Polisievakbond dreig oor salarisbesnoeiings

(Argieffoto: SA Polisie)

Die nuut gestigte South African Police Allied Workers Union (Sapawu) dreig met massabetogings indien die regering sy plan deurvoer om die staat se salarisrekening beduidend in te kort.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het Woensdag in sy 2020-begrotingsrede gesê die staat se salarisrekening gaan oor die volgende drie jaar met R160 miljard verminder word. Dit is deel van die staat se pogings om minder geld te bestee en die verwagte begrotingstekort te verminder.

Sapawu is nie beïndruk nie.

“As die departement van staatsdiens en administrasie die minister van finansies se planne in werking stel … gaan Sapawu alle vakbonde in die staatsdiens mobiliseer en begin met massabetogings in dié oorlog teen die werkersklas,” het die vakbond, wat verlede jaar tot stand gekom het, Dinsdag gesê.

“As die minister die ekonomie van die land wil dien, moet hy elders geld gaan soek en nie met staatsdienswerkers se salarisse speel nie.”

Sapawu voer aan staatsdienswerkers is die swaks betaalde werkers in Suid-Afrika en dat ʼn vermindering van die salarisrekening hulle gaan “lamlê”. Die vakbond waarsku ook dat “diegene wat oorlog teen die werkersklas verklaar … reg moet wees om houe te vat”.

Pres. Cyril Ramaphosa steun Mboweni se voorstel, maar het benadruk dat die besnoeiings gedoen gaan word deur salarisverhogings te beperk, eerder as om salarisse te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

Dis maklik gese maar ons het hiuse gekoop as my sellaaris minder word moet ek my huis verkoop teen n verlies want is nog nie eers 5 maande wat ek betaal het net so verloor .

Fanie ·

SAPS is veronderstel om ‘n nooddiens te wees en mag dus nie staak nie. Sou hulle staak sal van SAPS bestuur of selfs die president verwag word om die stakende lede saam met hulle vakbonde aan te kla vir verraad. Ek verstaan dat dit moeilik gaan, waar is die dae dat ‘n sersant na aftrekkings soms net R200 huis toe gevat het. Staatsdienssalarisse in die algemeen het na 1994 die hoogte ingeskiet en aangesien die staat i.p.v. die privaatsektor nou werkskepping doen om hulle mense werk te gee sit ons met ‘n oorbevolkte staatsdiens sektor wat die land nie kan bekostig nie.

koos10 ·

Deur salaris verhogings te beperk, verminder jy in werklikheid ‘n persoon se salaris.
‘n Persoon se verhoging is gabasseer op die inflasie koers van die vorige jaar.
D.W.S dat inflasie reeds plaas gevind het, en die verhoogde pryse is reeds betaal daarom, as jy ‘n “verhoging” gelykstaande aan inflasie kry, is dit eintlik net ‘n salaris aanpassing om te vergoed vir die verlies wat reeds gely is vir inflasie. Deur nie ‘n “verhoging” te gee nie verlaag ‘n persoon se salaris met die inflasie koers.
Ek het nie ‘n probleem om nie ‘n verhoging te ontvang nie, maar met die voorbehoud dat pryse van alles ook bevries word, vanaf petrol tot baba doeke, ALLES

Pampoen ·

Dit behoort oor die aantal mense te gaan. Daar is HEELTEMAAL te veel Generaals en ander senior offisiere. Daar behoort ongeveer 25 Generaals in die SAP te wees. Daar is ‘n paar honderd! Ek wil regtig nie ‘n Konstabel of Sersant uit sy salaris doen nie, maar ek glo die tendens van te veel senior persone is oral in die staadsdiens. Dit is waar daar besnoei moet word.

marius ·

Dan gaan hulle nog die pensioene ook vat . Gaan gil op julle hoed held . Hy het nie sy mond oopgemaak hieroor nie .

Michael ·

Wat gaan hulle doen ,staak ons sal nie eers die verskil agterkom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.