Polisiestasie van wapens, geld beroof

Argieffoto: SAPD

Drie mans het Saterdag in die vroeë oggendure die Badplaas-polisiestasie in Mpumalanga binnegegaan en twee polisiebeamptes oorval.

Volgens kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het die verdagtes om 00:39 die polisiestasie binnegegaan en vuurwapens op twee beamptes gerig.

Die beamptes se dienspistole is afgeneem waarna die verdagtes hulle gedwing het om die kluis oop te sluit. “Die verdagtes het ʼn R5-aanvalsgeweer en geld uit die kluis gehaal. Hulle het hierna met die aanvalsgeweer, die twee dienspistole en die geld te voet gevlug.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek op Stop Misdaad te kontak by 0860 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dubbelloop ·

Twee dinge.
1. Polisie het seker gesit en slaap toe hulle oorval word.
2. Waar kan jy jou vuurwapens inhandig by enige polisie stasie? Die kanse is byna 100% dat hulle in die verkeerde goed se hande sal land. Nee wat!

JohanR ·

“Hey Julius jy het gese dis ‘n Clicks winkel hierdie?” Ek dog ook soe Floyd, maar terwyl ons nou hier is kan ons net soewel ‘n paar wapens berg!” “Ons beter gou maak Julius, is al verby my bed tyd.”

Chris dupreez ·

Ons almal weet hoe wakker is ons huidige polisie om 1 uur die oggend

ElizeK ·

Dan wil Cele hê ons moet ons vuurwapens inhandig terwyl hernuwings aansoeke verwerk word. Hoekom kan dit nie in ons kluise bly nie.
Wat gebeur as my wapen tydens n insident soos hierbo, voete kry.
Gaan SAPD my wapen vervang. Ek dink nie so nie.

Daleen ·

Ag nee hoe kon die skurke hulle middernagterlike slapie so onderbreek het!

Anel ·

Waar was die hekwag of kampwag? Seker lekker geslaap? Waar was die wyksbevelvoeder wat hulke gereeld moes besoek? Daar is so baie om te doen of dinge om jou mee besig te hou deur die nag dat daar nie tyd is om te slaap nie. Maar lyk my nie die lot het al geleer wat gebeur as mens aan diens slaap nie. Onbevoegde spul!

Persheks Adri ·

Weereens ‘n bewys hoe onbevoeg die polisie is! Kyk weer hoe maklik dit is om hulle wapens af te vat, maar groot hoed wil ons ontwapen ekskuus tog verskoon my!

Jr ·

Sorry ons kan nie nou kom nie – ons het nie n voertuig nie. Sekuriteit wagte is beter opgelei as hierdie slaapende car watches

Carl ·

Dit is lankal nie meer gewone misdaad nie, dit grens aan terreur. Die misdadigers wys dat hulle in beheer is.

Tanya ·

Wat de actual hel?? Ja jong… Dis hoe dit gaan wees tot die einde. Vertel my gou weer wat doen mens met jou ongelisensieerde vuurwapen?

Niel ·

Net ter inligting. Vuurwapens van die publiek word nie in die GDS kluis gehou nie. Die GDS lede het ook nie toegang tot ander kluise op die stasie nie. Of jy nou slaap of helder wakker is daardie tyd van die nag, jy sal nie weet die persone wat die GDS binnekom is nie daar om te kla nie, maar om jou te roof. Klein stasie, min personeel, nog minder oor naweke

Jakes ·

Lawekkend om dit te lees. Rowers het dalk inligting ontvang dat die polisie aan diens slaap of dat hulle nie patrone in hul wapens gehad het nie.

MakersMark ·

Die polisie manne was natuurlik wakker en paraat en oorval deur ongelooflike bekwame boewe. Iets sal aan die boewe se vlak van kundigheid gedoen moet word.

Moedeloos ·

Dit is tyd dat die polisiekantore se ontvangs ook beveilig moet word. Waar is die panicbuttons. Hoekom is daar snags nie veiligheidshekke voor die deure nie. Hierdie rowers is te gemaklik hul ken die ins en outs van die stasies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.