Polisievrou, haar man in motor geskiet

(Argieffoto: JR/Pixabay)

ʼn Polisiebeampte is dood en haar man gewond nadat hulle in hul motor geskiet is toe hulle by hul huis in Motherwell in die Oos-Kaap stilgehou het.

Die 40-jarige sersant en haar man het omstreeks 15:50 by hul huis in die NU 8-uitbreiding stilgehou nadat hulle winkel toe is, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Terwyl die beampte besig was om hul VW Polo te parkeer, het ʼn onbekende man hulle genader en op hul losgebrand. Die sersant is verskeie kere geskiet en is op die toneel dood verklaar. Haar man is in die skouer en bolyf geskiet en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Die skieter het in ʼn voertuig geklim wat in die straat geparkeer was en weggejaag. Die motief vir die skietery is nie in dié stadium bekend nie. Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. Die sersant was aan die New Brighton-polisie verbonde.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris, het haar meegevoel met die familie van die beampte betuig. “Só ʼn moord ondermyn die integriteit van die polisie, en daarom sal ons geen steen onaangeroer laat totdat die skuldige gevind en in hegtenis geneem is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Waarnemer ·

En so word blank en nie blank uitgemoor in SA.En wie moet ons bedank vir hierdie toestand?Dankie mnre ramaphosa en cele en me dlamini zuma en mnr lesufi en soveel ander kabinets ministers vir hul “onbaatsugtige” dienslewering.

PersHeks ·

“Só ʼn moord ondermyn die integriteit van die polisie, en daarom sal ons geen steen onaangeroer laat totdat die skuldige gevind en in hegtenis geneem is nie.” Wat ‘n pot strooi!!!! Lag my slap vir die “integriteit van die polisie”.

Christine ·

Nou hoekom moet hulle dit NIE doen nie? Daar is geen rede om nie moord te pleeg nie. Wetstoepassing en gevolge is ‘n absolute ramp vir die samelewing, want almal weet hulle gaan wegkom met moord. Letterlik.

gatgogga ·

“………..ondermyn die integriteit van die polisie…..” ?
En wat daarvan as die aanrander seker was dat hy reg was? Wat dan? Ek verwys na die onlangse hof uitspraak ten gunste van Malema wat ‘n polisie offisier aangerand het.

Agge nee ·

Dit is waarom ons polisie nie teen skelms kan optree nie, hulle is bang as hulle dit doen, word hulle bloot uitgehaal. Soms saam met hulle gesinne.

duiweboer ·

Ons lewe in n land waar die moordenaars op borgtog vrygelaat word van R10000. More Moor hulle weer

Oujongvrou ·

Was hoedman ook daar?? Nee want daars nie kameras nie.

Heinrich ·

In hierdie land is dit net te maklik…indien die polisie te naby jou kom in hulle ondersoeke dan haal jy maar net die ondersoekbeampte uit. Met trots geborg deur die ANC.

Danie ·

Ons wag mr hoed die misdaad ruk hand uit in SA.Skrikwekend.

Swerwer ·

Die dag kom nader vir die regering, hul sal moet wakker slaap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.