Volgens kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, is sers. Thabilisile Zondi (41) Saterdagoggend in haar huis, in Scottsville in Pietermaritzburg, vermoor. “Sy en haar kêrel het glo gestry, waarna hy haar glo met ʼn piksteel doodgeslaan het.”
Mbele het gesê Zondi se liggaam is in ʼn plas bloed aangetref. Sy is ook in die gesig geslaan. ʼn Saak van moord is by die Alexander-polisiestasie geopen.
Volgens Mbele is die verdagte kort na die moord in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord.
Vir wat die moord?
Dis ongelooflik om te sien hoe dra die polisiebampte op die foto sy/haar amptelike vuurwapen,geen wonder so baie staatsvuurwapens raak verlore nie
SP.
Is darem wreed nė!!
Dit bly skokkend die manier waarop moordenaars so maklik n lewe kan beeindig! Boosheid het sinomiem geraak met SA. Ek weet die Bybel se dat die son opkom oor die goeies en die slegtes. Dis net jammer dat die boosheid te veel sonopkomste sien!
En dit gebeur so gereeld …die gemeenskappe is vrot met geen sin of respek vir lewe nie ….dit begin by die huis met n opvoeding waar so baie ouers faal omdat hulle self net gebrokenheid erfaar het sover ….hoe kry mens die mense uit die bose kringloop weet ek regtig nie.
Onaanvaarbaar, hoe kan hierdie vrou se lewe so min werd wees en die gemors kry nou weer mensereg, dit is tyd dat hierdie regering wakker skrik, doodstraf terugbring en as jy so sinneloos n lewe neem, moet jy net so sinneloos sterf, mens regte???? M abel Jansen jy was weereens sooooo reg!