Polisievrou glo deur haar man doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisievrou van Jeffreysbaai is glo deur haar man doodgeskiet.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige polisievrou was Donderdagaand by haar huis toe sy en haar man, wat as ʼn veiligheidswag werk, glo rusie gemaak het.

Bure het skote gehoor en die polisie ontbied. “Die polisie het met hul aankoms op die toneel die polisievrou en haar man met skietwonde aangetref en albei is op die toneel dood verklaar.” Swart het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Volgens Swart sal die name van die oorledenes bekend gemaak word sodra al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.

“Ons is steeds geskok oor die verlies van een van ons lede onder baie tragiese omstandighede. Ons betuig ons innige meegevoel met hul familie, vriende en kollegas. Ons harte gaan uit na hul geliefdes en ons sal aan hulle dink in ons gebede,” het brig. Neil Jantjies, bevelvoerder vir die Humansdorp-groepering, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

swanna ·

Klink of daar ‘n “showdown at jeffries” plaas gevind het.

Hettie ·

Dis nie nodig om mekaar te skiet, as daar rusie gemaak het, nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.