Polisiestasie geen ‘veilige hawe’

Die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion. (Foto: Skermskoot/Google Maps)

“Ek het daar ingestap met die gedagte dat hierdie ʼn veilige hawe is. Min het ek geweet ek gaan van een ontbering na die volgende.”

Só het Anja Pentz vandeesweek vertel nadat sy op die aand van 22 April – nadat sy uit vermeende kapers se kloue ontsnap het – by die Wierdabrug-polisiestasie in Pretoria van dronkenskap beskuldig en toegesluit is toe sy daar om hulp gaan aanklop het.

Pentz het op dié aand in die omgewing van die Fonteinesirkel ʼn Volkswagen-sedan op haar kar se stert opgemerk. Sy was op pad na haar huis in Centurion.

Sy ry dikwels vrou-alleen en is ekstra bedag op haar omgewing, veral snags by verkeersligte. ʼn Voertuig het tot langs haar gery en haar skielik van die pad af probeer druk.

“Ek was in die geelstreep, maar ek het skielik rem getrap en gewonder of die persoon dalk dronk is. Hy het ook langs my gebriek en my kop het vir my gesê: Jaag.

“Jy probeer kophou met wat om jou gebeur. Ek het probeer kyk of daar êrens hulp is, of ek dalk deur ʼn sloot kan jaag …”

In die dolle vaart op die hoofweg het Pentz die Jeanlaan-afrit voor haar sien opdoem en op die ingewing van die oomblik besluit om na die Wierdabrug-polisie te jaag sou die voertuig haar nog volg wanneer sy die afrit neem.

Steeds het die voertuig haar agternagesit.

Die verkeerslig by die afrit was rooi en Pentz het al stadiger gery in ʼn pogings om nie heeltemal tot stilstand te kom nie. In daardie stadium het ʼn man agter uit die Volkswagen gespring.

Pentz vertel sy het oë toegeknyp en weer gejaag – dié keer af in Jeanlaan in die rigting van die Ou Johannesburgweg. “Jy voel hoe bene jou bewe, maar jy verstaan self nie wat deur jou kop gaan nie.”

By die Ou Johannesburgweg het sy weer deur die kruising gevlieg, regs in die rigting van die polisiestasie. Sy het by die stasie se parkeerterrein ingejaag, is bo-oor ʼn randsteen en eers toe sy haar deur oopmaak om na die polisie te vlug, het die voertuig verdwyn.

Of hulle haar wou kaap of ʼn ander, duistere motief gehad het, weet Pentz nie presies nie.

Tweede trauma

Anja Pentz sê sy vrees die polisie na die gebeure.

Pentz is by die polisiestasie in, vol vertroue dat sy daar veilig sal wees. Maar hier het nog ʼn ontbering op haar gewag.

“Ek het ingestap en my voete was so swaar dat ek gevoel het of ek nie my bene kan optel nie.”

Sy vertel vyf polisiebeamptes het in die dienssentrum gesit, terwyl ʼn sesde besig was om iemand anders te help. “Ek het ingekom, gekalmeer en vir myself gesê ek is nou veilig.”

Pentz sê sy het die beamptes gegroet. Nie een het egter opgestaan nie en sy het gevra of iemand kan opstaan om te help. Van daar het die situasie met rasse skrede versleg. Pentz vertel sy wou nog haar foon optel, toe een van die beamptes opspring, dit gryp en vra “what the f**k do you think you’re doing?”

Pentz sê sy wou nog verduidelik, maar nadat een van die beamptes die idee gekry het dat sy ʼn video-opname gemaak het, het hy haar aan die nek gegryp en gevra of sy dink sy is slim. Die beampte het haar meegedeel dat hy haar gaan boei en op ʼn vraag waarom, is Pentz meegedeel dit is omdat sy dronk in die openbaar is. Sy ontken dit ten sterkste.

Ten spyte van haar herhaalde pleidooie om vir drankgebruik getoets te word, het dit op dowe ore geval.

“I’ll f***ing show you,” het een van die beamptes volgens Pentz haar toegesnou voor sy in die gang afgemarsjeer en in ʼn aanhoudingsvertrek toegesluit is. Haar beursie, selfoon en motorsleutel is gekonfiskeer en sy is beveel om ʼn hangertjie om haar nek te verwyder.

Sowat ʼn uur later het twee vrouebeamptes teruggekeer en haar beveel om vir die items te teken. Pentz sê uit desperaatheid het sy in die boek geskryf dat haar vingerafdrukke nie geneem is nie en ʼn alkoholtoets ook nie gedoen is nie. “Ek het dit neergeskryf en toe ruk hulle die boek weg.”

Kort daarna het sy ʼn deur hoor oopgaan en dit uit vrees toegedruk. Een van die beamptes het glo vroeër aan haar gesê omdat sy dink sy is slim, sal hy haar ʼn les leer.

“Dit het my laat vrees wat nou gaan gebeur,” vertel Pentz, en sy het die deur verbete bly toedruk.

Ure later is sy uit die yskoue aanhoudingsvertrek gebring en beveel om ʼn dokument – vermoedelik ʼn skulderkenningsboete – te onderteken omdat sy glo dronk in die openbaar was. Pentz sê haar besonderhede was op die dokument ingevul, hoewel die beamptes haar net gevra het wat haar adres en beroep is. Sy sê die res van die inligting moes hulle uit haar beursie bekom het.

Pentz sê hoewel daar nie ʼn groot bedrag geld in haar beursie was nie, was haar hangertjie en ʼn 20c-muntstuk al wat oorgebly is nadat haar besittings aan haar teruggegee is. Haar selfoon was ook beskadig.

“Ek het besluit om eerder stil te bly; geld gaan nie nou ʼn verskil maak aan wat ek reeds deurgemaak het nie.”

Pentz het haar besittings gevat en vir een van die beamptes gesê sy het eintlik vir hulp na die polisiestasie gekom. “Ek het vir hom gesê tot nou toe het nie een van hulle gevra wat met my gebeur het nie. Ek het vir hom gesê dít waardeur ek is, is nie hoe mense gedien en beskerm word nie.”

Vrees polisie

Pentz sê sy vrees die polisie nou meer as ʼn misdadiger.

“Ek vertrou die polisie glad nie. Ek was altyd op die uitkyk vir boewe, nou kyk ek of ʼn polisiebeampte sien.

“Ek is bang vir die polisie.”

Pentz sê sy is te bang om terug te keer huis toe en pendel nou tussen haar broer, Jacques, of haar ma se huis.

“Dit is vir my geen snaaksigheid dat mense reg in eie hande neem nie. Ek sal nooit weer in my lewe op my eie by ʼn polisiestasie instap nie. Nooit nie. Ek sal eerder my kanse met ʼn kaper waag as om by die polisie te gaan hulp soek.”

Pentz is die volgende dag saam met haar broer terug na die polisiestasie om klagte teen die beamptes aanhangig te maak. Volgens haar het die stasiebevelvoerder gesê ʼn saak van diefstal en saakbeskadiging sou glo geen nut hê nie omdat dit haar woord teen die beamptes sʼn was. Op haar vraag of daar kameras in die gebou is sodat die gebeure bevestig kon word, het die bevelvoerder glo gesê die kameras is stukkend.

ʼn Beampte het haar verklaring afgeneem en sy het later ʼn SMS ontvang wat sê die saak word ondersoek.

Pentz het haar ook tot AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hulp gewend. Sy moes Donderdag in die hof verskyn, maar ná die eenheid se ingryping in ʼn brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag, is die saak teen haar van die rol verwyder.

Intussen sukkel sy steeds om te slaap en die aand se gebeure speel deurlopend in haar geestesoog af. “Jy maak jou oë toe en jy sien en hoor alles weer.”

Nie enigste klagte teen Wierdabrug

Pentz se aantygings is nie die enigste klagtes teen die Wierdabrug-polisiestasie nie.

In Januarie vanjaar is Naas le Roux in hegtenis geneem – ook deur beamptes van Wierdabrug – nadat hy die aandklokreël oortree het om vir sy knieserige pasgebore baba te gaan formulemelk koop.

Le Roux is op pad huis toe van die apteek voorgekeer en beamptes het glo gesê hulle gaan hom in hegtenis neem en ʼn les leer. Sy vrou, Natasha, het met hul baba na die toneel gestap om die melk te kry en sy is later toegelaat om met klein Ariana op haar skoot huis toe te ry.

Naas is ure later vrygelaat en die NVG het later aangedui dat hy nie met vervolging voortgaan nie.

Die polisie het nog nie gereageer op navrae oor of enige interne stappe in dié saak teen die betrokke polisiebeamptes gedoen is nie.

In nog ʼn voorval is Sanet Erasmus, ʼn werker by die Wierdabrug-polisiestasie, vroeër glo deur ʼn vrouekollega aangerand – na bewering ten aanskoue van ʼn senior offisier wat glo niks gedoen het om in te gryp nie.

Lizzie Kganyago, wat tereg staan op ʼn aanklag van aanranding ná die voorval, se verhoor begin na verwagting volgende week in die Pretoriase landdroshof.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig, ook oor Pentz se bewerings, en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Michael ·

Ai dis om van naar te word. Indien iemand nog die polisie vertrou is hy/sy werklik naief-veral as jy wit is. Bly maar so ver moontlik van hulle weg. Ons leer ons kleinkinders ook nou dat jy geen persoon in uniform vertrou of naby jou toelaat nie-hulle moet ons of hul ouers onmiddelik laat weet indien hulle enige iemand in uniform sien aankom. Ongelukkig gaan dit nooit verander nie-hierdie is Afrika. Bid hierdie vrou net sterkte toe

Adriana ·

Die polisie wat veronderstel is om jou te beskerm is die skurke. Vetrou geen polisieman, jy kan glad nie op hul staatmaak.

Herpiet ·

Jammer maar dit gaan nie beter word hier nie.
Die polarisasie tussen ons en hulle is ongelukkig al te polities versleg. Ons word as die white trash gesien…

Nie Verbaas ·

Ongelukkig vir hulle as gevolg van korrupsie en arrogansie het mens alle respek verloor en word hulle gesien as BEE trash.

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as jy mag in n onbevoegde rassis se hande sit.

Dup ·

Rassisme in die ergste graad.Hulle is net daar vir “our people” en die res van die bevolking is op hulle eie.Dinge gaan net erger raak as ek kyk na die nuutste misdaadsyfers.Die polisie is merendeels onbekwaam om hulle werk te doen en sommiges kan kwalik lees of skryf.

Nie Verbaas ·

My vraag bly steeds, wat is die standaard van opleiding en hoeveel slaag werklik?

Alma ·

Hulle lewer nie eers meer n diens aan hulle eie mense nie. Sit net en verdien verniet n salaris, en gebruik hul mag om die wat durf (in hul koppe meeste van die tyd) om hulle tee te gaan “n les te leer”.

Mieliestronk ·

Gaan lê ‘n klag van seksuele aanranding teen ‘n kind by Wierdabrug, dan sien jy hoe lyk die privaat kamer. Net so groot ontnugtering vir almal

JM ·

Skandalig! Onopgevoede buffels en húlle word polisie genoem! Mag hierdie skuim swaar gestraf word en ook ontslaan word.

pompies ·

Wierdebrug is al hoeveel keer in die moeilikheid oor hulle gedrag teen oor die publiek. Meeste van die polisie lede daar word ingery vanaf Johannesburg en omliggende gebiede so hulle maak en breek soos hulle wil want hulle bly nie in die area nie. Hulle is ook lekker onbehulpsaam en die stasie is alewig sonder skryf behoeftes of die masjien werk nie of een of ander verskoning.

Carel Aaron ·

Klink meer na rassehaat deur magsbehepte onbevoegde mense. LW my woordkeuse vir hul beskrywing. 99% van polisie is kriminele. Ek is te skaam om te sê ek het daai uniform gedra.

Josua ·

Skakel in by Afriforum se nood diens hulle sal jou mooi verduidelik hoe dit werk, hulle het ook n nood knoppie wat jy op jou foon aflaai juis vir gevalle soos die, jy kan ongelukkig glad nie meer die polisie vertrou veral as jy vrou alleen is nie. Die tyd het aangebreek dat ons onafhanklik optree van die polisie en is oplossings soos die van uiterse belang.

ES ·

Josua, ek stem saam met jou – deesdae is jou privaat sekuriteitsmaatskappy ‘n baie beter opsie as die polisie. Hulle is baie beter opgelei en hulle kan skiet.

Dit is tyd vir onfahanklike optrede en ons moet nou maar selfonderhoudend raak, want die polisie is net nog ‘n “binnelandse-sake” of “lisensiekantoor”.

Anel ·

Ons bly ook in hierdie wyk. As ons dokumente moet laat waarmerk of beëdig, gaan ons maar eerder poskantoor. (Staan eerder bietjie en wag en word vriendelik behandel) Omdat die polisie geweier het om Afrikaanse dokument te beëdig . Omdat hy nie verstaan wat ek geskryf het nie. Waar die inhoud in elke geval niks met hom te doen gehad het nie. So van daardie plek sê ek eerder niks.

melaney ·

Anel ek is só bly dat ek jou kommentaar gelees het. Ek moes ook telkemale ‘n dokument laat beëdig by die Honeydew Polisiestasie en ek was sleg behandel. Het nie geweet dat die poskantoor ook kan help nie.

Karen ·

Meeste instansies aanvaar nie meer beëdige dokumente vanaf die polisie nie, te veel bedrog….

koos ·

Kriminele in blou. Nog ‘n cANCer suksesverhaal, beter life for our people

Grassie ·

Wierdabrug polisiestasie is nie ‘n uitsondering nie, dit is die norm. Hier in ons geweste is het ‘n wit man en vrou na Witrivier polisiestasie gevlug vir veiligheid toe hulle deur sg “sekuriteitsbeamptes” van ‘n obskure sekuriteitsfirma geteister en aangeval is. Hulle is daarna deur hul agtervolgers in die aanklagkantoor aangerand – die man is selfs teen die kop geskop toe hy op die grond gelê het. Die polisie het net toegekyk. Die hele aangeleentheid met stawende videomateriaal is volledig hier op Maroela rapporteer. Dit word kastig ondersoek, maar dit is duidelik net praatjies.

Andre ·

Ek wonder maar net of die saak nie anders sou loop as sy nie daarop aangedring het om gehelp te word nie?
BTC volgens my staan vir “Because they can” en niks wat jy doen kan dit verander nie….daar is baie sulke mense in die samelewing…..

Excalibur ·

Belastingbetalers betaal vir hierdie nasional veiligheid & sekerheid diens van die Staat teen swaarverdiende bloedgeld! Onbwaamheid en openlike Rasisme kan totaal nie aanvaar word in so ‘n staatsdiens organisasie wat diens aan alle rasse van hierdie mooiland lewer nie; buitendien word hul salarisse deur die minderheid van hierdie land getrou elke belastingjaar inbetaal . Die waarheidskommissie word opgekommandeer of … of … lei hul aan dieselfde verwaandheid?? SAPD Wierda Brug; jul faal ‘n nasie en is ‘n skandvlek vir ‘n eens trotse Polisiemag! Wonder hoe jul sal voel as die “minderheid” getrou hul jaarlikse belasting betaal en jul salarisse van die “meerderheid” se getrouheid en pligsbesef afhang? Tree neutraal en regverdig op; ons is in ‘n Eennasie Konsep wereldspeelbeeld waar almal geleike beregtiging en voor- sowel as nadele geniet.

Jana ·

Nou wanneer word iets dan hieraan gedoen? Die spul is duidelik ‘n klomp rassiste!

ES ·

Jana, ek dink privaatvervolging is die orde van die dag. Sy moet met behulp van Afriforum en klomp ander slagoffers ‘n goeie regspan kry en met ‘n groepsgeding die minister van polisie dagvaar. Dalk sal OPOD bietjie opstaan uit hul stoele en hul vinger uit hul neuse haal.

Mariana ·

Soveel klagtes oor een polisiestasie en niks word gedoen. Ek dink maak skoon daai plek, begin sommer by die stasiebevelvoerder want dit is juis hy wat nie sy werk doen nie. Verwyder die vrot appels en vervang hulle met mense wat wil werk. Nie alle polisie kan oor dieselfde kam geskeer word nie, ongelukkig is die bestes of reeds op pensioen of op ander plekke. Die wat by daai stasie is is boelies en nie geskik om hul werk te doen nie. Dis tyd vir Cele om sy ry te kry dat dinge beter kan raak. Hy is die grootste probleem….

Anel ·

Die vorige SB het glo binne 24 uur bedank so rukkie terug en die nuwe een het so 2 weke terug glo in die hospitaal beland met hartaanval!

ES ·

Nou ja, Hoed, wanneer gaan maak jy bietjie draai daar om die onbevoegdheid self te kan aanskou?

Skuus, ek het vergeet jy is ook onbevoeg so jy sal seker niks verkeerd vind daar nie…

Anton ·

Wie is die bevelvoerder daar? Seker Frik van Tonder of Japie van Staden? :-)

Persheks Adri ·

Om te dink hulle moet beskerm en veilig hou. Nee wat ek doen nie eers daai moeite nie. Voel verskriklik jammer vir die slagoffers! Wat is volgende magtag?

Hoedeman jy en jou mense is die grootste patete óóit! Geen wonder ons neem gereg in eie hande nie, want julle doen NIKS!!!

Irma ·

Wat hulle wel kon doen is om onskuldige mense wat wag vir hulle SASSA toelae met n waterkanon te spirit.

Chris ·

Daar is nie hoop of beskerming vir en vanaf die SA polisie nie wat verwag mens as jy met karakters soos CELE en Sithole sit in die bestuur . NET CHAOS

C-Monster ·

Wierdabrug se polisie het ontaard in ‘n klomp rassistiese gemors wat REEDS ‘n reputasie opgebou het vir rassistiese, onbevoegde, en onregverdige optrede.
Hulle is korrup.
Hier in Centurion is al verskeie witmense wat daaronder deurgeloop het.

Karen ·

Antwoord….. ñ Interne ondersoek sal in plek gestel word.

Samuel ·

‘n Mens mag seker nie vra wie die polisie beamptes was nie? Sies vir die SAPD!!

Rian ·

Kry n goeie prokureur en maak geld uit hierdie boewe deur Saps te dagvaar.

Strandloper ·

Wie moet ons bedank…fw en al die ja broers..nou is ons n volk sonder n land en word vertrap deur dit wat ons voorouers voor gevrees het! Niks maar niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoop julle boet daarvoor!

C-Monster ·

Maroela, delf asb bietjie dieper in hierdie storie.
Die DA in die streek het al verskeie klagtes teen die stasie bymekaar gemaak, en as ek dit nie mis het nie, is die vorige stasie bevelvoerder alreeds verwyder agv sy “lede” se wangedrag

Ansie ·

Kan Afriforum nie asb vir Opod versoek om ‘n ondersoek na die Wierdabrug-polisiestasie se beamptes van stapel te stuur nie? Dis nou al die hoeveelste keer dat beamptes van hierdie stasie om die verkeerde redes in die nuus is en dit hou net aan. Iewers moet die streep getrek word.

Hydi ·

Dan wonder mense hoekom groepe inwoners gereg in eie hande neem wanneer hul misdadigers vastrek in hul woonbuurte. Ons almal gaan dit begin doen. ‘n Vuurwapen in jou kar beteken meer as’ n polisiebeampte.

My siening ·

My kinders weet ek het hul geleer as jy n polisie man sien hardloop so vinnig weg want die goed is so vet en onfiks dat n skilpad vir hulle weg hol. Daar is darem so n klein minderheids groep wat probeer goeie werk doen maar ook geintimmideer!

Corne123 ·

ai so tragies tud dat minister van SAPS toegesluit word vir sy swak bestuur

LANA is ELANè ·

Ja, Gauteng se eie vigilante stasie, al vir jare en jare en die regering voel ‘n veer want hulle identifiseer met die kkomp korrupte amptenare wat so graag mense, veral witmense, teiken en boelie.
Ek sal nie my voete in enige polisiestasie sit nie, die antagonisme teenoor mens is tasbaar ~ selfs al gaan meld jy net iets soos ‘n motorongeluk aan dan is jy hulle iets verskuldig voor hulle jou help, maar stap met ‘n houer KFC daarin dan verander hulle hele houding.
En ja, dit is sleg dat almal onder dieselfde kam geskeer word, maar dan moet hulle begin om hul kollegas aan te vat wat veroorsaak dat omtrent almal vd publiek geen respek vir die SAPD oorhet nie!
Wit en swart, my huiswerker vertel my hoe word daar aangegaan met die jongvrouens asof almal van hulle prostitute indiens vd SAPD moet wees dus vermy hulle ook die spul in uniform so ver as moontlik.

Rooikoos ·

Daar is maar net een uitweg want hierdie absolute haatlike rassisme op blankes gaan nie stop nie. Inteendeel.
Dis tyd om af te stig van RSA soos Israel in Palesina.
Dis al wat sal werk.

Martie Smartie ·

Ek ruik ‘n rot, hierdie dame se storie klink nie vir my reg nie …

Nico ·

Hoe weet jy, jy was dan nie daar gewees nie. Kry eers jou feite reg voordat jy aanmerkings maak. Is jy ook ‘n lid van die SAPD by die Wierdabrug stasie.

Jasmyn ·

Ek kan getuig van die swak diens by Wierdabrug polisiestasie. Ek is geskei van ń alkoholis man wat deur die jare baie aggressief was. Ek het verskeie interdikte teen hom by die hof bekom. Ek moes Wierdabrug polisiestasie verskeie kere laat uitkom vir hulp as hy my aangerand het. Hy het egter van die kos wat ek vroeër die aand gekook het vir die polisie in borde geskep en vir hulle aandetes aangebied. Die polisie het hierdie omkoop borde kos aanvaar en dan het my x skotvry daarvan afgekom en ek is net so aan my genade oorgelaat met ń interdik wat niks beteken het nie. Hierdie tipe insidente het ongeveer 3 keer plaasgevind. Op ń stadium moes ek met ń ambulans hospitaal toe geneem word, nadat ek die omgewing sekuriteit gebel het en hulle ń ambulans gereël het. Die polisie se reaksie: “Ons kan nie haar man wat haar geslaan het arresteer nie al het sy ń interdik. Sy moet eers ń verklaring by die polisiestasie gaan aflê nádat sy ontslaan is. Die verklaring het ek met harsingskudding afgelê..

FBS ·

Dit is die polisie, hulle kan onskuldiges hard hanteer en as kriminele sien maar wanneer klagtes van werklike probleme gele word dit net onder die mat in gevee. Soos daar gesê word ons is op ons eie.

Jasmyn ·

Afriforum moet bietjie ondersoek instel na hoe die diens by die wapen- lisensie afdeling by Wierdabrug is. Ek verwys veral na die dame genaamd Chaucké wat op elke kliënt skreeu dat jy haar tot buite die gebou hoor, 4 kliënte se aansoeke gelyk hanteer (dus weet 3 ander mense watse wapen jy besit ens), vorms met ander kliënte s’n meng en selfs een kliënt se aansoek “per ongeluk” in die asblik laat beland het, ens. Vingerafdrukke word geneem en as die betrokke beampte “per ongeluk” sy vingers op jou afdrukke druk is dit maar ok. Hulle antwoord NOOIT hul fone nie. As jy ingaan vir afspraak kry jy eers ń afspraak vir 2 maande later en dit neem die polisiestasie 7 maande vandat jy daar ingestap het om jou lisensie uit te reik. Vroeêr jare was dit 3 maande. Dis korrupsie van begin tot einde.

christo ·

Ek vertrou nie die polisie nie. Die meeste is skelms en slapgatte. Die goeie polisiebeamptes word geviktimiseer en uitgewerk. Dikwels bedank die goeie polisielede en is vir altyd verlore. Minister Cele sal sy alie afvee teen klagtes en selfs vergoeding betaal met die belastingbetaler se geld, maar ‘tjo-tjo cops’ word nie gestraf nie, al is hulle skuldig bevind in ‘n hof. Hulle gaan net voort met hulle wangedrag .

Mallie ·

Dit is baie jammer, want Wierdabrug was een van die beste, as dit nie die beste polisiekantoor was in Centurion nie. Dis solank terug ek glo die mense kan dit seker nie meer onthou nie.

Jack ·

Ongelukkig het die optrede van die bestaande regering en hul uitsprake van dekades die swart wit haat tot gevolg en dit gaan nie verander nie. Soos met alle staatsinstellings is dit beter vir jou siel om weg te bly en die instellings as vyand van veral die Afrikaner te beskou. Jammer maar die gemors gaan eers slegter word voordat dit gaan verbeter. Die lesse van afrika is vir almal om te sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.