Polisievakbond verwelkom Momberg se vonnis

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Die polisievakbond Sapu het Donderdag gesê hy verwelkom die vonnis wat Vicki Momberg opgelê is nadat sy ʼn polisiebeampte beledig het.

Momberg is Woensdag in die Randburg-landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is.

“Die vonnis sal as ʼn afskrikmiddel dien dat persone in die algemeen nie rassistiese kommentaar lewer nie,” het Peter Ntsime, provinsiale adjunkvoorsitter van Sapu, gesê. Sapu loof landdros Pravina Rugoonandan wat Momberg gevonnis het nadat haar redes en verskonings oor haar rassistiese uitbarsting en kommentaar oorweeg is.

“Daar is min twyfel dat Momberg tot in haar kern rassisties is, selfs die maatskaplike werker wat haar saak hanteer het, het getuig dat Momberg haar rassisties behandel het.”

Hy het bygevoeg Sapu hoop dat die vonnis Momberg sal laat help besef dat die k-woord onaanvaarbaar en aanstootlik is, of dit nou in die privaat of in die publiek gebruik word. “Haar vonnis is ʼn Paasgeskenk vir die mans en vroue in blou wat daagliks op ʼn rassistiese basis verbaal mishandel word. Sapu glo dat hierdie vonnis sal bydra om mense op te lei en te wys dat rassisme, onderlinge diskriminasie en alle vorme van segregasie geen toekoms het in ons demokratiese bewind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ruan ·

Ek hoop dit word gebruik as maatstaf vir die wat teen wit soos die Maj wat oor die 80 jarige man gepraat het om hom ook tronk straf op te dien en dan natuurlik die hoof nar van die eeu julius baksteen brein malema

Marius ·

Ek hoop daar gaan op getree word teen mense wat rassisties is teenoor wit mense ook want sekere mense kom met moord weg.

marianna ·

Wat van malema hoekom word hy nooit gearresteer nie hy is ‘n groter rassis
as Vicky Momberg

Piet ·

Die skrif is aan die muur, maar die mense wat dit wil uitwys word nog altyd stil gemaak deur ander wat soms nie eers besef dat hulle in die duister wandel nie. Die president van die land is ‘n dief en n rampokker (op vrye voet) maar iemand wat ‘n ander persoon gevloek het gaan tronk toe. Vergeet vir n stadium van kleur en ras en probeer net die belaglikheid daarvan begryp!

Salomien ·

Dis so jammer dat daar regverdigheid inons regstelsel is nie. Kan iemand nie klas aanbied rakende onregverdigheid in Suid Afrika nie? Dit kan n verskil maak glo ek.

Oom Kalahari ·

Elke instansie is al so ras gebasseer en behep en die witperd word behoorlik gelei en gery in die donker tonnels. Sapu kon nie eers sy eie offisier wat op ‘n verhoog rasse aanvalle gedoen het kon berispe nie. Wys jou die dubbel standaarde wat toegepas word.

Cj ·

Verkeerd was nog nooit reg nie. Maar konsekwente toepassing van optrede hierteen BESTAAN NIE in die huidige aanspreking en veroordeling van rassisme nie. Rassiste soos Julius Malema loop en pronk en spog oor hulle uitlatings, skotvry. Ek woon agter n staatsinstelling waar ek daagliks hoor hoe daar neerhalend na makgoa en lekgoa verwys word. Ek het gaan navorsing doen oor die werklike betekenis van hierdie woorde. Meeste verklarende woordeboeke dui duidelik twee verklarings van die woorde aan: Afhangende van die STEMTOON waarmee die woorde n eenvoudige verwysing na “witmense” wees as die stemtoon normaal is, of n rassistiese en vyandige verwysing na “witmense” wanneer die stemtoon aggressief is of hard is, met basies dieselfde intensie as die gehate woord wat die gevonnisde gebesig het. Gerieflikheidshalwe word die eerste verklaring altyd gehandhaaf, ONGEAG die stemtoon waarmee hierdie woorde gebesig word wanneer daar na ons verwys word! Luister gerus met aandag wanneer u op straat of in n sakesentrum beweeg, hoe dikwels hierdie woorde deur verbygangers gebesig word, en fokus op die stemtone waarmee dit gese word… Nee wat, konsekwensie waar dit by regverdigheid kom insoverre dit optrede teen rassisme aangaan, bestaan nie! Solank as wat eensydig teen rassisme opgetree word, kan daar nie vreedsame eenheid heers nie!

Anoniem ·

Tik beide in op Google: Lekgoa/Lekgowa en Makgoa/Makgowa. Heel interessant dat daar debat oor Lekgowa /Makgowa was.

*Geskok! ·

Waar is die geregtigheid in ons land? Dit is so ongehoord dat Malema en andere geweld en doodmaak propageer en hulle doen dit daagliks…maar dit is niks! Dieselfde met die grondonteiening, diegene wie se grond dit is, het hard gewerk en betaal daarvoor. Hoekom kan dit nie ingesien word nie.

PJC ·

As daar nie so baie vrot appels in die polisie was nie sou die publiek meer respek vir hulle gehad het. Die polisie doen ook geen moeite om van al die kriminele en onbevoegdes in eie geledere ontslae te raak nie en daarom het die publiek geen vertroue in of respek vir hulle nie.

Cornelia ·

Peter Ntsime, Suid Afrika onder ANC bewind, is nie ‘n “demokrasie” nie. Jy verstaan nie mooi wat demokraties beteken nie en ek twyfel of jy sal. Die “Nuwe Suid Afrika” gaan oor jou opgeblase ego, klein sieligheid, korrupsie, verdraaide persepsies, magsspeletjies, swart bevoordeling, nyd, selfbeheptheid selfverheerliking, naywer, wraaksug, onbekwame bestuur, leuens, intimidasie, twissoekery, oordrewe selfbejammering, vermetelheid…ja, elke mens kan hom ook aan jou “demokrasie” skuldig maak. Daarom verkies ek om my daarvan te distansieer. Die wiel draai vir almal.

Gerrit ·

Praat hulle,die polisie het amper geen wit lede op stasie vlak en probeer n verklaring in afrikaans maak in n dominerende afrikaanse area dan kyk ons wie is rassiste. Wit mense word gereeld boere genoem wat dieselfde efek het maar iemand het besluit dat rassisme net wit op swart is .

Gerrit ·

En wat sê hulle van die sogenaamde majoor mohlal oor sy uitlating oor witmense.

PJC ·

Ja Justice jy moet kyk wie was op die bank dan sal jy dit beter verstaan. Dit is ņ aangeleentheid wat ek al lankal dophou spesifiek sake wat verband hou met rassisme en grondeise in beide hoĕr en laer howe. Dit maak interrssante leesstof.

Willie ·

Ons as wittes staan alleen,geen regverdigheid ,deur misdaad moet sy 2jaar tronk toe gaan,Malena kan doen en sê wat hy wil???????????????

Jean-Marie ·

En wat gebeur met Malema wat nie net 1 keer nie maar 100de rasistiese opmerkings teenoor ons maak? Net mooi NIKS nie…. Die land van ons raak by die dag al hoe meer teleurstellend

Gemaskerde Sopbeen ·

Wooohoooo…..dis so awesome. Nou kan ek jou nie noem wat jy is, soos deur jou gedrag bepaal nie………….so ek moet jou in die oë kyk en vir jou lieg en sê “Sjoe, maar jy is fantasties!!” Maar in my brein is daar baie ander woorde…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.