Polisietoerusting, dwelms tydens klopjag gevind

(Foto: SAPD)

Twee verdagtes is in Johannesburg se berugte Hillbrow-woongebied in hegtenis geneem nadat die polisie beskermende toerusting van die SAPD se eenheid vir openbare orde by ʼn woonstelblok gevind het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê 24 polisiehelms, 12 oproerskilde en dwelms is Vrydag in ʼn stoorkamer van die Cape Agulhas-woonstelblok gevind.

“Die polisie het die ‘O kae molao’-operasie uitgevoer by ʼn aantal geboue in Hillbrow wat geïdentifiseer is as die oorsprong van ʼn groot aantal kontakmisdade. Ander geboue waarop toegeslaan is, sluit in Kiribili, Eastgate, Florence Nightingale en O’Riley. Die polisie het 22 buitelandse burgers sonder die nodige dokumente in hegtenis geneem, asook twee verdagtes vir dwelmbesit en -handel,” het Peters gesê.

“Twee onwettige drankwinkels is gesluit en daar is op die drank beslag gelê. Nog drie verdagtes is in Joubertpark op aanklag van sakeroof in hegtenis geneem.”

(Foto: SAPD)

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het opdrag gegee dat ʼn dringende ondersoek op provinsiale vlak gedoen word om vas te stel hoe die SAPD se beskermende toerusting in misdadigers se hande beland het.

“Die mate waartoe misdadigers nou oorgaan om die gesag van die staat te ondermyn, is baie kommerwekkend. Geen steen sal onaangeroer gelaat word om die bron van verskaffing op te spoor nie. Of hierdie toerusting deur die staat uitgereik is of bloot replikas is, ons glo die voorneme om staatseiendom te besit is steeds krimineel,” het Mawela gesê.

In ʼn soortgelyke maar onverwante voorval gister in Douglasdale, het die polisie ook op verskeie items beslag gelê, insluitend polisierang-kentekens en “militêre styl” items.

(Foto: SAPD)

“’n Man, vermoedelik ʼn liggaamsbouer, is in hegtenis geneem nadat hy skote op die polisie afgevuur het. Die verdagte het na bewering van ʼn misdaadtoneel in Honeydew gevlug nadat hy glo ʼn taxibestuurder in ʼn vermeende padwoedevoorval geskiet het. Die taxibestuurder is na die hospitaal gehaas, maar geen polisiebeamptes is beseer nie,” het Peters gesê.

“Drie vuurwapens is teruggevind – twee pistole en ʼn haelgeweer, asook 800 patrone van verskillende kaliber vuurwapens, magasyne, ploftoestelle en ander gevaarlike wapens. In beide gevalle sal ondersoek ingestel word of enige van hierdie wapens verbind met vorige misdade kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

n Mens kan net dink hoeveel dodelike wapens en amunisie kom vanuit boere se kluise wat tot vandag nog nie verstaan dat jy nie meer jou wapens in n kluis moet toesluit nie.

Deon ·

Nou se vir my waar moet ek my wapens bere behalwe my pistool aan my sy?

Cherokee ·

Hy hoef jou nie te vertel nie, ek sal jou sê. Ek het ‘n rewolwer en ‘n pistool en weier om albei gelyktydig te dra. So, een is in ‘n kluis wat teen ‘n muur vasgebout is. Enige verdere vrae?

Grassie ·

Waaat?? Sluit julle al jul wapens in ‘n kluis toe? Dit is baie dom!! Kom ek leer julle wat om te doen. Sit R5000 (R10:R20 note) in daardie groot kluis wat almal kan sien en paar hande vol nagemaakte juwele. Al jou gewere wat jy nie aan jou dra moet jy in ander goed weggesteekte kluis sit. Skelms sal jou vermoor om die kluis oop te maak. Nou kan jy hulle na kluis vat en dadelik kry hulle baie goed en vat die pad.

Hannes ·

Interne ondersteuning aan die mosdadigers deur die ewe misdadiger polisie

Cherokee ·

Met die ‘mosdadigers’ ook., Ben? (okay, okay, net ‘n joke!)

Gert van Wierdapark ·

Skokkend, maar dis nie net die misdadigers wat die gesag van die staat ondermyn nie! Say no More!

Andre ·

Weet die SAPD waar daar ‘n steen is wat geroer kan word ?

sweis ·

Die polisie is lankal nie meer die goeie ouens nie dit is polisie wat die grootste probleem in SA is want hulle is die gevaarlikste misdadigers want hulle is betrokke by misdaad met n uniform en kenteken so wie gaan hulle vang?

Lientjie ·

Vertrou NIEMAND. Want NIEMAND kan vertrou word nie. Die hele regeering en sy makkers, die polisie en die weermag is kop in een mus.

SjN ·

Sap lede met intrepeneurskap het dit vir die aand uitgehuur aan hul comrades, aanvulling van maandelikse inkomste.

Tanya ·

Nou waar kry hulle dink. Terwyl daar nie order in hierdie land is nie sal niks reg kom nie.

Fooitjie ·

BOSASA wou hulle nie ook R300000 per maand betaal , soos sommige ministers nie, toe maak hulle maar n plan.

Leon ·

Die polisie huur die toerusting uit aan hulle “vriende”sodat hulle kan geld maak. My neef vat ‘n diamand speurder was het altyd gesê, die grootste skelms is in die polisie. Hy was reg. Die verskil is net, destyds het hulle ingesluip in die polisie. Vandag word hulle wettiglik aangestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.