Polisievoertuig nagemaak om trokke glo te kaap

Daar is Dinsdag op die voertuig beslag gelê. (Foto: SAPS)

Die polisie het Dinsdag op ʼn voertuig beslag gelê wat nes ʼn polisievoertuig lyk, maar nooit deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgereik is nie.

Dié voertuig is na bewering gebruik om vragmotors te kaap.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê lede van die Ekurhuleni-distriksmisdaadintelligensie, Trio-taakspan, Tembisa-opsporingspan en verkeersbeamptes het om 13:00 ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte SAPD-voertuig wat in Rabie Ridge-omgewing rondry.

“Die beamptes het kort daarna daarin geslaag om ʼn Mazda op te spoor wat soos ʼn voertuig lyk wat deur die provinsiale polisiehoofkantoor uitgereik is,” sê hy.

“Die voertuig is voorgekeer terwyl die bestuurder uit ʼn plot in Midrand gery het, maar die man kon daarin slaag om te voet van die toneel te vlug.”

Volgens Masondo het die beamptes hom agternagesit en in hegtenis geneem.

(Foto: SAPS)

Voorlopige ondersoeke na die saak dui daarop dat die voertuig in Desember verlede jaar in Bedfordview gesteel is. Sedertdien word die voertuig vermoedelik gebruik om vragmotors te kaap.

“Terwyl die beamptes op die toneel besig was, het ʼn man hulle genader en versoek om die verdagte vry te laat. Hy het die beamptes R5 000 aangebied om gehoor te gee aan die versoek,” sê Masondo.

“Die beamptes het egter die omkoopgeld van die hand gewys en die 46-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van omkopery.”

Albei verdagtes sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stephen ·

I read in te news today that Beki Cele may be removed, and will be appointed as head of the Intelligence Agency. The problem here is that Cele lacks any form of intelligence himself.
If he was only one degree more intelligent one could possibly classify him as a n idiot.

Harley Davidson ·

Kan hulle hom nie as minister van voorskoolse onderwys aanstel nie dit is minstens waarvoor hy gekwalifiseer is.

Casper ·

Gee vir Stephen ‘n dubbel van die duurste Whisky op die mark.Nog nooit was daar so raak beskrywing van hoedman nie.

Johanna ·

My oupa het gesê hulle is dom. Nooit nié hul is slinks. Slu. Skelm

Waarom ·

Wonder net hoeveel van hierdie kamstige polisie voertuie is bedrywig . Lyk soos ‘n sindikaat. Hoe weet jy om te stop as ‘n polisie voertuig jou aftrek.

Cornel ·

Wie het die voertuig “gebrand”? Begin daar om die blik wurms oop te maak

WILLEM ·

Wat nog?? Dink ons moet ‘n uitvoer van die skelms na die maan begin!!

Harley Davidson ·

Soos Brittanje vroeë jare skelms Australië toe gestuur het

Danie ·

Dis is glad nie moeilik om jou as n polisiebeampte voor te doen nie.Wees net k sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.