Polisiespeurder se lyk gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Provinsiale taakspan onder leiding van die Valke is aangestel om die moord op ʼn polisiespeurder van die Vrystaat te ondersoek.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Sondagoggend in kennis gestel dat ʼn man se lyk naby die Kaizer Sebothelo-stadion in Botshabelo gevind is.

Daar is ná verdere ondersoek vasgestel dat dit die liggaam van konst. Mosiuoa Putsoeli (36) is. Putsoeli het ʼn steekwond aan sy nek gehad en sy beursie en dienspistool word vermis.

Mambo het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting het oor die voorval om kol. Mafoyane te bel by 082 373 9259. Lt.genl. Thabethe Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het gesê twee speurders van Botshabelo is Saterdag begrawe nadat hulle verlede week in ʼn motorongeluk dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GES ·

Lewensverlies is altyd ‘n baie tragiese gebeurtenis. Die verlies van die dienspistool is ook baie kommerwekkend. Nog ‘n skuimbol op staat wat ‘n bedreiging vir lewe inhou.

Vra maar net ·

Hoekom word die Falke altyd ontplooi sodra daar ‘n Polisie persoon vermoor word?
Het die Polisie nie opgeleide mense nie?
Geen wonder dat die misdadigers so vry rondloop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.