Polisiesersant, vrou en twee kinders sterf in brand

(Foto: pixabay)

Die polisie in Mfuleni in Kaapstad doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn polisiesersant, sy vrou en twee kinders Vrydagaand in ʼn brand gesterf het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê ʼn huurder op die perseel het omstreeks 21:30 gille uit die huis gehoor en ondersoek gaan instel. “Die huurder het toegang tot die huis probeer bekom. Die liggame van die 48-jarige man en sy 38-jarige vrou is in die slaapkamer van hul huis in Ringwoodstraat aangetref. Hul twee kinders, onderskeidelik vier en agt jaar oud, is in die gang dood aangetref.

“Die persone het vermoedelik gesterf weens rookinaseming. Die egpaar se 18-jarige dogter, wat brandwonde opgedoen het, word tans in die hospitaal behandel. Haar 11 maande oue baba is ook vir rookinaseming opgeneem.”

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is van die voorval nie.

Lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met die familie en naasbestaandes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.