) is die die reservis meer magte as die gewone burger het.

Om die boere in te span as reserviste gee hulle meer mag en opleiding.

Onthou van die jonger boere het nie weermag opleiding gehad nie.

ne ·

Wonder wat die betaling gaan wees? Blankes het nog al die jare dit gratis gedoen. Seker ‘n lekker vet tjekkie elke maand, dan is dit mos werkskepping ook nog.

Jepetto ·

Party dae kan ek nie glo wat ek lees .Die negatiewe kommentaar wat mense skryf hier is nog tefeel ou frot apartheid skille wat rond le in ons land ……. Faith is like a small lamp in a dark forest It does not show everything at once but gives enough light for the next step to be safe !

Santie ·

Heng maar ons mense is negatief! Ons hoop hierdie help die boere en mense op die platteland. Aansoeke moet net fyn gesif word vir vorige oortrekings, en goeie opleiding gegee word. Die mense wat so negatief is, kan gerus by hul eie buurtwag aansluit, en ‘n verskil in hul eie omgewing maak.

Chris ·

Santie en al die ander wat se ons is negatief en nog apartheids bewus maak oop julle oe en dink met julle verstand. Daar is hope vrot appels in die regering van die dag so ook in die SAPD wat gaan hulle verhoed om nie n aanskag te maak nie. Daar is Sondag oggend wer n egoaar op n plaas in die Vrystaat aangeval. Sio as die regering ernstig is om misdaad vas te vat sal ons van die eerstes wees wat hulle komplimenteer, maar hudiglik nee

Ian ·

So, weereens verwag die staat dat vrywilligers hulle werk moet doen. Hier is ‘ n nuus “flash”, plaaswagte/buurtwagte doen reeds vir jare lank al die staat se werk wat veiligheid aanbetref op ‘n vrywillige basis. As die staat ernstig is oor veiligheid, is dit tyd om hulpbronne beskikbaar te maak vir die bekamping van misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.