Polisievakbond eis ondersoek oor etes en verblyf

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) het Woensdag die nuwe polisieminister, Nkosinathi Nhleko, versoek om dringend stappe te doen teen diegene wat betrokke is by ʼn verblyf- en ete-skandaal van R45 miljoen.

“Hierdie groot bedrag kan nooit geregverdig word in die lig van die talle uitdagings wat die polisie in die gesig staar nie,” het Oscar Skommere, uitvoerende hoof van Sapu, gesê. “Die eerste stap wat die minister moet doen is om ʼn deursigtige ondersoek van stapel te stuur oor die fiasko. Ons kan nie begryp hoe só groot bedrag binne ʼn enkele finansiële jaar aan akkommodasie en etes spandeer is nie.”

The Star het Dinsdag berig die polisiedepartement het nagenoeg R45 miljoen in een jaar aan akkommodasie en etes spandeer, en ʼn bykomende R150 miljoen is oor ʼn tydperk van vyf jaar aan onreëlmatighede verkwis.

Skommere sê die ondersoek moet wyer wees en ook maatskappye insluit wat voordeel getrek het. “Ons voel dit is moontlik dat daar samewerking was tussen korrupte senior beamptes en sommige diensverskaffers,” het hy bygevoeg.

Hy sê die polisie kan nie korrupsie beveg indien daar korrupsie binne sy eie grense plaasvind nie. “Ons moet drastiese maatreëls instel om enige vorm van korrupsie uit te roei. Die SAPD het reeds talle hulpbronne soos onder andere voertuie en polisiestasies nodig eerder as om miljoene rand só te mors.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anita ·

Daar moet ondersoek ingestel word oor eerstens : Hoeveel S&T word toegelaat per persoon, en in groeps verband. Waar het hulle ge-eet en waar is die betalings strokies van die ete? Wat word toe gestaan vir verblyf? was daar 3 tenders gevra aan die verblyf fasiliteite? en op welke was besluit? wie is die eienaars van die hotelle of ander verblyf? hierdie mense moet ondersoek word vir pryse en ook daarop spesifiek belas word. Was die kwotasies vir etes en verblyf voorgelê aan die Departement, en wie het die beslissing geneem.? Was die onkoste op Krediet Kaart aan gegaan en Wie se krediet kaarte was gebruik?, wat het die persone in ruil ontvang onder die tafel?

Was dit dat privaat etes vir families misbruik gemaak het van hierdie uitgawes? wie ? en hierdie persone moet die bedrag terug betaal. In SA is net ongeveer 6 miljoen privaat belasting betalers en hulle moet hierdie onkoste dra. ‘n “Beton huisie van 3 kamers is ongeveer R100duisend rand hoeveel huisies kon vir die agter plaas bewoners en “Shacks” bewoners opgeslaan word ? Ons soek antwoorde, maar die terug betaling van die geld, sowel as afdanking van die persone sonder pensioen of goue handdrukke.voordele moet onmiddelik plaas vind.

Wat het geword van die “Vlieg skandaal destyds? wie het die bedrae terug betaal? en huidig waarom moet die Menere soveel ontvang as parkeergeld ?
en
Dit is hopeloos te veel vlugte per jaar…sowel as na aftrede, ons werk net vir die menere in Parlement en die res van die land krummel soos ou brood ineen.

Linda van Mosselbaai ·

Waar is die beheer – word daar nêrens meer nagegaan of uitgawes binne perke is nie?.

Die geldboom gaan doodgaan – wat my net so verskriklik kwaad word is dat daardie geld aangewend kan word vir kinders – die toekoms van ons land sodat hulle nou behoorlik kos, klere en ‘n opvoediong kan kry – hulle is die leiers van more.

“Liewe Vader ons bid vir die leiers van ons land om mooi te dink oor wat hulle aan ons kinders van Suid Afrika doen! Here gee vir ons kinders genoeg kos, klere en die opvoeding sodat hulle toegerus kan word vir die take wat U wil hê hulle moet verrig. Ons vra dit in Jesus naam. Amen. “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.