Polisievrou en haar man vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mpumalanga het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na die moordenaars van ʼn polisiebeampte en haar man.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê sers. Thembisile Ndlovu (42) en haar man, Jabulani Khoza (40), is Saterdag in die vroeë oggendure in hul huis in Bosbokrand oorval.

Volgens Hlathi het drie verdagtes deur ʼn venster toegang tot die huis gekry en die slapende egpaar oorval. “’n Skietery het uitgebreek en Ndlovu het een van die aanvallers doodgeskiet. Ndlovu is egter ook noodlottig gewond.”

Hlathi het gesê Ndlovu se man is ook geskiet en deur bure na ʼn hospitaal geneem nadat hulle die skote gehoor en die egpaar te hulp gesnel het. “Hy het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die moordenaars het met die egpaar se Chevrolet Spark van die toneel gevlug. Die motor is later in die omgewing opgespoor.

Volgens Hlathi word alle moontlike hulpbronne ingespan om die beampte en haar man se moordenaars vas te trek. Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Ndlovu was verbonde aan die speurdienstak by die Calcutta-polisiestasie. Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is begin.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karolis ·

Kan ons nie asseblief ook alle moontlike hulpbronne inspan om plaasmoorde te ondersoek nie?

Blommie ·

Johan H! Dis baie onodig wat jy se…
Ongeag kleur of geslag, bly n moord hartseer en iemand het hulle geliefdes verloor!
Die wetgewing rondom misdaad moet verander…

Michelle ·

My innige simpatie vir die egpaar se familie die tyd van die jaar ek vertrou die polisie sal hul werk doen so ook met elke persoon wat aangeval of dood geskiet word. Elke persoon se lewe is kosbaar en as kriminele wil uitdeel moet hul ontvang.

wat? ·

Wel well, waar is Jerry nou? Volgens hom word die boere mos vermoor omdat hulle hulle werkers sleg behandel . EN NOU??

Kari ·

Ek het baie vriende wat boer nie net met vee maar ook gewasse. Hierdie moorde is beslis haat gedrewe en ek glo dis meestal die werkers wat vir die boere werk. Maar nie teen stryde dit moet stop ons land gaan verhonger want al hoe meer boere gee op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.