Polisievrou gevonnis ná verhouding met bendelid

Alicia Beeming. Foto: Facebook via ANA.

ʼn Voormalige lid van die Port Elizabeth-polisie se bendetaakspan, wat skuldig bevind is op aanklag van regsverydeling, is Donderdag in die Port Elizabeth-landdroshof tot tronkstraf gevonnis.

Landdros Onke Myataza het Alicia Beeming tot effektief vier jaar tronkstraf gevonnis. Beeming het in Augustus 2017 skuld beken op aanklag van dwarsboming van die gereg. Sy het stilgebly oor die doen en late van ʼn berugte bendelid wat op die ou end haar geheime minnaar was.

Beeming se verhoor het reeds in Maart 2015 begin. Landdros Myataza het Donderdag gesê Beeming het die regstelsel ondermyn en die lewe van haar kollegas en getuies in gevaar gestel. Hy het bevind weens Beeming se optrede is Hans Jordaan, ʼn bendelid met ʼn hoë rang, nie vervolg nie en is sy slagoffers geregtigheid ontneem.

Volgens Myataza het hy in ag geneem dat Beeming haar drie kinders se versorger is, maar gesê die pa en sy suster het aangedui dat hulle die kinders sal versorg.

Beeming het haar verhouding met Jordaan geheim gehou terwyl sy ʼn aktiewe spesialisbeampte was wat bendeaktiwiteite in Port Elizabeth se noordelike omgewings ondersoek het.

Beeming is ná ʼn interne dissiplinêre verhoor teruggestuur na Motherwell-polisiestasie, waar sy oorspronklik werksaam was. Sy werk in die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings. Sy is tydens die interne tugverhoor skuldig bevind en moes ʼn boete van R2 400 betaal.

Sy is ook gewaarsku dat sy afgedank sal word as sy binne ses maande skuldig bevind sou word aan ʼn soortgelyke oortreding.

Sy is verlede jaar tot die rang van sersant bevorder. Beeming het in April 2014 by die bende-eenheid aangesluit en sedert sy in 2016 in hegtenis geneem is, is al die sake wat sy by die eenheid ondersoek het, teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sanet ·

Aaaiaaaii…toggie tog! Dat mens nou só kan aanjaag, ter wille van n skurk. Die arme arme ou kindertjies,dis net so hartseer.
Mag Vader se Hand van Beskerming oor julle almal wees

Anel ·

En ons seun wat een van die eerlikste mense is wat ek ken, word nie in die SAPD aanvaar nie! Seker omdat hy te eerlik is. Hy sal tot vir ons toesluot as ons ‘n misfaad begaan.

koos ·

Die hofbeslissing gooi mos nou GROOT vraagtekens oor die SAPS se disiplinêre prosesse né? Hulle reken haar oortreding is R2400 werd terwyl die hof haar tronk toe stuur. Dit laat ‘n mens dink!

Antjie ·

SAPS tugverhoor ge opgeskorte vonnis vir 6 maande?? Dit moes 60 jaar gewees het! Dís nou glad nie in openbare belang nie!!!

Mariaan ·

Sjoe dis sad…plaas dat sy aan haar kids gedink het…nou is hul sonder n mamma…EN die hartseer is daar is soveel GROTER kriminele wat vry loop…maar nou ja…jammer vir haar en haar kids

Heksie ·

Ek voel jammer vir haar kindertjies en ouers wat nou ‘n groot finansiële las moet dra.
Vir haar voel ek vere!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan sy nou ontslaan word uit die SAPD omdat sy ‘n kriminele rekord het…..of gaan sy uuuhhmmm…..oooo jaaa, dis die nuwe Suid Afrika onthou ek nou weer………sy gaan bevorder word!!!…want sy’t “ondervinding”!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.