Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn motoris is die afgelope naweek in Culcata, noordoos van Hazyview, deur ʼn onbekende aantal verdagtes in twee motors van die pad gedwing. Die oomblik toe hy stilhou, het die mans uit die motors gespring en ʼn vuurwapen op hom gerig. Hulle het die man in sy motor se bagasiebank ingedwing en toegesluit.
“Die verdagtes het daarna na die slagoffer se huis by Nkwinyamahembe in Culcata gery waar hulle die huis omgekeer het en waardevolle items gevat het,” het Mulaudzi gesê. “Die verdagtes het ook weggekom met R200 000 kontant wat die slagoffer in sy bagasiebak gehad het. Hulle het met die slagoffer se motor gevlug.”
Volgens Mulaudzi kon die slagoffer die rowers identifiseer en die polisie het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur. Vier verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem.
Die polisie se ondersoek het hulle ook gelei tot by ʼn huis in Masoyi, suid van Hazyview, waar twee renosterhorings gevind is en ʼn Mosambiekse burger in hegtenis geneem is.
Die soektog na die gekaapte voertuig en die ander verdagtes gaan steeds voort, het Mulaudzi gesê.
Wat maak jy met R200 000 in jou bagasiebak? En hy kon sy aanvallers identifiseer? Van waar?
Suspect….
En hulle vra nie die persoon WAAR kom hy aan R200K kontant nie? Mmmm….
Dis gelukkig nie ‘n misdaad om R200 000 kontant te hê nie.
Mooi so. Hulle het letterlik die huis op (renoster)horings geneem.
was dit dalk nie n renoster stroper wat geroof was na hy betaal het nie R200k baie geld om in n bagasiebak rond te ry
was dit dalk nie n renoster stroper wat geroof was na hy betaal het nie R200k baie geld om in n bagasiebak rond te ry
Die man het dalk n winkeltjie iewers en vat hy sy geld saans huis toe. Daai skurke het geweet daarvan, en hom voorgele. Die man gaan mos nie die mense uitken as hy kop in een mus is met hulle nie.