Polisiesersant sterf toe aanvallers losbrand

(Foto: SA Polisie)

Die polisiehoof in Mpumalanga het opdrag gegee dat ʼn grootskaalse soektog op tou gesit word vir die aanvallers wat ʼn 43-jarige polisiesersant Vrydagaand koelbloedig doodgeskiet het.

Sers. Dominic Monana was nie aan diens nie toe hy en ʼn vriendin in die omgewing van die Gamotibitrust in Bosbokrand gery het.

“Die twee is voorgekeer deur ʼn groep van vermoedelik vier gewapende verdagtes wat langs hulle begin ry het en voorgegee het dat hulle met hom moet praat,” het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

Monana het sy venster oopgemaak, waarna die aanvallers vuurwapens op hom gerig en sy vuurwapen en selfone geëis het.

“Die gewetelose aanvallers het daarna glo verskeie skote op Monana geskiet. Hulle het hom en sy vriendin uit die voertuig gepluk, sy staatsvuurwapen en twee selfone gevat voordat hulle in sy voertuig gevlug het,” het Hlathi gesê.

Paramedici en polisiebeamptes is na die toneel ontbied, maar Monana is daar dood verklaar.

Sy vriendin was fisiek ongedeerd.

Hlathi het gesê ʼn saak van moord en motorkaping word ondersoek. In opdrag van lt.genl. Mondli Zuma, polisiehoof in die provinsie, is die polisie se 72-uur-aktiveringsplan ook in werking gestel om na Monana se moordenaars te soek.

Sy voertuig is reeds in Violet Bank, in dieselfde omgewing, gevind.

Monana was verbonde aan die Calcutta-polisiestasie.

Zuma het sy medelye met die beampte se familie betuig.

“Ek is oortuig die vinnige inwerkingstelling van die 72-uur-plan, wat kenners van verskeie eenhede by die ondersoek betrek, gaan positiewe resultate oplewer en verseker die verdagtes beland agter tralies,” het hy gesê.

Bheki Cele, minister van polisie, het die afgelope week gevra vir swaar strawwe vir polisiemoordenaars nadat sewe beamptes, benewens Monana, die afgelope sowat twee weke vermoor is.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om ao. Mduduzi Aubrey Motubatsi te bel by 072 320 3194.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maria

So, so sad en onnodig

Tiptol

Swaar strawwe moet op alle moordenaars toegepas word.

gatgogga

Malema het in die openbaar oorlog teen polisiebeamptes verklaar.
Net soos teen plaasboere.
Snaaks dat die media te vertraag is om die kluitjie by die oor te kry.

Eurika

Hou op om PE sulke vulgere name te noem dis my belasting geldn wat vermors word op n plek wat my WIT oupa gehelp bou het

Sarel

Vra vir Malemna dit was mos sy opdrag
..weereens hoekom.tree die ANC nie teen Malemma op nie